Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -9 hours ago
30% November 2026 Geert -16 hours ago
see water November 2026 Geert -16 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Jukskei

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on

Julle mense moet vir die ou man duim vashou vamiddag, ons speel jukskei kampioen skappe.

Middag/ aand game, begin 3.30 nm en sal so 9 nm klaar wees met 45 min etenstyd so om en by ses uur.

Ek is kaptein van die Blou Span [kan mos nie 'n anner kleur wees nie] ek hoop om met julle hulp die bekker te kan huis toe bring.

Hulle meng erg in met my stoep sit en rook en drink tuyd!!! Maar gelukig is daar so paar jong dametjies van Nylstroom en plekke, die jongste enetjie is so 18/19 en nogals iets virrie oog ook!

Prys uitdeling is Sondag tydens 'n middag ete.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 04/11/2018 - 09:10

Voorie en Gesie, interesant genoeg is daar net soos met rolbal 'n konsepsie dat beide 'n ou mens game is?

Dit word op baie skole gespeel [nie rolbal nie] en daar is baie jongmense wat speel.

Vrydag was hier twee manetjies van onder die 30 wat nasionale kleure in jukskei het? Maar ja die punte kan nogals ingewikeld raak, kan ook glad nie verstaan hoekom nie, ek sou dit baie makliker gemaak, het met 'n toernooi, 2 punte vir 'n wen met skof en 1 punt vir 'n wen met punte, geen punte vir gelykop speel nie.

voel vir my soms of ek 'n graad in wiskunde nodig het om die punte uit te werk?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 04/11/2018 - 09:20

Voorie, sorry vergeet om jou te ant op die uitslae.

Kyk ek gaan nou eers kerk toe, daarna ry ons na die dinee, daar word die prys uitdeling dan gedoen.

So ek twyfel of ek voor 4 of 5 uur sal terug wees by ons wa? 

Ek sal julle op hoogte hou, maar as julle niks hoor nie moet julle weet my span was laaste en sit erens op 'n boom stomp en kou my polse!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 04/11/2018 - 09:37

Ek gaan nou die forum verlaat....

 Tot nadat ek my neus geplaas het.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 04/11/2018 - 15:43

Voorie, nou waar wil jy jou neus plaas????

Ja ek is terug, darem nie my polse afgekou nie, maar weet nou hoe voel ons bokke.

Ons is toe nie die kampioene nie, darem wel 'n tweede plek behaal. Wenners het 42 punte en ons was 'n kortkoppie agter met 40.5 puntecryingcrying.

Nouja kon seker erger gewees het, ons is darem nie laaste nie, nogal 'n taai stryd gewees, die span wat sesde gekom het [laaste] het 30 punte, so daar was goeie kompetiesie.

All in all was dit 'n baie lekker naweek, Vrydag lekker gespeel en gebraai, en vandag uit die boonste rakke ge-eet, my magie staan rondvol!

Dankie aan almal se ondersteuning, sonder julle het ons dalkies laaste op die log ge-eindig?

Gelukig is daar weer volgende jaar, maar die probleem met my leefstyl is dat ek nie reg deur die jaar kan speel nie, baie plekke is daar geen klub of die klub is net te ver. So of ek weer gaan kans kry om aan die kampioenskappe deel te neem sal afhang van waar ons volgende jaar gaan kamp?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 04/11/2018 - 17:51

Geluk met die 2de plek, Captain.    Moenie huil nie, ek dink die skeidsregters het 3 punte van julle gesteel, nes die skeidsregter van die Bokke gisteraand.  Die goed gebeur mos altyd met ons spanne!!laugh

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 04/11/2018 - 19:45

Ja ek het vergeet ek het 'n "handicap" gehad daai pragtige meisies.

So bly ek het nou 'n verskoning, ek het gedink dit was omdat ek 'n vrot kappie was!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 04/11/2018 - 20:24

So bly ek het nou 'n verskoning

Ek glo dit glad nie cheeky   Ek dink Arie het buitengewoon goed gespeel en sy absolute beste vertoning ooit gegee om die meisies te beindruk devil

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 30/06/2019 - 19:40

Aanhouer wen, al is dit nou met die hotklou !  Baie geluk Arie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus