Ek is bewus van die volgende :
- Dat heelwat Jurgens Ci handelaars hulle agentskap opgesê het of dat hulle nou 'n "multi-franchise" beleid volg om ook ander fabrikate te verkoop.
- Dan is dit natuurlik ou nuus dat Imperial Holdings hulle eienaarskap van Jurgens Ci aan die eienaar van Comet Caravans verkoop het.
- Dis ook redelik ou nuus dat daar baie ongelukkigheid by handelaars is/was dat voorsiening van voorraad onderdele en/of nuwe karavane onbekombaar / moeilik bekombaar geword het
- Dis ook bekend dat die nuwe eienaars van Jurgens Ci hulle vasgeloop het in 'n lam-lê staking van personeel wat blykbaar onseker is/was oor hulle toekoms na die oorname deur die nuwe eienaars.
- Dis ook bekend dat die kwaliteit van produkte uit die fabriek veel te wense oorgelaat het en dat eindverbruikers al meer ongelukkig was met die produkte wat hulle gekoop het.
- Dan blyk dit dat die nuwe produkreeks met gemengde gevoelens deur die woonwamark ontvang is.
Ek het ook opgemerk op sosiale media dat daar heelwat vennynige kommentare gelewer word oor die voortbestaan van Jurgens Ci, moontlik geregverdig uit ontsteltenis, maar ook moontlik om ander redes.
My kommentaar :
Ek is al 49 jaar 'n Ci en later Jurgens Ci kliënt en oor hierdie periode het daar nog altyd een van hulle produkte op my perseel gestaan, met jare-lange wonderlike vakansies -herinneringe in een van hierdie produkte.
Ek sou bitter hartseer wees as hierdie onderneming moet ondergaan en my uiterste wens is dat die probleme oorbrug sal kan word sodat :-
- Ons steeds 'n woonwa-vervaardiger het wat betroubaar sal wees met 'n netwerk van dienslewering oor die hele Suid-Afrika
- Ons 'n woonwa-vervaardiger sal hê wat trots Suid-Afrikaans is
- Die werknemers van die Jurgens Ci hulle werk sal behou en die onderneming ondersteun om weer 'n gerekende maatskappy in die bedryf te wees
- Dat daar 'n produkreeks sal wees wat die Suid-Afrikaanse kampeerbedryf sal geval
LEES OOK HIER: JURGENS Ci Die WAARHEID
Het oom Len vir die bank of…
Het oom Len vir die bank of die koerant gewerk ? 😀😀😀
Maar ... moet hulle nou…
Maar ... moet hulle nou regtig probeer om die dooie perd aan die lewe te bring? Die kwaliteit en diens lyk my is klaar nie wat dit moet wees nie en word jurgens kopers dalk onreg aangedoen?
Hier is....
Hier is terugvoer van Francois Huysamen, redakteur van Caravan & Outdoor Life :-
"Hi all Jurgens fans. I have an update: I have spoken (briefly) to NUMSA and some lawyer contacts.
The situation currently is that NUMSA will be in the High Court this week to apply that Jurgens be placed under Business Rescue. If this happens, the court will appoint a Business Rescue Practitioner. The union will not have control of operations at Jurgens.
Of course, there is still the possibility that the rescue is not accepted, or that money is secured (somewhere, elsewhere, as owners are apparently working towards), and that accounts can be settled and production continue.
Either way, caravan owners MUST NOT WORRY or PANIC. There are already plans and solutions that will enable dealers to continue servicing and repairing caravans. I will provide more details on this very exciting news tomorrow, as soon as the press release is approved by role players.
Lastly, I'm sure everyone agrees that we hope to see Jurgens continue to be a part of the caravanning community of the future - the brand is ingrained in our camping history, and despite recent troubles is still a brand loved by many ".
Dankie Francois !
Voortrekker..
Voortrekker, maar natuurlik is dit noodsaaklik om 'n half dooie perd aan die lewe te probeer bring - dis juis die doel om die foute van die verlede te probeer uitskakel. Ek dink dit is in belang van die land se ekonomie (onthou hulle voer ook uit), die werk-geleenthede van 'n klomp werknemers, die aandeelhouers, die karavaangemeenskap in die algemeen en les bes, die huidige eienaars van JurgensCi produkte. Alle ondernemings in sakeredding is op hulle knieë en die poging is juis om al hierdie verloorders weer wenners te maak.
Môre Len.... Ek dink weer…
Môre Len....
Ek dink weer as die een gaan maak dit plek vir ander... Wat dalk n beter produk teen n beter prys kan lewer.
Deon, mag dalk...
Hallo Deon, mag dalk so wees, maar in JurgensCi se geval is dit juis 'n nuwe bestuur/eienaar wat 'n beter produk teen 'n beter prys probeer daarstel het om die vorige bestuur waarmee almal ontevrede was, te vervang. Ongelukkig het hulle hulleself vasgeloop teen stakende personeel wat nie die nuwe eienaars wou erken nie.
Ek dink tog as dit moontlik is om 'n onderneming (met reeds 'n nuwe bestuur) te help om op die been te kom, het dit baie meer voordele (veral kostegewys) as om 'n nuwe onderneming van die grond af tot stand te bring.
Ek dink weer as die een gaan…
Ek dink weer as die een gaan maak dit plek vir ander... Wat dalk n beter produk teen n beter prys kan lewer.
Dit is die rigting wat my denke ook wil invaar.
Ek stem saam met Len, in…
Ek stem saam met Len, in plaas om 'n nuwe onderneming van grond af te begin is dit mos baie makliker en goedkoper vir so persoon of persone om 'n bestaande sukkelend bedryf weer op die been te bring met goeie bestuur?
Vir die werknemers en in belang van werkloosheid is dit ook by verre die beste oplosing.
Ek is klaar op…
Ek is klaar op gereedheidsbasis en het planne in plek incase ietsie fout gaan met die Rapier.
Ek het n klompie vars sinkplate daar by die huis en my tuinier het klaar aangebied om vir my n struktuur te bou soortgelyk aan enige panel op my wa sou laasgenoemde beskadig word of onbruikbaar raak.
Ek ry sommer aspris met die opwip dak onder die garage in sodat ek n skylight kan installer.
Ek het foudies van sy handewerk gesien en hy bou impressive double storey sink huise.
Ek is gesort!
Oom Vleisballetjies, as daai…
Oom Vleisballetjies, as daai man hom nou mooi regemaak het met die sinkplate en so, sal jy vir jou 'n nuwe Ranger MOET koop.
Jy sal mos nie so mooi wa met anders as 'n "ge-tunde" Ford kan sleep nie, onthou net om al die bling op jou Ranger te instaleer, dan het jy 'n sleepkombinasie duisend!!
Nog nuus..............
BIG NEWS: INTRODUCING 'LEISUREWORLD'
It is with great excitement that Caravan & Outdoor Life can announce that there is a new company in the South African caravan, camping and outdoor industry.
LeisureWorld wants to ensure caravan owners that their beloved leisure vehicles are still in good hands, that caravans can be serviced and repaired, and that new parts are available. THIS INCLUDES JURGENS CI CARAVANS!
Read more here:
www.caravansa.co.za/leis……
Northern Natal 4x4 and Outdoor Centre
Loftus Caravan City
Natal Caravans & Marine
Kempton Caravans - Campworld
Kennis Campworld
Pretoria Caravans
Clarendon Caravans & Camping
GC Caravans and Campworld & Safari Centre, Witbank.
Middelburg Caravans & Campworld
Bloemwa Buitelewe Sentrum
Eastern Cape Caravans
Kimberley Caravans and Motorhomes
Tygerberg Caravans
Jippee, goeie nuus vir ons…
Jippee, goeie nuus vir ons kamp gemeenskap. Ek sien van die takke wat aan die Grieks behoort is nie ingesluit nie soos Comet en Sunseekers
Nou dat jy dit so noem…
Nou dat jy dit so noem wonder ek b.v. Pretoria Caravans, wat van hulle Campworld ?
Ja en die ander ook ?
Hulle moet seker betaal om…
Hulle moet seker betaal om genoem te word?
Julle gaan die donnering met my wees
Lastly, I'm sure everyone agrees that we hope to see Jurgens continue to be a part of the caravanning community of the future - the brand is ingrained in our camping history, and despite recent troubles is still a brand loved by many ".
Not every one, not me....
It's past flogging a dead horse....
Like Naude's nek, in life, sometimes one has to go backwards to go forwards. The arrogance of Jurgens, their putting utter rubbish out there at way over value prices has done the caravan industry immesurable damage.
It's time to tem to be-gone...
Let's start again... Fresh ideas, competative market driven prices and customer orentation.....
Warren niemand sal jou donnerig
Ek stem Warren net n jammerte daar was ouens wat jare se ondervinding het wat weg is dankie Len vir die inligting nou kan ek weer kyk na die Sprite Swing 2019





Dankie Len, net weereens 'n…
Dankie Len, net weereens 'n bewys hoe ons so maklik ooreageer en op hol gaan oor rumors, en dan ons eie aanames maak!