Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -9 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -17 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -17 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -18 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -19 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -21 hours ago

Currie Beker

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on

Met die Currie Beker wat nou weer begin het, dink mens terug aan die dae toe dit dié rugby kompetisie in die land was.    Die ondersteuners het omtrent mal geraak oor hul span en week na week was die stadiums volgepak.   Dit het as 'n ware die plek van Springbokrugby gevat, die jare toe die Bokke verban was oral.

Na isolasie en veral met die koms van Super Rugby verander dit toe heeltemal en daar is gladnie meer dieselfde entoesiasme of belangstelling nie.    Gisteraand het ek na die wedstryd tussen die Leeus en Griekwas gekyk en dit so geniet (nie omdat die Leeus gewen het nie),  en dit was tog te lekker om na so baie mooi drieë te kyk, deur albei spanne.   Ek het besluit hierdie jaar gaan ek weer die Currie beker ordentlik volg.   Heelwat van die beste spelers is natuurlik nou by die Bokgroep, so dit is interessant om bietjie ander spelers te leer ken.  So het ek bv. gisteraand 'n groot "liking" gekry in die losskakel (Reynolds) van die Leeus.   Ek dink hy kan vir Jantjies 'n ding of twee wys.   

Ek het nie verlede week die Bulle en Cheetahs se wedstryd gekyk nie, maar gaan vanmiddag kyk na hulle teen die Sharks.   Die opposisie behoorlik opsom.wink

Arie en Spekkies!    Volgende week is dit myse span teen jullese!   Op Loftus....

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 25/08/2018 - 11:33

More Antie, ek vertrou jyt lekka geslaap en nie weer nagmerries oor my gekry nie??

Petra reken jy is gelukig as net 'n nagmerrie oor my kry as jy slaap, sy het dit 24/7

Ons sal maar kyk volgende week, wil jou nie nou al laat sleg voel en paniek nie!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 25/08/2018 - 12:32

Ja, siestog die arme Petra.   Sê vir haar sy het al my simpatie.   

Toemaar, ek weet wat op my wag as die Lions gaan verloor.  Ek sal nooit die einde daarvan hoor nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 25/08/2018 - 14:28

Kannie vir haar nog simpatie gee nie, sy het reeds die hele kamp se simpatie.

Die klomp kampeerders kan net nie verstaan dat dit uit pure liefde is wat ek haar die kamp laat opslaan en afbreek nie?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 25/08/2018 - 20:49

En daar byt die Haai toe die Bul se stert af. Ek het 'n gevoel dat met die stert uit die pad uit, gaan die Leeu volgende naweek sommer maklik die Bul se "batterye" (amper sê ek knaters) ook uithaal.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 26/08/2018 - 06:16

Daar doen die Wippie dit so innie reen arme Cheetahs nul op die bord en more is hier weer geen blou bul by werk nie die sharks hulle bymekaar gemaak

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 26/08/2018 - 12:38

Geluk aan die Sharks en die WP met hul wenne.   Ek is bly oor die WP maar wou graag hê die Bulle moet wen, nie juis 'n Sharks fan nie.   Hulle span is besaai met Springbokspelers, so ek reken hul sal seker goed doen hierdie jaar.  Nie een van die twee wedstryde was juis opwindend om na te kyk nie.  Die mooiste van alles was die reën wat op Nuweland geval het.   Ek dink die Leeus en Griekwas het gesorg vir die wedstryd van die naweek.wink

0

Geluk aan die Saaks...

Ek dink die boele moet regtig die volgende paar gym sessies mis en eerder oefenveld toe gaan en weer die basiese beginsels van die rugby gaan leer....soos bv leer om die bal vang. 

Deesdae is dit meer 'n kompetisie wie het die grootste biseps!!! En hulle is tog so geworry oor die kameras...kyk die heeltyd of hulle nie dalk op die bigscreen is nie.   Die ergste van alles is....hulle word betaal om sulke stront aan te jaag!!!

As Jessie Kriel dalk wonder hoekom hy nie meer in die bok span is nie, moet hy net na die highlights (Lolights?) gaan kyk en dan behoort hy sy antwoord te hê.

Dankie nou voel ek beterwink 

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Mon, 27/08/2018 - 08:45

Ek het regtig meer van die kommentare op die draad verwag.

Die meeste het heel logies en goed geklink tot daai Tannie van die Baai kom beweer die Sharks behoort goed te doen met daai Springbokke in die span.

Kan ek dalk vir die Tannie van bietjie raad probeer bedien: die feit dat jy deesdae Springbokke in jou span het beteken jy het niemand beter om daar te sit nie.

Ek is van mening dat enige span - SONDER Springbokke redelik tot goed behoort te vaar.

Gaan meet ons Bokke man vir man, posisie teenoor posisie teen die All Blacks en kyk wie van hulle sou deur Steve Hansen vir sy span gekies word.

Those were the days - soos iemand vanoggend opmerk - vir die Bokke om weer wenrugby te speel sal hulle teen Namibië, Botswana, Zambië, Zimbabwe en Mosambiek moet speel. 

Bewys my verkeerdfrownsurprisewink

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 27/08/2018 - 09:08

Alles reg, André, die tannie van die Baai sien dit nie as 'n byt nie.smiley   Ek moet eerlik wees, eintlik het ek in die koerant gelees die Sharks word beskou as die span wat 'n goeie kans het om die beker te wen, juis oor die ondervinding in hul span.   Maar ek besef dit is nie noodwendig wat sal gebeur nie.   Ek kyk en praat graag oor rugby maar ek het nie die kennis wat julle manne het nie.  Ek moet dikwels vir Colin vra om iets wat gebeur het te verduidelik.  So, jammer as ek soms nonsens kwytraak.laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 01/09/2018 - 17:47

Dit was nou 'n lekker opwindende, vinnige wedstryd tussen die Bulle en die Leeus met die Leeus wat net-net gewen het.  Interessant was albei spanne se stelskoppers het uitstekend pale toe gevaar !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 01/09/2018 - 19:07

Gesie, is ek nou tannie PeaceA?   Verduidelik asb vir my waar dit vandaan kom?laugh   Nee, eintlik het die Bulle vir my na die wenspan gelyk, alhoewel daar min te kies was tussen die twee van hulle.   Die span wat gewen het, was eintlik gelukkig, dit kon enige kant toe gegaan het.

Dit is net opmerklik hoe min mense die wedstryde bywoon.  Nogal 'n hartseer storie.  Die spanne werk ook maar hard en verdien darem bietjie meer toeskouers.  Ek wonder of die kaartjies dalk te duur is

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 01/09/2018 - 19:33

O, ek het vergeet jy het skielik Engels geword.  Nou verstaan ek.  Freda vir Vrede en Vrede vir Peace.   Ag, jy is te oulik!yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus