Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -1 minute ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -3 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -4 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -5 hours ago

Môre sê Forum maats

Middelburg, Mpumalan
Profile picture for user Skippie
Submitted by Skippie on
Forums
Ek meld net gou aan hier op nuwe Forumblad! Was lanklaas hier maar herken darem nog baie van julle! Ons het lanklaas gekamp weens omstandighede en allerhande mediese kwale. Mariette het 'n enkel gebreek en gepaardgaande gaan daar nou ook 'n rug operasie moet plaasvind die 1ste Aug!! Daar wag maar moeilike tye vir ons maar ons al weer 'n kamp geleentheid vind en intussen moet julle maar geneit wat julle doen, ek beny julle!! Groetnis en kry die tentpenne in die grond! Skippie
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 24/07/2018 - 09:21

Hallo Skippie, dankie vir die inloer smiley​​​​​​

Sterkte daar vir Mariette en ek hoop julle kan binnekort weer baie kamp! 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 24/07/2018 - 11:41

Dankie dat jy van jou laat hoor het, Skippie.   Sterkte met al die mediese dinge, sulke goed gebeur maar en hou ons terug van allerhande lekker dinge wat ons kan doen.   Ek hoop dit troos jou om te weet julle is nie alleen nie, daar is ander van ons in dieselfde bootjie.   Maar ons weet dit gaan weer regkom en dan kamp ons 'n hond uit 'n bos.   Gesels weer saam met ons en laat weet hoe dit gegaan het met die operasie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 24/07/2018 - 15:45

Lekke om van jou te hoor skippie hoop nog baie meer sterkte daar met Mariette

0
Middelburg

Noel

Tue, 24/07/2018 - 17:34

Hallo Skippie. Ek het altyd jou insette gelees as besoeker in wegsleep forum. Ek ry elke dag verby jou huis. U huis is mos langs die tandarts se huis. Baie sterkte met U en Mariette se gesondheid

0

Baie dankie aan almal vir die mooi wense en verwelkomming, dit is vir my 'n riem om die hart om te sien daar is nog ou kampvrinne wat ons onthou! Julle is almal spesiale mense!

Hallo Noel, dankie vir die terugvoer, ja jy's reg, ek bly daar langs die tanne trekkers!! Dankie vir die goeie wense, jy moet gerus eendag kom hallo sê!

Groetnis!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/07/2018 - 10:49

Hi Skippie !  Sterkte daar aan julle kant .

Ek onthou nog by 'n Wegsleep-saamtrek by De Voetpadkloof in 2010 hoe jy my verbaas het met jou kookvernuf !

Ons het op die bo-punt gekamp en julle onder, af met die pad, naby die swembad. Willem (WilSur) het in die middel, tussen ons aan die regterkant gekamp.  Hier is 'n foto :-

.

Hier braai ons almal saam die Saterdagaand :

.

0
Middelburg, Mpumalan
Profile picture for user Skippie

Skippie

Wed, 25/07/2018 - 13:10

In reply to by Len Loader

Hallo Len,

Jaa ek onthou daai een en sal dit nooit vergeet nie, dit was 'n lekker groootte gewees! My broer het nog hom self kom voorstel as "Ventertjie" en 'n paar manne was redelik ongemaklik gewees!! LOL!!! Aai ons het lekker gelag man! Foto's aangeheg

En toe kom die seer!! Ek wat hardloop en my maermerrie vellle af stamp!! Sjoe, dit was baie seer, het wke daarna nog problem gehad met infeksie!! Foto aangeheg

Dankie vir die compliment met die kos maak, jaaa ek geniet dit nog steeds en het het al heelwat nuwe truuks en disse aangeleer!!

Dit was lekker tye wat ek nie sal vergeet nie!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus