Kook sommer so drie pakke beet tot dit gaar is (sommer in die drukkoker) en verwyder die skilletjies. (Gooi die beetwater af, vul dit aan met water tot vier koppies vloeistof en kook dit effens met 1 koppie suiker. Gooi dit in die voëls se drinkbottel en siedaar!
Maak 'n soetsuur sous so:
Kook alles saam.
1 liter asyn
750 ml ligbruin suiker
1 telepel borrie
4 telepels droë dille (opsioneel, maar dit maak net die verskil)
2 eetlepels mosterdsaadjies (ook opsioneel maar kry dit gerus)
10 telepels mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water
Jy kan die beet in stukke sny of dit net so heel in bottels plaas. (Ek hou altyd my leë botteltjies en bedel dit terug wanneer ek die beet of ander kossies uitdeel. :icon_biggrin: )
Gooi nou die sous oor tot die bottel heeltemal vol is en skroef toe. Bêre dit maar in die yskas. Njammies!
Dill
Dill is meer 'n krui, soos anys en fennel, oorsprong is selfde spesie.
Dill saad is soos anys en fennel, proe selfde.
Die jong takkies van al drie plante kan in slaaie gebruik word - soms kry jy van die voorafverpakte slaaipakke van dit ook in, saam met basielblare, ens.
Dille
Dille is 'n baie gewilde produk hier in Roemenië. Eergisteraand een van my gunsteling Roemeense geregte geëet - Tocăniţa de Cartofi (tokkenitsa de kartof), betekenende "aartappel bredetjie". Die hoofbestanddele is aartappels en een of ander gerookte varkproduk, hetsy "bacon" of "cabanossi's". Dit word gegeur met tamatiepasta en dille. Die dille verleen 'n unieke geur. Dit word tradisioneel net met 'n vars-gebakte broodjie bedien.
Ons eet self baie beetslaai wat Ralie ook op 'n baie eenvoudige manier inmaak. Ons kook sommer 'n goeie voorraad beet op 'n slag en bottel dit. Gelukkig hoef jy dit nie in die yskas te bêre nie - behalwe natuurlik as die bottel reeds oopgemaak is. Maar ons gaan beslis hierdie resep van Petra probeer as ons by die huis kom. Ons beetvoorraad is hoeka laag.
Chris, deel julle (of liewer…
Chris, deel julle (of liewer) Ralie se resep asb.
Ons kook die beet en skil…
Ons kook die beet en skil. Afhangende van die grootte, sny ons dit in kwarte of wiggies. Die eenvoudige sousresep is as volg:
2 koppies water
1 koppie asyn
1 koppie suiker
sout en peper
Bring die sous tot kookpunt. Voeg gesnyde beet by en bring weer tot by kookpunt. Botteleer, maak tot oorlopens vol met sous en seël bottels. Ralie het al by geleentheid 'n bietjie "Pickling Spice" by die sous gevoeg. Ek moet sê dit was nogal lekker.
Dankie Chris, klink lekker…
Dankie Chris, klink lekker met daai "Pickling Spice" ![]()
Ek lê ook beet in, ek doen…
Ek lê ook beet in, ek doen dit soos Chris en Ralie. Ek sny dit in dun skyfies met die snydeel op 'n gewone rasper. As jy die kokende beet in die bottel sit, kan jy dit maande hou in 'n gewone kas en slegs in die yskas na jy dit oopgemaak het. Vat gereeld 'n paar bottels saam as ons gaan kamp. Ek hou daarvan om baie wit peper by te voeg, wil dit nog met rooipeper probeer. Mense sit ook kerriepoeier in die sous, dit het ek ook nog nie probeer nie.
Daar kom maar net geen…
Daar kom maar net geen gekoopte slaai naby tuis gemaaktes nie.





Klink lekker, sal moet…
Klink lekker, sal moet uitvind wat is "dille"en dit probeer
Ek rasper net weer altyd die beet. Kein beet bolle, die kom nie verder as die kastrol nie, dit gaan sommer dadelik mond toe, lekkerste ooit.