Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou.
Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.
Maar net 'n kans gevat Wessel
Omdat ek self baie graag nou daar sou wou wees wil ek sommer almal aan die ry kry. Siende dat jy toe geloer het na beskikbare uitspanplek by 'n paar kampe kon ek nie rede weet waarom jy sal uitstel nie. Brent crude 'n paar minute gelede $110.19.
Onbeplande wegbreke was nog altyd die lekkerste - gaan met geen verwagtinge en alles verras jou. Lang vooraf beplanning laat my uitgekuier voel teen die tyd dat ek by my bestemming land. Komaan Wessel - pak net julle klere, kos en water is oral 🙌
Wat 'n 'show'!
Ek kan eerder heeltyd op die web cam ingeskakel bly. Veel beter aksie as in die Proteas/Aussie krieket toets.
Ai, mens kan sommer vir Satara ruik en 'voel'. Baie aanloklik, een van die dae......
Rusteloos...
....die jaar, en ek vermoed dis omdat my Baviaans toer nie gebeur het nie.
Ons gaan gewoonlik nooit tussen Oktober en Maart weg nie. Die jaar is ek rusteloos en het lus om weg te kom. Dit sal egter na 'n koue plek moet wees.
Dis die probleem, die koue plekke is onder aan die Suid- Kaap kus, of aan die Weskus.
Ek begin nou my geduld met Trompie verloor. Die ou het 'n "fight gepick", en nou blyk dit dat hy vergeet het om klaar te maak. Intussen lei almal onder die duur olieprys, en almal wat olie verkoop, lag al die pad bank toe.
Dit kan net buitelanders…
Dit kan net buitelanders wees wat nie braai nie. 😉
Stem saam...
met die stellings hier bo. Ons het ook soms van chalets gebruik gemaak wanneer ons vir 3 aande deur die wildtuin ry op pad na Messina en weer terug.. Bure was hoofsaaklik buitelanders en het van die restaurante gebruik gemaak. Wanneer ons dan 'n vuur aansteek, voel jy skoon skuldig oor die rook wat na hulle kant toe warrel.
Braai 1x
Al paar keer gesien dat foreigners net 1x braai in die wildtuin om seker maar die ervaring te kan beleef. Laas jaar was daar 2 oorkant ons in Lower sabie wat se vuur nie wou vat nie...ons het vir hulle gesê hul kan ons vuur oorneem want ons is amper klaar gebraai, maar hulle wou nie.....hulle het toe gras aan die brand gesteek en vleis in die vlamme gaar gemaak. Afgelope besoek by Satara n Fransman voor my n sak hout gekoop....moes n handskoen aantrek om hout na hut te neem.
Tog as hulle dit eers geproe en ervaar het, geniet hul dit. Ons het laasjaar heelwat met daai duitsers wat op fietse getoer het, gekuier. Hulle het op die einde braai ge-love.....ons het hulle selfs gebruik as beoordeelaars vir n braai kompetisie by Bush n Buck.....hulle was eintlik perfekte beoordeelaars, want elke smaak was vir hulle uniek. Die man het daar vir die eerste keer n braaibroodjie ge-eet en was verslaafd daaraan geraak. Soos ek hul Youtube videos daarna gevolg het, het hul oral waar hul oorgestaan het, plan gemaak met n braaivleis vuurtjie.
toeriste en toeriste
Wat Geert seg oor die braai vermoë en of hulle wil, van toeriste hang baie af van die tipe oorsese toeris.
Ek het weer ervaar die laaste paar kere waar buitelanders langs ons met 'n gehuurde 4x4, kampeer het, ook maar vuurmaak en gasstofie met pot inspan om eie kos te maak. Helfte van die gevalle was dit toeriste wat al vir die 2de of 3de keer deur SA, Botswana en Namibië kom toer.
heersende wind in ons kompleks....
...trek meestal na bure toe. Vir een of ander rede, waai die wind deur my tuin meestal na 'n spesifieke buurman toe, op my gewone braai tyd. Ek grinnik maar net as ek hoor hoe gaan deure en vensters toe.






.....en nog!
Satara


