Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Vietnam by Bus

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Een van ons kliente van Vietnam plaas nou al 'n ruk lank druk op my om vir hulle te kom kuier en  'n klompie nuwe aanlegte besoek om moontlik te kyk of ons tegnologie daar  'n verskil sal maak.  Dit is nou verpakking van pepsi produkte.

Ek het dit so beplan om dit na ons Sionbergh saamtrek te doen en sodoende onnodige spanning te vermy laughlaugh​​​​​​

Inelkgeval, toe ek my vlugte deurstuur waar ek van besigheids hotel tot hotel hop vir vergaderings  x 4 in 3 verskillende stede, toe sê my pepsi vriend ek moet eerder  die bus gebruik tussen stede.   Ek kanseleer toe maar van die interne vlugte en besluit dit behoort 'n avontuur te wees om met die bus te ry en dan ook my kliente vriendskap smee!

Nadat ek geland het in Saigon het ons sommer onmiddelik na die Bus stasie gegaan.  Ek moes die volgende oggend 8am by die aanleg in Can Tho wees.

Bus stasie 

Vietnam  bus

My aarde!  Hier gaan ons lekker lê laugh

Vietnam

Halfpad stop.  Piepie en varkvleis broodjies.   

Vietnam

'n Mens moet jou skoene uitrek en in' n sakkie sit voor jy op die bus klim.  By die stop kry jy plakkies om tydelik aan te trek surprise

Vietnam

Viëtnam

Terug op die bus, nou kan ek verder slaap 

Vietnam

My vriend van pepsi, Hotu

Vietnam

Centurion

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 04:46

In Can Tho aangekom soos die son sak, is ek dadelik na my hoteltoe, Vinpearl

My kamer uitsig... 

Vinpearl

Vinpearl

Lekker warm stort gevat, vir vroulief en seuns op wifi met whatsapp geskakel op video call om my kamer en uitsig te wys, en toe oppad om vir Hotu te ontmoet vir 'n plaaslike Viëtnamees ete..... 

Vietnam

Vietnam

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 04:54

Saigon

Blykbaar hou die vietnamese BAIE van bier  

Vietnam

Vietnam

Die foto op foon wys die blom waarin die vleis toegedraai word dan in meel en eier gedoop en in olie gaar gemaak..   Baie lekker..   

Viëtnam

En natuurlik baie rys.   

Vietnam

Vietnam

Nou begin die bier lekker gesels... 

Vietnam

Klaar geëetsmiley

Vietnam

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 05:06

Volgende dag (gister) eers ontbyt by Vinpearl.. 

Vietnam

En toe aanleg toe vir vergadering en beplanning..  

Vietnam

Vietnam

En toe middagete by aanleg kantien.. 

Vietnam

Toe weer vergadering en teen 3pm was ons weer op die bus oppad Ho Chi Minh toe waar ek vandag 'n vergadering het.

Viëtnam

Vietnam

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 05:18

Hotel in Ho Chi Minh.     Gisteraand so 7:30 hier aangekom na 'n 4 ure bus rit.

Uitsig vannaf my hotel kamer se balkon... 

Vietnam

Vietnam

Vietnam

Vietnam

Fotos vanoggend geneem van die hotel se dak  af waar onfbyt bedien word. 

Vietnam

Viëtnam

Vietnam

Vietnam

Vietnam

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 06/03/2019 - 05:45

Anton lyk my jy meng werk en plesierlaugh

Daai busse is luuks, netjies hotel verblyf, en 'n skoon (higienies) nasie, lyk dit my.

Geniet dit, amper weer tyd vir sonnige SA, alhoewel, ek sien daar is ook darem sonskyn😂

Dankie vir die deel van die fotos nou was ek ook darem al in Vietnamwink 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 06/03/2019 - 06:01

Dankie vir deel Anton ek stem Johann dit wat ek sien is netjies en skoon en ja werk kan jou vat waar jy nog nie was wanneer kom jy terug van oorkant die groot water Antonsmiley

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 06/03/2019 - 06:15

Wow, dit is nou baie interessant.   Kyk daai luukse bus!   Dankie vir al die foto's, dis lekker om alles, wat jy daar ervaar, te sien.   Hoop dit gaan goed met die onderhandelinge ook.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 07:11

Ek het gou so bietjie in die strate gaan stap 'n paar blokke rondom my hotel terwyl ek wag om na die aanleg toe te gaan. 

Vietnam

Vietnam

Viëtnam

Vietnam

Viëtnam

Eintlik is dit vuilerig as mens nader kyk, maar dit is ok.  Ek sal my vrou enige tyd hierheen bring  vir  'n vakansietjie smiley

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 07:16

Gaan nou rustig verkeer totdat my taxi my kom haal... 

Vietnam

Vietnam

Vietnam

Vietnam

Ek dink die besigheid lyk baie belowend.  Werk al amper 3 jaar lank hieraan.  Ons het al een aanleg hier wat ek in 2015 aan hulle verkoop het en hulle oorweeg nou nog een.   

0
Worcester

Wildehont

Wed, 06/03/2019 - 10:16

Pasop net vir die labrador, 'n kennis van my het by 'n klein plaaslike restaurant ingegaan en die duurste ding op die spyskaart bestel (daar was net klein prentjies en geen engelse woorde op die spyskaart nie, toe dink hy die duurste moet die beste wees). Terug by sy hotel Google hy dit en vind uit dit was hond (en labrador smaak blykbaar die lekkerste).

Maar geniet die toer en sterkte met die besigheid!

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 14:24

Nou weer terug by Hotel na 'n dag van vreeslik hard werk.  Ek is lekker honger, maar nie lus vir hoendee en noodles nie. Ek is seker ek het oppad hierheen' n KFC gesien! laugh​​​​​​

Inelkgeval, ek was na ons vergadering gou na Hotu se apartment toe en kan julle dit glo!?   Die man haal sowaar biltong uit vir ons om te geniet saam met die ryswyn!

Vietnam Biltong

Vietnam biltong en ryswyn

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 06/03/2019 - 15:26

Ryswyn en biltong !!! NNee....hhel....soos soetkoekies en Blanc de blanc.  Salticrax met koffie. Roomys en marmite. Eend met sjokolade sous ????? Wel miskien. ?...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus