Goeie more!
My naam is Leon, Oetie is die forum naam op verskeie forums...
In kort, getroud, 2 kinders met die jongste wat Vrydag haar matriek uitslae kry.
Het in die verlede gekamp met tente, woonwa, offroad trailer tot laasgenoemde helder oordag uit my erf gesteel is.. Alles verloor wat ons oor jare versamel het.... Begin nou weer kampgoed versamel...
Het n 2.5cDi auto Pathfnder en Td42 Patrol wat wag om weer te sleep en ons hoop om vroeg in die nuwe jaar weer n karavaan te kan koop.
Leon, Oetie, baie welkom…
Leon, Oetie, baie welkom hier, jammer om van die skade te verneem. Sterkte en voorspoed met die weer bymekaar maak.
Ons hoop jy kuier lekker hier saam met ons klomp.
Welkom, Leon en dankie dat…
Welkom, Leon en dankie dat jy kom kennis maak het. Jammer om te hoor van jou skade maar hoop jy kan so gou moontlik weer kamp. En ek hoop die matriekuitslae voldoen aan al die verwagtinge.![]()
Baie welkom Leon. Geniet…
Baie welkom Leon. Geniet jul shopping vir kampeer gadgets en glo jul is opgewonde vir jul beplande nuwe karavaan. Julle is welkom om Sionsbergh saamtrek Feb 2019 bywoon indien jul gereed is om te kamp ![]()
Leon, welkom. Ons is dan…
Leon, welkom. Ons is dan bure. Bly net hier oorkant in The Reeds
Welkom Leon, jammer om te…
Welkom Leon, jammer om te hoor van jou skade.
Jy moet sommer elke saterdag tussen 18:00 en 21:00 hier bo op die "luister nou RWW" knoppie druk dan luister jy na Noddy se radio program, hy speel lekker musiek.





Hallo Leon en baie welkom by…
Hallo Leon en baie welkom by kampforum! Baie dankie dat jy julself kom voorstel het

Eish, jammer om te hoor oor die kampgoed wat gesteel is
Ons hoop julle kamp sommer weer gou en sien uit daarna om meer daarvan te sien hier op kampforum