Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
bollie vraag gewees Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -33 minutes ago
Len, Len gaan weer Kruger Wildtuin… Johann L -49 minutes ago
Antwoord op Wessel se vraag Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -50 minutes ago
Dit is ... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Chris Boucher -1 hour ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago

Môre sê Forum maats

Middelburg, Mpumalan
Profile picture for user Skippie
Submitted by Skippie on
Forums
Ek meld net gou aan hier op nuwe Forumblad! Was lanklaas hier maar herken darem nog baie van julle! Ons het lanklaas gekamp weens omstandighede en allerhande mediese kwale. Mariette het 'n enkel gebreek en gepaardgaande gaan daar nou ook 'n rug operasie moet plaasvind die 1ste Aug!! Daar wag maar moeilike tye vir ons maar ons al weer 'n kamp geleentheid vind en intussen moet julle maar geneit wat julle doen, ek beny julle!! Groetnis en kry die tentpenne in die grond! Skippie
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 25/07/2018 - 13:59

Jy is omtrent lekker skelm dat jy nie vir ons vanoggend sê jy verjaar vandag nie.  Skippie moes ons kom vertel, skande!! laugh     Jy moet nou absoluut lekker verjaar en dit behoorlik vier.   Mooi wense vir die jaar vorentoe en "always stay as sweet as you are". wink

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/07/2018 - 14:53

Hemel Skippie, sommer lekker herinneringe aan daardie De Voetpadkloof-kampkamp  -  ook al 'n klompie jare terug !

Dankie vir al die gelukwensing, ja ek was gister 24/7 vir 24 uur die hele dag 71 jaar oud.  Vandag al een dag meer.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 25/07/2018 - 15:32

Jinne tog, Skippie, darem WRAGTAG goed om weer jou bakkies te sien!!!!!

Los daai dêm bakkiesboek en goete, en kuier meer gereeld hier!!!

Groete al met die gang af.

Frans

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/07/2018 - 16:57

Skippie, terug by jou fotos van die De Voetpadkloof-kamp waar ek die opmerking gemaak het dat jou kosmakery my beïndruk het.  Ek wys netnou die fotos vir my beterhelfte en sy sê toe dadelik, "dis mos die ou wat vir ons sy "Danville Prawns" gewys het wat toe in der waarheid hoendervlerkies was !

Ai, die kampeerdery en kampstories is darem maar lekker !

Ns.  As ons nou in chalets daar vakansie gehou het, sou hierdie vriendskappe nooit gesmee gewees het nie.

0
Middelburg, Mpumalan
Profile picture for user Skippie

Skippie

Thu, 26/07/2018 - 09:33

In reply to by Len Loader

More Len,

Jaa dis baie waar wat jy sê oor vriendskappe smee as mens kamp, dis heelemal 'n ander opset as chalet bly! Met kamp is dit amper of jy 'n mens in jou kombuis innooi en daar kuier!! En lekker stoepsit en kuier!!

Met daardie kamp het ek vir die eerste keer baie van die wegsleepers eers persoonlik ontmoet en nuwe vriendskappe begin smee! Aaai dis darem lekker man! Twee van daai manne is ook nie meer vandag saam met ons nie, ou Rhyno en Daan het ons altwee al verlaat. Ek het nog Rhyno se Fleetline later by sy weduwee oor gekoop. Foto's aangeheg.

So jy onthou nog die "Danville Prawns"? Dit was eintlik hoender nekkies waarvan dit gemaak was!  Die mense het dit baie geniet nê? Sien die foto aangeheg.

Goeie en lekker tye!!

0

Voortrekker jaa die foto's bring lekker en goeie herinneringe saam nê?

Ek plaas sommer ook die groep foto wat daar geneem was van al die ou wegsleepers, hier is sekerlik 'n paar mense wat iemand sal herken? Baaie was nog jonk en mooi en ander nog skraal, party het al kinders bygekry en ander het ons al verlaat!

So stap die ou lewe maar aan nê?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 26/07/2018 - 11:03

Welkom Skippie lekker om weer van jou te hoor!

Ek onthou jou as die kos man, en as ek reg onthou het jy 'n prag tuin ook? Verbeel my jy het eendag fotos van jou tuin op die ou forum gesit?

0

Dagsê Arrie, goed om van jou te hoor ou maater!

Ek bly maar die kosman want my passie daarvoor het nog nooit gewyk nie!!

Ja ek prober maar om die tuin mooi en netjies te hou maar die laaste jaar met die water beperkings hier by ons het hy so klein bietjie agteruit gegaan of sal ek se vaaler geword maar ons hou nog hand oor hom, dankie vir die kompliment!

Foto's is van voor die droogte.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus