Leeu se foto van sy tuin het my laat besluit om 'n draad te begin en vra, wys vir ons foto's van jul tuine. Ek besef met die droogte oral is tuine nie tans wat dit moet wees nie maar dit is wonderlik om te sien hoe die natuur darem vir homself sorg.
Ons tuin is redelik klein, tipies van 'n meenthuis. Omdat ons nie mag tuin natmaak nie, doen ons nie tans veel daarin nie. Ons kompleks self het mooi bome, grasperke, beddings en oop spasies. Ongelukkig is die gras nie mooi groen op die oomblik nie.
Foto 1
Foto 2
Dele van die algemene tuine:
Ek hoop om 'n paar tuine te sien. Of die mooi natuurtonele om jul huise (Herman!)
Ai tog, Voories, sorg net…
Ai tog, Voories, sorg net dat die kabouters nie daar kan afval nie! Ek is mos vreeslik op my senuwees as kinders klim en klouter. Weier om na hulle om te sien terwyl hulle dit doen, ek is te bang hulle kry seer.
Ek is nou nie juis n kranige…
Ek is nou nie juis n kranige tuinier nie. Hier is n foto van Alta se agterplaas tuintjie.
Dit wil nou glad nie regdraai nie.
En hier is n foto van Anneke my dogter se tuintjie by die woonstel deur.

Baie netjies Hennie, my gras…
Baie netjies Hennie, my gras is so te sê dood. Hierdie hitte die afgelope maand en 'n half was bitter erg. Ons kry darem nou al twee dae in 'n ry verligting, van die hitte ook darem.
Stoffel, baie oulike…
Stoffel, baie oulike tuintjie, ek hou van die gebruik van goed wat andersins weg gegooi sou word.
Van tuin kan ek ook nie meer…
Van tuin kan ek ook nie meer praat nie en nog minder wys.
Aunti, al daai hanging bowl and plastic flower pots
Came through my hands....
Be rustig, It's all first generation re-cycled from coldring bottle tops.....
So it's all green
Warren, are you with Pioneer…
Warren, are you with Pioneer plastics, if so, I then "over paid" for my Pioneer 60L water caddy![]()
Dankie vir jou foto's ook…
Dankie vir jou foto's ook Dusty. Baie mooi kleurvolle potte ook. Well done, Warren!
Baie mooi stoffel, dit lyk…
Baie mooi stoffel, dit lyk amper soos 'n hanging garden ![]()
Nie geweet oom Stof bly in…
Nie geweet oom Stof bly in Babilon nie??
Tuin moet nog bykom...
Tuin moet nog bykom na die vorige huurders dit verwaarloos het. ![]()
As daai gras net eers…
As daai gras net eers toegegroei is, gaan dit sommer baie mooi lyk, Gerhard. Die uitleg is reeds daar. Die baie baksteenmure soek 'n mooi grasperk.
Op tv gesien in die program,…
Op tv gesien in die program, Life below zero, die man wat sy chillies onderstebo in n pot plant. Weet nie hoekom nie, maar toe plant neef n Jalapenjo onderstebo in n verfblik. Chillies begin nou lyf kry en blom nog aanmekaar. Neef help maar met die bestuiwing, vryf so liggies met n kwassie in die blommetjie.
Ek verstaan nie mooi wat jy…
Ek verstaan nie mooi wat jy bedoel met onderstebo plant nie, Herman. Hang die pot onderstebo? Die plant se wortels moet tog in die grond wees?
Jy beter hoop Arie lees nie daai laaste sin van jou nie, Herman! Gevaarlik... ![]()
![]()
Warren, are you with Pioneer…
Warren, are you with Pioneer…
Warren, are you with Pioneer plastics, if so, I then "over paid" for my Pioneer 60L water caddy
No... PC Plastics.... Look under the pots / bowls ETC... Pioneer manufacture with a completely different process it's called rotor moulding. We do Injection moulding, and yes Pioneer arn't cheap by any stretch of the imagination.... Good products, but not cheap.
Antie, juis toe ek lees van…
Antie, juis toe ek lees van die kwassie wat so liggies streel, nogal idees in my kop [hoof] gesit..............................................






Ons tuintjie so 6 x 6…
so 6 x 6 meter groot en die kabouters speel hom gaar - na die Lente is daar niks meer gras oor nie. Ek dink daai speelplek van hulle moet binnerkort verander word en 'n 2de verdieping kry met huisie bo en 'n leer wat opgaan.