Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -14 minutes ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -1 hour ago
Frankryk Springbok rugby Geert -14 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -22 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -22 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -23 hours ago

so, wie kamp waar die langnaweek?

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Ons gaan die boswa pitch by Kokoriba, ry al Donderdag middag.

 

Port Elizabeth
Profile picture for user VW

VW

Mon, 12/06/2017 - 11:36

Ons sou by Keurbooms Lagoon in Plett gaan kamp het, maar met al die brande in die Plett, Knysna, George area, asook in PE waar ons woon maar daarteen besluit.

Wil eeerder na aan tuis wees met die brande en risiko in PE indien dit ernstig raak as wat ons in n kamp sit waar die huidige risiko met betrekking tot die brande spesifiek in daai area baie ernstig is.

Ons sal maar die tuinroete al om die huis doen!

Die wat wel weg gaan, geniet dit.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 13/06/2017 - 07:48

Gaan vir die eerste keer in 2 jaar met die boswaentjie saam vriende wat ek lank laas gesien het by Vaalkop dam kamp. Ek hoop ek weet nog hoe om daai tent staan te maak.

Ek haat die winter

 

Groetnis

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 13/06/2017 - 07:59

Warm klere, 'n verwarmer en 'n elektriese kombers vat al die pyn van die koue weg.laugh  Geniet dit.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 13/06/2017 - 08:03

Hoekom noem julle dit 'n "frost bite" kamp?   crying

0
Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP

OOM JEEP

Tue, 13/06/2017 - 11:09

Nee wat ons ry nerens heen, kamp al klaar by Plett. VW julle kan maar kom. Vertrou net, niks sleg gaan gebeur nie.

Hiers baie plotte oop by Forever. Ons sit solank die ketel aan.

Byna vergeet ons gaan nou nou met die "ferry"  op in die keurbooms.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 13/06/2017 - 13:25

Almal wie kamp, geniet dit en wees veilig.

Nico, julle moet veilig ry, ons kyk uit vir terugvoer oor Aasvoëlkrans, en pad toestande asb, wil ook nog daar gaan penne inkap.?

0

Vtydag  land my aangenome dogters en hulle kinders van Amerika af, hulle baie lanklaas gesien (noem hulle maar my aangenome kinders) is susters  se kinders. Dan vat ons sondag die pad na oom Paul se plaas. (sonder die wa) ons is agt mense het twee hutte gehuur vir die drie dae. Kom terug donderdag en geniet die tyd saam met hulle. Vier op 1 Julie ons vyftigste troudag. Kinders vertrek weer 7 Julie an Amerika, en ons haak die wa vir veertien rustige dae by oom Paul se plaas. BEEEESIGE tyd wat nou voorlê.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 13/06/2017 - 16:06

Janwillem, julld moet dit alles vreeslik geniet, die kinders, oom Paul se plaas, en julle 50ste, sommer baie geluk, mag julle nog so goeie klomp saam geniet.

Ons is 30 Junie 38 jaar getroud, moet sê, dit was 7 sakke sout, maar as ek weer kon kies, eet ek weer daai selfde sakke sout, want die res is volmaak.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 14/06/2017 - 10:26

In reply to by Frieps

Freda

Omdat dit in die winter is en gewoonlik ryp dit dan redelik erg.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/06/2017 - 11:59

Ja, Wilsur, dit was ook maar 'n stupid vraag wat ek jou gevra het.laugh   Ons weet nie juis van ryp hier onder nie, nie die tipe ryp wat julle kry nie!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 26/04/2022 - 08:06

Ons ry Vrydag en kom Maandag terug. Seker ons laaste kamp tot ons 29 Junie op ons duurste Kruger wildtuin vakansie ooit vertrek. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 26/04/2022 - 08:49

duurste Kruger wildtuin vakansie ooit vertrek

As ek so na Len se syfers kyk, tot net in Pretoria. Gaan dit 'n baie "duur" trippie wees.  

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Tue, 26/04/2022 - 09:05

Rust de Winter

Landrover festival axle twisting, obsticle courses and fun events / exibiting a selection of my antique camping cookers and cooksets at the festival /  fireside kletsing / birdwatching / chillaxing / reading / cooking a pork belly with assorted veggies in Black label on my Cobb / whatever else strikes my fancy

 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus