Middag mede forumiete... Sjoe vandag voel soos een van daai dae waaroor 'n klein seun altyd droom, die dag wanneer jy jou fiets se val wielietjies afhaal, die dag wanneer die oulik meisie jou pik soen op die wang gee, die dag dat jy jou lisensie kry en pa se kar kan ry, en dan as jong man jou huweliks nag, sjoe dwaal my gedagtes nou.
Vandag het ek sowaar die forum raak ge'google', en 'n warboel van emosies het my oorval toe ek name raak lees soos Oom Harlandt, Oom Arie, Voortrekker en nog klomp name.
Ek het gedink die lekker stories en geselelsie is verby na sleepforum weg is. Magtig ek moes al lankal my verlange na mense wat ek ken maar nog nie ontmoet het nie kom soek.
Sien uit daarna om weer deel te wees.
Jaco(Brakkies)
Welkom BrakkiesLekker saam…
Welkom Brakkies.
Anton Louw (Voortrekker) het vir ons n lekker forum hier aan mekaar geslaan en hy loop soos stroop (soos Ski altyd sal sê)
Lekker saam kuier hier
Sien jy wil ook saam rugby speel, het jou goed gekeur.
Baie welkom, Brakkies. …
Baie welkom, Brakkies. Gesels lekker saam en mag jy ure se genot uit die forum kry.
Baie welkom hier by ons…
Baie welkom hier by ons Brakkies, hoop jy kuier lekker saam.👍
Welkom lekke Brakkies
Welkom terug ek onthou hoe jy voel toe ek op forum afkom sien ek hier is n klomp vannie wegsleep forum ouens hier op en sien hoeka is ons nou 791 lede sterk geniet hom Jaco
Ja my wêreld ek onthou vir…
Ja my wêreld ek onthou vir ou Brakkies...of dink ek nou aan Brakenjan?
So kom al die agterosse ook…
So kom al die agterosse ook in die kamp. welkom
Brakkies is hier maar ??
Brakkies is hier maar waar is hy hoor niks van hom kom brakkies val in en gesels saam
Baie welkom hier op…
Baie welkom hier op Kaampforum.
Hoop nie jy gaan soos baie net kom lees nie, gesels lekker saam. Sien jy is ook in die petrol dorp.
Hoop ons sien julle by die volgende kamp.





Woof woof! Ek juig…
Woof woof! Ek juig sommer saam met jou Brakkies! So bly jy het ons gevind !!
Baie welkom!