Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 hour ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -2 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -3 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -5 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago

Bestuurslisensie Hernuwing

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Wie kyk of maak aantekening wanneer die 5 jaar verstreke is ?

Myne verval 1-1-2019.  Maar gaan môre na ek aanlyn afspraak gemaak het.

Middelburg

Noel

Mon, 15/10/2018 - 20:17

Myne verval 3 Jan 2019 en ek het op 4 Okt  2018 hernu. Ek doen altyd 3 maande voor die verval datum.  Ek moet 2 maande wag vir die nuwe kaart. Ek het van 7:00 in die ry gestaan en eers op 12:30 met my klaar, eish dit is baie tydsaam.

Willem, onthou  n foto van jou  en n bewys van jou vaste adres met afskrif. Indien tydelike lisensie ook moet he, ook n ekstra foto.

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Mon, 15/10/2018 - 21:13

Irene het haar lisensie laasweek Vrydag hernu. Ek het Woensdag aanlyn by eNatis bespreek. Kon afspraak kry by Bronkhorstspruit. Was 06h30 daar, 08h00 ingegaan en twintig minute later uit en klaar. Irene het by oogarts haar oogtoets laat doen (gratis). Geen bewys van adres was nodig nie. Sy het 'n foto saamgevat vir tydelike lisensie. Daar was 'n paar ouens in die tou wat al lank wag, tot 5 maande, om hulle lisensie te ontvang.

Hulle het mense wat aanlyn afsprake gemaak het eerste gehelp en al die ouens wat net kom toustaan het agtertoe gestuur. Daar word klanke gemaak dat jy slegs met 'n aanlyn afspraak gehelp gaan word.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 16/10/2018 - 03:14

Myne verval oor twee en n half jaar.

Ek sien n mense kry ook n tydelike lisensie. Jou lisensie is nog geldig vir 3 maande nadat dit verval het solank jy net die bewys dokument by jou het dat jy dit wel hernu het.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 16/10/2018 - 06:09

Myne nou die 26ste September hernu. Het die 3 de Okt verval. Nie nodig vir die tydelike lisensie aangesien dit nog 3 maande geldig is na vervaldatum indien jy betyds aansoek gedoen het.(soos hierbo deur Dusty genoem). Ek het afskrif van hernuwing aansoek permanent by my.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Tue, 16/10/2018 - 06:12

Ok so I bought the new chariot, and when I took delivery the sales lass phoned in a flat panic saying the bank won't pay out blah blah blah

So I say oops and go to Florida on Friday 2 weeks ago & they be broken into so I have to come back on Moaning day - -- Told me they will open at 07:30 on time

Get ther on Monday and get to the que (I'm 60Th in the que)..... Doors open after 09:30 and there are 142 people behind me.

Long story short I get out of there at 12:30 proudly holding a reciept to come and collect my renual in 4 weeks...

BTW my photograph... I took about 20 photo's years ago when Shabier go this little riddiculous money making scam through parliment, so I still look sexy....

Go the the sales lady where I bought the car who shrieks in horror and says to me I need a temprary licence.....

well they bloody well didn't tell me THAT when I was there did they? and they had all my documentation, including my expired licence, and I don't know their processes do I?

So I say to the sales lady, That's not my problem as far as I'm concerned I've done what I have to so the bank either understands and pays or you guys wait 4 weeks

Says she to me... Tell you what, come Monday and Joseph will go with you.....

Ruddy hell! Joseph knows everybody... Took less than 15 minutes I kid you not!

Handed my R72 bucks to the most unfriendly Afrikaans tannie you ever met --- Probibly was Magnus malan's ex girlfriend.... Just as unfriendly as he was, and trotted out there with Joseph hovering around like a sheepdog...

Banks paid....

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 16/10/2018 - 12:16

Het ook 27 September aanlyn aansoek gedoen vir vandag 09:00.  ID afskrifte laat stempel by polisie en na die lisensie afdeling gegaan.  Vorm gekry en ingevul en in die ry gaan sit.  By die ou gekom vra hy my waar is die oog toets, ek sê toe maar op die web sê dit is nie nodig nie, sy antwoord was kry dit gratis by die oog plekke.  Gelukkig het ek hom geslaag.

So al wat jy nodig het (soos bo genoem) is jou bestaande lisensie en jou bewys van aanlyn bespreking en die bedrag op die bespreking (R228.00).  Na jou twee duim elekrtoniese afdruk, foto en handtekening gaan betaal jy by die kassiere.

Sou jou lisensie binne 2 maande verval moet jy 'n tydelike een kry waar voor jy dan seker die foto's, DL1 dokument en ID afskrif hê.

Die Home Affairs was van lyn af, so sal eendag vroeg oggend gaan vir die nuwe ID kaart.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 16/10/2018 - 21:12

Hier by ons in die Wes-Kaapse platteland (Caledon verkeersafdeling) daag ons net op met nodige foto's, en stap binne minute daar uit. Jou oë word daar op die perseel getoets. Puik, puik diens oor die jare.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Wed, 17/10/2018 - 06:10

I've heard tell that at smaller roadblocks handing your driver's licence over can become complicated until you hand money over, and it's a jolly good idea to keep your original in your hands and give over certified copies......

Hold it against the inside of the window, if asked for it, slip certified copies through a gap at the top...

Apparantly the "trick" is they just hang on and hang on and hang on to it, knowing you will not drive off and eventually you get the idea and go and ask what must you do to get it back....

And the conversation about "I'm so thirsty" begins <Thirsty is a euphisim for money>, and you are not in your car, no dash-cam, no secrete cell phone recording......

Nou Jaaa

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 17/10/2018 - 08:17

Slide through a gap at the top of the window?? hold up against the window, whilst locked inside your car?? Really, we do not live in the wild west with cowboys and crooks??

Gelukig is ek glad nie paranois nie, nog nooit 'n probleem met padblokades van hier tot bo in Kenia, Mosambiek, al in baie pad blokades gestop. Al baie gevras gewees maar nog nooit 'n bribe betaal nie??

Maar altyd vriendelik, maak 'n grappie met hulle dalk help dit?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 17/10/2018 - 20:07

Hier in Sasol is dit ook meestal vinnig en geen issues nie. Die fotos en oog toets word ook by die lisensie kantoor gedoen. Daar is wel sekere dae, en tye, wat dit baie besig is,  maar nooit te vrek besig nie. Jy moet net jy huidige lisensie, bewys van adres en kontant saam vat.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/08/2022 - 16:42

Ek sal myne Oktober moet doen, die huidige een veral wanneer ons in Australia is en ek moet na die nuwe lisensie nog die internationale lisensie ook doen anders gaan hulle nie een uitryk nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus