Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
More Almal
Lyk / hoop dit gaan n koeler dag wees hier in die Vaal. Was die laaste paar dae vrek warm gewees. Daar het so,paar druppels geval, maar nie veel nie.
Die aircons in my huis het sterk gehardloop om hitte golf aftekoel.
Van die drade in my DB box het gebrand wat krag voorsien in my "man cave". Seker a.g.v. Overload. Verstaan nie hoekom breaker nie getrip het nie. Het ander breaker en drade gaan koop (maar kon nie regte een kry nie omdat ek nog die ou soort het) Moet dit vandag aanpak. As julle niks van my hoor nie, weet julle ek was nie suksesvol nie. ![]()
Ek het n lys by Yvonne en my suster gekry van goed wat reg gemaak moet word, so,ek moet een of ander tyd seker ook daarmee begin. Daar is mos nie rus vir n man as hy met vakansie is nie.
Vervang ook deesdae baie van die ligte in die huis met LED buisligte.
Julle moet julle vrydag geniet en wees veilig.
More, more!
Ons het toe darem gistermiddag so bietjie sagte reën gekry maar dit was eintlik net 'n troosprys. Toe trek dit weg, na Sarel hulle se kant toe.
Colin se (stief) kleindogter (12) was na die nasionale skaakkampioenskappe in Jhb en het daar begin siek voel, erge hoofpyne, naarheid. Sy kon nie al haar wedstryde speel nie. Haar ouers het haar laat terugvlieg en dokter toe geneem. Die diagnoseer toe migraine en skryf pille voor. Dit word egter nie beter nie, die arme kind kry geweldige kopsere, verloor visie en raak deurmekaar. Eergister neem hul haar na 'n kinderspesialis. Hy vermoed toe "encephalitis". Dit word veroorsaak deur 'n (herpes) virus of kan oorgedra word deur 'n insekbyt. Met breinvliesontsteking swel die membraan om die brein, met die siekte swel die brein self en kan breinskade veroorsaak en ook lei tot die dood as die brein te veel swel. Sy is nou in die hospitaal en hul het gister heeldag toetse gedoen. Ons hoop om vandag te hoor hoe ernstig dit is. Mense het dit al gekry, dan gaan dit vanself weg maar kan ook maande neem om te herstel. Haar naam is Mieke.
Nouja, geniet jul laaste naweek van die jaar. Watter groot planne het julle om die oujaar af te sluit?
More almal.
Jammer om te hoor van Mieke se ongesteldheid, Freda. Dis 'n nare siekte. Jare gelede het Suzette dit gehad en dit het haar vir lank in die hospitaal laat lê.
Ek is bevreesjy is verkeerd oor die reën. Nie 'n druppel hier by ons nie
Ek wens vir al die forumlede en hulle geliefdes 'n wonderlike dag toe
Goeie more almal. Freda,…
Goeie more almal. Freda, baie sterkte met jou kleinkind en is baie jammer dat dit gebeur het in haar kampioenskappe.
Harry, jou DB bord het seker ou Heinneman stroombreakers. Kry Samite clips om Samite Heinneman stroombreakers te pas.
Shaun bly jul het lekker reen gekry en dit reen nie by my nie.
Chris , bly jy het nie verdwyn nie. Forum lede mis jou insette ![]()
Heerlike dag vir almal !!
Dagse maters. Freda, dan…
Dagse maters.
Freda, dan was sy en Mia mos saam daar ! Mia het ook siek geword op dag 3 en moes ophou, dieselfde simptome gehad. Ek glo sy is nou ok, niks verder gehoor nie.
Herman, ek onthou nou dat…
Herman, ek onthou nou dat Mia ook soontoe was. Ek hoop sy is OK, jy moet darem hoor daar. Mieke se toetse het toe gewys dit is encephalitis en hulle het haar gisteraand op 'n drip gesit met ander medikasie. Vanoggend het sy beter gevoel maar haar kop word nog seer. Sy het darem vanoggend kon eet ook. Die dokter sien haar vanaand weer dan sal hulle verder besluit maar dit lyk of die nuwe medikasie gelukkig werk.
Hi Julle. Ons het gister by…
Hi Julle.
Ons het gister by 43°C gedraai, die storms is regrondom ons met net so 10 druppels, maar die krag het daaronder gely en is nog die heel dag af. het maar Tzaneen toe gekom om ons huis data te gebruik, hoop die krag is weer aan as ons terug gaan.
![]()
Goeie more. Gaan nou die…
Goeie more.
Gaan nou die koffie aan did gang kry.
Het lekker gereen so deur die nag. Sal nou nou gaan kyk na die meter.
Lekker dag vir elkeen
Môre almal. Hoe gaan dit…
Môre almal. Hoe gaan dit met almal vanoggend? Geniet die koffie en geniet die dag.
Môre Dusty. Ja, dankie, ek…
Môre Dusty. Ja, dankie, ek drink graag tee saam met jou.![]()
Het gou gaan kyk. Het 12mm…
Het gou gaan kyk. Het 12mm reen gemeet en dit het nou weer begin drup. Voorspelling reken maks 22 grade vandag
Goeiemôre almal! Hier het…
Goeiemôre almal! Hier het dit heelnag gereën
Sommer baie water het geval. Ek hoop net dit hou op voor Sondagaand, want ek wil nie sukkel met 'n nat tent oppak Maandagoggend nie!
Lekker dag vir almal!
Koffke?
More julle laat loop
Laat loop met die koffie hier by my loop hy soos stroop petrol dorp laaste 24 uur 25 mm reen gekry so dankbaar ja did rof by badplaas julle wat kamp gaan groot vrede





Goeie môre kampforum, dankie…
Goeie môre kampforum, dankie ek sal koffie neem op die laaste Vrydag van die jaar.
Shaun, ons is dankbaar vir die reen daar, hier is dit nog net 'n belofte, maar dit gaan lekker reen die volgende paar dae👍