6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -16 minutes ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago

My Flysheet is gedaan!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Gister toe ek my Camp Lite afslaan sien ek die tent se flysheet is gedaan! sad  Ek moet sê vandat ek die waentjie nuut gekoop het was die flysheet vir my die swakste punt in die hele ontwerp en moes ek dit al 'n hele paar kere laat herstel het asgevolg van skeure ens. 

Nou is die flysheet baie swak na die afgelope 5 jaar se kamp en begin hy oral op die strespunte skeur.  Ek is bevrees met nog een kamp, bietjie wind ens gaan dit heeltemaal flenters wees.

So, dit is seker tyd dat ek 'n nuwe flysheet laat opsit?  Ek sal defnitief nie weer dieselfde tipe materiaal gebruik as wat Jurgens gebruik het nie, want ek glo die flysheet behoort baie langer as die 200 dae te hou as wat ek ek uit dit gekry het?

Nou wonder ek waar sal ek gaan aanklop vir so iets en watse tipe materiaal ek moet laat opsit?

Centurion

Voortrekker

Mon, 08/10/2018 - 07:31

Nou wonder ek, tentco se tente is gewoonlik khaki kleurig?   My Tent is blou?  SO ek moet seker vir iets in die grys / blou skakerings  gaan?  Wonder of tentco so iets sal kan doen?

Ek was ook al vertel om vir die nuwe tipe ligte canvas met silver lagie te gaan?

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 08/10/2018 - 10:34

Die manne wat weet, reken daai high lift knippe werk blykbaar baie goed saam met 'n overhead jockey wheel, en dan vir top performance beveel hulle aan dat jy 'n gear lock instaleer, werk amper soos diff lock net baie goedkoper?

Natuurlik om top performance te kry is dit 'n absolute MOET om so oranje plastiese lemoentjie op die lugdraad te plaas, die waentjie uitvoer met pers shaggy matte, en agter op 'n hondjie wat se kop so skud.

Voorie met ons hulp hier sal jy daai waentjie mooi kan pimp!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus