Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 minutes ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago

As stupidgeid jou geld kos...

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Laat ek nou sommer reguit sê, die ouderdom moet besig wees om my te vang, al stry ek daaroor.   Ek het 'n tyd terug gesien my motorlisensie verval op die 31ste Maart.   Hout gerus is ek nou, dis eers volgende jaar.

Intussen het 'n klip die windskerm gevang, verlede jaar al en stadig maar seker kruip hierdie kraak op na bo.   Die begin van die jaar wou ek dit al laat vervang, maar kom nie sovêr nie.  Uiteindelik verlede week reël ek met die assuransie.   Baie bly toe ek hoor Santam stuur Auto Boys Saterdagoggend om my windskerm sommer hier by my huis te kom vervang.   Geen moeite nie, pleks ek dit die begin van die jaar al gedoen het.   Saterdagoggend trek ek die Yaris uit die garage, in gereedheid vir die gawe Boys wat op pad is.   Besluit ek haal maar die lisensieskyf af vir veilige bewaring.

Daar sien ek dit:  31 Maart 2018.   Ek kyk weer en weer maar daai 2018 wil nie 2019 word nie.  Nou is ek skoon bang om vir Colin te sê want ek weet!!!    Erger nog, ek sien visioene van 'n klagte wat teen my gelê gaan word en ek moet in die hof verskyn.   Ek wonder of hulle my ouderdom in ag sal neem, ter versagting.  Dit sal darem seker nie tronkstraf wees nie!?

Nou mag die Yaris gladnie mee gery word nie, dis te gevaarlik, never mind dat ek dit al 8 maande doen, salig onbewus van die gevaar.    Vanoggend moet Colin my met sy motor neem om die dekselse lisensie te gaan hernu, en hy het my klaar gewaarsku, "you will have to pay a penalty".

OK, ek trek maar R1200, ek soek juis kontant vir my beursie ook.   Gelukkig dat ek nog bietjie geld in my beursie gehad het.......    Daai kleine stukkie papier kos my R1288,60.   Ek skuld hulle vir 8 maande, plus R474 vir die nuwe jaar en die res is my straf omdat ek so stupid is.

 

 

 

Heidelberg GP

StephanS

Mon, 10/12/2018 - 22:21

Ons maak gebruik van q no more.

Al ons voertuie is op hulle stelsel en so 'n maand voor n lisensie verval kry ons 'n sms en e-pos.

Jy doen 'n aanlyn betaling op 'n link wat saam met die sms kom en 4 dae later lewer die koerier jou lisensie af

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 11/12/2018 - 06:04

Lol, die gebeur nie net met wyse gryses nie, daar is n rede hoekom die bakkie en wa se lisensies in dieselfde maand verval. 😂😂

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 11/12/2018 - 06:52

Dit gebeur met ons almal ja die lewe loop draai of twee met ons maar byt vas hernu die liksensie en bob is my uncle

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 11/12/2018 - 07:33

Ek het maar altyd al my lisensies op die selfde dag hernu.

Jy kan as jy wil 'n lisensie 11 maande voor die verval datum hernu, waneer ek 'n nuwe voertuig ge-koop het, dan het ek st lisensie saam met al die ander hernu, al was dit dalk net 4 maande oud.

Toe ek nog gewerk het, was daar ook heelwat lisensies, 4 voertuie, 2 platkarre, 1 bakkie en die Pajero, my vakansie voertuig dan 'n kamp wa, boot wa, en 'n ventertjie.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 11/12/2018 - 09:44

Ek dink dit hang af van provinsie tot provinsie, ek het probeer om my sleepwaentjie,  die karavaan, en Bennanta se kar saam te doen, en die Sedona en Corsa bakkie saam,maar Vrystaar, Sasolburg, wou niks weet nie. 

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 11/12/2018 - 11:15

Johann, ja sorry man, mens is geneig om te vergeet dat daar nog so plek soos Vrystaat is.

Ek onthou toe die bank my in 1994 Bloem toe verplaas, het ek met 'n skok uitgevind hulle rekenaars werk nog op kragparafien, so ja julle sal dalk oor nog so 15 jaar julle lisensies almal gelyk kan hernu. Hou moed tjomma!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus