Julle mense moet vir die ou man duim vashou vamiddag, ons speel jukskei kampioen skappe.
Middag/ aand game, begin 3.30 nm en sal so 9 nm klaar wees met 45 min etenstyd so om en by ses uur.
Ek is kaptein van die Blou Span [kan mos nie 'n anner kleur wees nie] ek hoop om met julle hulp die bekker te kan huis toe bring.
Hulle meng erg in met my stoep sit en rook en drink tuyd!!! Maar gelukig is daar so paar jong dametjies van Nylstroom en plekke, die jongste enetjie is so 18/19 en nogals iets virrie oog ook!
Prys uitdeling is Sondag tydens 'n middag ete.
Vrydag was hier twee…
Vrydag was hier twee manetjies van onder die 30
Mens is seker maar so oud soos jy voel? ![]()
Antonio en verlore Gees,…
Antonio en verlore Gees, julle is op baie dun ys, en die weer is warm![]()
Voorie, sorry vergeet om jou…
Voorie, sorry vergeet om jou te ant op die uitslae.
Kyk ek gaan nou eers kerk toe, daarna ry ons na die dinee, daar word die prys uitdeling dan gedoen.
So ek twyfel of ek voor 4 of 5 uur sal terug wees by ons wa?
Ek sal julle op hoogte hou, maar as julle niks hoor nie moet julle weet my span was laaste en sit erens op 'n boom stomp en kou my polse!
More oom Johann, uhm wag, ek…
More oom Johann, uhm wag, ek sien my hoekie is oop, gaan gou bietjie daar gaan sit, voel onveillig. 😨😨
Ek gaan nou die forum…
Ek gaan nou die forum verlaat....
Tot na kerk.![]()
Voorie, nou waar wil jy jou…
Voorie, nou waar wil jy jou neus plaas????
Ja ek is terug, darem nie my polse afgekou nie, maar weet nou hoe voel ons bokke.
Ons is toe nie die kampioene nie, darem wel 'n tweede plek behaal. Wenners het 42 punte en ons was 'n kortkoppie agter met 40.5 punte![]()
.
Nouja kon seker erger gewees het, ons is darem nie laaste nie, nogal 'n taai stryd gewees, die span wat sesde gekom het [laaste] het 30 punte, so daar was goeie kompetiesie.
All in all was dit 'n baie lekker naweek, Vrydag lekker gespeel en gebraai, en vandag uit die boonste rakke ge-eet, my magie staan rondvol!
Dankie aan almal se ondersteuning, sonder julle het ons dalkies laaste op die log ge-eindig?
Gelukig is daar weer volgende jaar, maar die probleem met my leefstyl is dat ek nie reg deur die jaar kan speel nie, baie plekke is daar geen klub of die klub is net te ver. So of ek weer gaan kans kry om aan die kampioenskappe deel te neem sal afhang van waar ons volgende jaar gaan kamp?
Baie geluk Arie, as mens in…
Baie geluk Arie, as mens in ag neem dat jou aandag verdeeld was, (die jonge dames) het julle puik gedoen👍
Geluk met die 2de plek,…
Geluk met die 2de plek, Captain. Moenie huil nie, ek dink die skeidsregters het 3 punte van julle gesteel, nes die skeidsregter van die Bokke gisteraand. Die goed gebeur mos altyd met ons spanne!!![]()
Ja ek het vergeet ek het 'n …
Ja ek het vergeet ek het 'n "handicap" gehad daai pragtige meisies.
So bly ek het nou 'n verskoning, ek het gedink dit was omdat ek 'n vrot kappie was!
Ek glo dit nie!
So bly ek het nou 'n verskoning
Ek glo dit glad nie
Ek dink Arie het buitengewoon goed gespeel en sy absolute beste vertoning ooit gegee om die meisies te beindruk ![]()
En dan speel die oubaas nog…
En dan speel die oubaas nog met verkeerde hand ook 👏
Willem daai verkeerde hand…
Willem daai verkeerde hand....... dit is my handicap sodat ander ook soms ń kans kry om te wen
Baie geluk Arie, hou jy hom…
Baie geluk Arie, hou jy hom tot volgende jaar ?
Aanhouer..
Aanhouer wen, al is dit nou met die hotklou ! Baie geluk Arie.






Voorie en Gesie, interesant…
Voorie en Gesie, interesant genoeg is daar net soos met rolbal 'n konsepsie dat beide 'n ou mens game is?
Dit word op baie skole gespeel [nie rolbal nie] en daar is baie jongmense wat speel.
Vrydag was hier twee manetjies van onder die 30 wat nasionale kleure in jukskei het? Maar ja die punte kan nogals ingewikeld raak, kan ook glad nie verstaan hoekom nie, ek sou dit baie makliker gemaak, het met 'n toernooi, 2 punte vir 'n wen met skof en 1 punt vir 'n wen met punte, geen punte vir gelykop speel nie.
voel vir my soms of ek 'n graad in wiskunde nodig het om die punte uit te werk?