Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -3 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 27/12/2018 - 14:07

Ja, dit is goed om van jou te hoor en dankie dat jy eerlik is oor hoe jy voel.   Ek dink meer mense as net jy het al daai gevoel gekry, mens neem niemand kwalik nie.   Dinge gebeur seker maar van tyd tot tyd maar na 'n dag of twee is alles weer terug na normaal.    Al wat ek kan sê, ek hoop jy verander ook weer van mening en kom vertel weer vir ons jou interessante stories.   

Jy kan sommer begin deur ons te vertel hoe was dit toe op Hartenbos saam met die kleinkinders.wink Hulle het julle seker besig gehou met alles wat daar aangebied word vir die jongmense.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/12/2018 - 16:39

Goeie middag vriende, vriendinne, bekendes, onbekendes, ook aan die roof lesers, ag sommer almal. 

Chris, dit is goed om weer van jou te verneem, al is dit so ou kort sinnetjiewink. 

Ja soos Freda sê, ons almal raak maar omgekrap of selfs aan gevat met tye, maar ons sit dit agter ons, en beweeg aan.

Die weer het te vertelle dat ons van more af vir ten minste die volgende sewe dae goeie reen gaan kry,  nou dit maak my sommer weer baie positief. My gras is verdor, kraan water het maar net nie die selfde erlfde uitwerking as reenwater nie. Ons boere het hierdie reen nou so brood nodig.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/12/2018 - 16:42

Wou nog by sê, ons het 'n Voortrekker hier, ons soek nie dwarstrekkers nie, so, Chris, laat waai en vertel ons van jou uitspan by Hartenbos😃, natuurlik met fotos asb.

Ek lees nog gereeld hier. Dit is maar net 'n geval dat my entoesisme vir dié forum 'n bietjie getaan het.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 27/12/2018 - 17:09

Chris, bly jy is nog hier.

Ek het my verder "weerhou"en maar aangegaan.

My gevoel is die selfde as jy. Ek sal altyd ongemaklik voel op die Forum. Ek het gevoel ek is geklas (kaf), oor hoe ek lewe, al het ek n paar duisend rand hier ingedruk om forum te help werk.

Ek kan ook vergewe en aangaan. My uitkyk is nou baie anders hier. Ek het myself bloot gestel. Moes eerder my lewe maar privaat gehou het. Baie ander se kleure het ook baie mooi gewys.

Het wel beleef dat ek wel nog baie vriende hier het, ongeag. Het dit agtergekom toe ek besluit het om nie forum te verlaat nie.

Het geweet dit gaan gebeur. Ongelukkig sal ek nooit die saam kamp ding meer kan doen nie. 

Ek gaan nie verder ou koeie uit die sloot grawe nie.

Reels is reels. 

Moet sê ek mis my ou vriend Deon baie op, die forum. Dalk sal hy terug kom. Maar ek weet nie hoe ek hom gaan terug kry nie.

Ek is deel van die forum en sal so bly, tot ek gejaag / verban word.

Geniet en wees veilig.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 27/12/2018 - 17:49

Ja dit is tot 'n mate jammer wat gebeur het. Daai ou wat my as admin geblok het van die forum se FB groep en 2 keer probeer het om kampforum.co.za se FB groep toe te maak uit kwaadwilligheid moet maar eerder wegbly hier? Daar het ware kleure nou mooi uitgekom?

Ek kan nie toelaat dat  die 3500 + ure (honderde duisende rande) se tyd wat ek hier spandeer het deur moeilikheidmakers probeer vernietig word nie?   Ek sal maar die "ou" koeie mooi dophou of hoe? smiley

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/12/2018 - 17:58

Chris, ek glo jy besef ek het dit tong in die kies gesê,

Dwarstrekker???surprise

Ek is seker die nar op die forum en kan nie maklik 'n oomblik van gekskeer laat verby gaan nie. Hoop regtig jy het dit so gesien, jy is een van ons, en ons is 'n baie aangename klomp, dit sluit my natuurlik in😂.

Harry, ek glo ek praat namens almal as ek sê, jy is deel van die forum.

Kom ons laat  'bygones, be bygones" en, net my voorstel, kom ons verwys nie weer daarna nie,  nie eers in 'n grap nie?

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 27/12/2018 - 18:19

Johann, ek geniet nog steeds die forum bo die "ander" een.

My keuse.

Seker oor dat my taal hier gepraat word en ou vriende van die ou Wegsleep ook hier saam is.

Het op n stadium n "kliek" daar agter gekom, dalk my net verbeel. Gaan kuier nogsteeds daar en gesels met my ander vriende daar.

Soos ek gesê het, ding op my hart wat pla, maar dit sal seker met tyd uitvoed. Hulle sê mos tyd heel wonde. My eerste stap was om hier te bly. So ons werk maar aan die res.

Altyd lekker om saam te kan gesels oor onderwerpe waarvan ons almal kennis het.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/12/2018 - 20:57

Ons was ook in die grotte, ja daai water is glo baie diep. Sover ek weet is dit nou verbied om die diepte te probeer bepaal.

@ Harry, dit is die gees van kampeerder wees.👍

@  Stoffel, was julle ook by die "Cradle of Mankind", so tien kilos vanaf die grot, beslis die moeite werd. Ek het iewers fotos van albei besiens waardighede geplaas.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 28/12/2018 - 02:33

More julle die Jacobs gold loop soos stroop hier langs my kom nou skink n koffie of tee en drink saam my dit reen nou al van 21h00 hier tot nou in petrol dorp reen meter wys nou so 19mm dankie Vader vir die genade water vrede

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 28/12/2018 - 04:54

More Shaun en ook die ander.

Koffie is lekker ja.

Johann  ja ons was ook daar gewees. Was n interessante dag gewees.

Hier by ons ook gereen. Weet nog net nie hoeveel nie.

Lekker dag vir elkeen

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus