Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -10 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -18 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -18 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -19 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -20 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -22 hours ago

Brakkies is hier!

Secunda
Profile picture for user Brakkies
Submitted by Brakkies on
Forums

Middag mede forumiete... Sjoe vandag voel soos een van daai  dae waaroor 'n klein seun altyd droom, die dag wanneer jy jou fiets se val wielietjies afhaal, die dag wanneer die oulik meisie jou pik soen op die wang gee, die dag dat jy jou lisensie kry en pa se kar kan ry, en dan as jong man jou huweliks nag, sjoe dwaal my gedagtes nou. 

Vandag het ek sowaar die forum raak ge'google', en 'n warboel van emosies het my oorval toe ek name raak lees soos Oom Harlandt, Oom Arie, Voortrekker en nog klomp name. 

Ek het gedink die lekker stories en geselelsie is verby na sleepforum weg is. Magtig ek moes al lankal my verlange na mense wat ek ken maar nog nie ontmoet het nie kom soek.

Sien uit daarna om weer deel te wees.

Jaco(Brakkies)

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 26/02/2019 - 16:57

Welkom Brakkies.

Anton Louw (Voortrekker) het vir ons n lekker forum hier aan mekaar geslaan en hy loop soos stroop (soos Ski altyd sal sê)

Lekker saam kuier hier

Sien jy wil ook saam rugby speel, het jou goed gekeur.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 27/02/2019 - 05:17

Welkom terug ek onthou hoe jy voel toe ek op forum afkom sien ek hier is n klomp vannie wegsleep forum ouens hier op en sien hoeka is ons nou 791 lede sterk geniet hom Jaco

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 01/03/2019 - 18:15

Baie welkom hier op Kaampforum.

Hoop nie jy gaan soos baie net kom lees nie, gesels lekker saam.  Sien jy is ook in die petrol dorp.

Hoop ons sien julle by die volgende kamp.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus