Deon , Andre en ander manne wat grondpad lekke vat , ek wil by julle hoor wat se lugpomp vir bande is n goeie koop vir al vir die opblaas en ook afblaas van bande, die pomp moet die ding kan doen maar daar is soveel soorte op die mark. Help bietjie asb
Sleep Nou, moenie so baie…
Sleep Nou, moenie so baie worry oor die pomp nie man - jy weet mos hulle vertel "'n Pomp is 'n pomp?" As jy die kans kry benut jy dit!
Sit ek so bietjie die draad…
Sit ek so bietjie die draad en deur lees, lekker leestof die off road stories.
Tel ek toe so paar dingetjies op, lyk my die voertuie wat maar geneig is om vas te val is die toy, Gesie sit so vas dat trekker hom moet uitsleep en voorie sit so vas met sy baba toy dat hy moet drie ure spook. Maar ja enige gesoute off roader weet darem al mens pak nie die wilderniss aan met 'n toy nie, behalwe as jy 'n smart vraat is en graag wil sukkel.
Die ander ding wat ek lees, hulle het Gesie se toy aan die sleep bal uitgesleep, natuurlik 'n BAIE groot no no, daar is baie videos in omloop hoe daai cast iron bal afbreek, weet julle hoe vlieg so bal wat aan 'n styfgespande staal kabel of towstrap vas is. Speel op Avbob se stoep as jy goet met daai bal wil sleep!
Oom Arie, Flippet daai kan…
Oom Arie, Flippet daai kan soos n kanonskoot wees. Sal onthou vir toekoms.
Sien nou eers Arie
Daai pomp
sal vir later werk die pomp wat ek gaan koop is die pomp
Het toe pomp gekry
Het toe besluit op die T-MAX portable pomp kry hom volgende woensdag ook ingeboude deflation valve so val alles in plek
Mooi man Shaun, alles kom na…
Mooi man Shaun, alles kom na die wie geduldig is.
Shaun, soek en jy sal vind. …
Shaun, soek en jy sal vind.
Nou het jy klaar gevind!
Koos, hier is sleepnou se…
Koos, hier is sleepnou se soektog na 'n lekker pomp
Dit is wat ek kon kry hoe hy…
Dit is wat ek kon kry hoe hy lyk.

T-max 160LPM Heavy Duty Portable Air Compressor - R2 449.00
Animal Gear
Ek sou seg so n bietjie duur…
Ek sou seg so n bietjie duur na my smaak..... "Adorfs" het ook n baie nice een (160LPM) vir R1500
Dankie Anton. Ek het…
Dankie Anton. Ek het kompressor in die soekfunksie getik.... moes seker die korrekte afrikaanse term gebruik het.
Ek gebruik so ń plastiek…
Ek gebruik so ń plastiek vierkantige boksie kompressor, werk uitstekend en hy was onder R 200. Pas in die cabbiehole.
Ek lees....
Ek lees ook nou rustig deur hierdie draad en merk dat die bespreking van op- en afblaas van bande net gegaan het oor sand-ry. In die Kgalagadi vra hulle jy moet jou bande afblaas na 1.6 bar om te help met die instandhouding van hul erge sinkplaat paaie en om iewat gemakliker te ry oor hierdie tipe paaie. Dus, bande word nie net afgeblaas vir sand-ry doeleindes nie, maar ook vir erge sinkplaat-paaie.
Volgende keer, as julle…
Volgende keer, as julle advies soek, vra net, ek sal kan gee.![]()
Len, ja die afblaas van jou…
Len, ja die afblaas van jou bande beskerm nie net die pad nie maar gee ook baie beter rygemak op 'n sinkplaat pad.
dit versagg die skokke op jou motor baie, goeie ding om ook jou karavaan se bande afteblaas op sinkplaat pad, dit vermy kasdeure ens. om af te breek, die wa skud baie minder.





Nou om hom
Om die Trailboss 300 LPM innie hande te kry gaan die naweek boksburg toe hopelik kry ek hom die naweek dis n noodsaklikheid