Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -9 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -17 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -17 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -18 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -19 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -21 hours ago

SuperRugby

Alberton
Profile picture for user Tuinslang
Submitted by Tuinslang on

Dag span,

Hoop nie dis ‘n duplikaat nie, maar kon nie ‘n nuwe draad kry die rugby nie.  

Delete asb as ek ‘n dommie was en daar klaar een bestaan

Wanneer speel die spanne daai opwarm games in die nuwe Marvel truie?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 26/01/2019 - 18:32

Ja, die super heroes kom vanaf die Marvel Comics reeks.  SARU het besluit om die truie so te verander om te kyk of dit nie bietjie meer belangstelling kan lok om groter skares te lok na die stadiums nie.   Ek het nie besef hul dra dit net met tuiswedstryde nie.  

Super rugby begin oor 'n maand.  Hierdie jaar is ook die Rugby Wêreldbeker.  Daarom hoop ek regtig al ons tuisspanne gaan goed doen, vir ons Bokspan se onthalwe.   Erasmus en die afrigters moet saamwerk om die super rugby alreeds voorbereiding te maak vir die wêreldbeker.   Ek hoop regtig die opkoms by wedstryde gaan meer inspirerend wees vir die spelers.   

Na my mening moes SARU eerder die toegangsfooie laer gemaak het om skares te lok, eerder as om nuwe truie te gebruik.   'n Ou wat sy span wil gaan ondersteun, sal nie omgee in watse trui hy speel as hy kan bekostig om op daai stadium te gaan sit nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 27/01/2019 - 07:37

Dit lyk sommer grappig ? 

 Het dit nou tot op daai punt gekom waar die spelers in comic pakkies geklee moet word om meer mense te trek? surprise

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 27/01/2019 - 08:56

Oorlede oom Dries het altyd die Wegsleep Superbru groep gehardloop.

Wonder of mense hier sal belangstel in ons eie KampForum Superbru groep met n kampnaweek as prys vir die wenner. Dit is net vir pret met n kamp wenner.

Ek hardloop KampMal se SuperBru groep, vir so 3 jaar al. 

Admin sal dan finale besluit hê of so iets hier kan gebeur.

Toets net die water. Mense kan gaan Google as hulle wil sien hoe dit werk.

Anton ??

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 27/01/2019 - 11:32

Hallo Harry, baie dankie vir die initiatief.    Ek is seker dit kan groot pret wees, maar is nie seker of die private borg van kamp naweke iets is wat ons hierdie jaar op kampforum wil doen nie - daar is teveel ander dinge op die kaarte -  heel moontlik kan ons daarna kyk in die toekoms afhangende van hoe dinge loop smiley

Weereens baie dankie vir jou aanbod en initiatief. yes

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sun, 27/01/2019 - 12:33

Die Marvel truie sal ook net met plaaslike derbies gedra word nie teen buitelandse spanne nie.

Marvel het seker maar 'n paar rand tot die koffers bygedra

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 27/01/2019 - 12:48

Dankie, ek verstaan en aanvaar dit so.

Ons kyk wat gebeur in toe toekoms

0

Ai, dit wil vir my voorkom of die sirkus dalk net groter gaan word in 2019?  Stem 100% saam met Auntie F en Voorries dat SARU eerder die toegangsfooie moet laer maak om te probeer om die skares te lok, eerder as om nuwe truie te gebruik.   Maar dan weer, dalk moet die spelers ook weer die basiese beginsels van rugby leer en weer goeie rugby opdis en dan sal dit verseker die stoele volmaak.  Kyk ook nou die naweek se Pro14 games waar die 2 SA spanne betrokke is - kyk hoe leeg was dit - "rent-a-crowed" het nie eers opgedaag nie????frown

Oom Harry, die rugby draad is amper dood so ek dink nie daar sal veel mense Superbru wil speel nie.  Dit sal nie die moeite werd wees om so groot prys op te sit as ons nie eers 5 gaan wees wat saam speel nie.  Maar, as jy mooi raai in my pool, dan kan jy later lekker aan die biltong smul!wink

Miskien moet Nikkerbal hier registreer en weer die rugby draad laat lewe?winklaughcool

0
Ermelo
Profile picture for user Mona

Mona

Mon, 28/01/2019 - 08:51

Harry, dit sal lekker wees en ek sien wat Voortrekker ook gese het.

Kan jy nie dalk vir nou eers 'n pool begin net vir die fun met geen prys nie, net om te sien wat die belangstelling is. Dalk as ons meer as 10 is kan mens dalk met die wereld beker ook 'n pool maak en dalk 'n try of 'n bal, waar jy sommer iemand in die straat voor keer om te tekenlaugh, of so iets geborg kry?

0
Alberton
Profile picture for user Tuinslang

Tuinslang

Mon, 28/01/2019 - 15:11

In reply to by BATMAN

Vlermuisman,

Ek het darem so punte opgemaak en is net 2.5 agter jou.  Gaan weer laat nagte en vroeg oggende wees hierdie naweek laugh

0

Ja ek sien Slang. My picks het heel haywire gegaan Saterdagnag.surprise Net een verkeerde uitslag en jy verloor baie as jy vooraf pick. Die druiwesappies help natuurlik ook nie

0

Harry, kom ons toets die water en hoor hoeveel wil speel Sal lekker wees al is ons net 'n kleinerige pool van minstens 10 of 12. Daar hoef mos nie 'n prys te wees nie....ons speel sommer vir die plesier. Hoe lyk dit?

0

Dankie Anton. Ja ek het  'n redelike besige en moeilike 2018 gehad.  Ek het een van my mees ervare werknemers betrap dat hy voorraad steel by my besigheid en hom laat gaan. Die ou het my oor tyd  subtiel besteel en die verlies was aansienlik. 

Het heeltyd geweet daar is erens fout, maar kon hom net nie vang nie.

 

Nou ja dis gedane sake en nou gaan dit weer voor die wind. Ek gaan beslis nou meer dikwels hier inloer.

Maak nou juis stadigaan reg vir ons EBB & Flow  en daarna jaarlikse KKNK trippie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus