
Vanoggend was die laaste winkel brood opgeeët en toe besluit ek dit is tyd om vir ons 'n kamp potbrood te bak en om dit sommer met foto' s hier te plaas. Dit is dieselfde basiese resep wat ek altyd gebruik en al op die forun geplaas het, maar hierdie keer met foto's ![]()
Begin deur 2 koppies meel, 2 eetepels kook olie, 1 eetlepel suiker, 1/2 teelepel sout en 'n pakkie 10 gram instant yeast in' n bak te gooi. Gooi dan 1 koppie lou warm water by en meng dit met 'n grootlepel soos hierbo gesien.

Nou moet daar omtrent nog 1/2 koppie meel bygegooi word soos verder gemeng word met die hand. Die 2de koppie meel word bietjies bygegooi totdat die deeg nie meer "sticky" is nie.

Knie vir 15 minute. Ek stop gewoonlik halfpad en smeer dan die pot en deksel lekker met olie. Knie dan klaar en plaas dan die bol deeg in die gesmeerde pot om te reis.

Terwyl die brood reis maak ek gewoonlik die vuurtjie met briquette.

Wanneer die vuur reg is behoort die deeg klaar gereis te wees en reg om te begin bak!

Bak die brood vir 35 minute met kole bo op die deksel.

Na 30 tot 35 minut behoort hy soos hieronder te lyk en kan jy hom dan afhaal en onmiddelik uithaal deur die pot onderstebo te hou en die brood maklik uitskud. Toets hom maar eers met 'n stokkie om seker te maak geen deeg sit vas nie.

Lekker! Ons gaan hom vir middagete proe! Maar eers' n bietjie swem by Drie Berge se nuwe swembaddens ![]()

Lyk baie lekker. My mond…
Lyk baie lekker. My mond water. Met plaasbotter en konfyt lekka. Geniet dit!
Dit was lekker, saam met…
Dit was lekker, saam met aarbei konfyt en kaas

Dit is nou regtig 'n…
Dit is nou regtig 'n wafferse brood wat jy daar gebak het, Voories!! Ek dink jy kry volpunte daarvoor en kyk net die "pragtige tekstuur".
Ek stem saam met Len, jy laat dit maklik lyk.
Mooi Len, Voories sal nie weer die verskil tussen reis en rys vergeet nie.
Dink aan rys wat jy eet saam met kerrie, Voories. Daai rys, rys mos en word meer.
Nee, kyk, nou raak julle te…
Nee, kyk, nou raak julle te slim vir my, ek rys jou uit my stoel uit op, en reis deur die Vrystaat na Drie Berge om saam brood te eet.![]()
My mond water nou so, ek lyk soos 'n bull dog wat moeg is😂
Pragtige brood!! Ek het al…
Pragtige brood!! Ek het al moed verloor met die hitte reg te kry, meestal is hy onder pikswart en te bleek bo, maar het nou met my eie oge gesien dit kan gedoen word.
Neef hy moet nie bo op die…
Neef hy moet nie bo op die kole staan nie, dan brand hy swart onder, maar die 3 poot staander soos ek hom laat bak werk goed.
Ja, dit maak sin. maar die…
Ja, dit maak sin.
maar die 3 poot staander soos ek hom laat bak werk goed.
Anton..... lyk al te lekker…
Anton..... lyk al te lekker. Volgende keer moet jy so 'n blikkie bier inmeng.
Koos ek sal probeer onthou…
Koos ek sal probeer onthou van die bier. Wonder ek nou hoe die MilkStout sal werk, dis mos al wat ek eintlik drink?
Daai brood
Daai brood saam plaas botter en moer koffie sal loop soos stroop julle![]()
Ek het gisteraand so 7:30…
Ek het gisteraand so 7:30 aan die slaap geraak, maar 8:30 was ek weer op en het toe koffie gemaak en die laaste paar duk snye sit en opeet, toe gaan slaap ek lekkerrr ![]()
Anton gaan hom probeer
Ek gaan hom by die Eiland probeer so vars brood met regte plaas botter en vye konvyt loop soos stroop
Ai hoe lus kry ek nou vir…
Ai hoe lus kry ek nou vir daai broodjie, saam met kamp. Laat my lekker terug verlang na ons Desember kamp ![]()
So broodjie loop mooi saam…
So broodjie loop mooi saam braai vlies. Ons het die naweek 3 gebak saam die braai vir Mandy se verjaarsdag en daar nie eers n stukkie oorgebly nie.





Lyk fantasties...............
................Anton - met so 'n foto-handleiding sal selfs ek potbrood kan bak !
Ek wens meer van ons vrinne wat so kos-makerig is wil hulle metode en foto-bewyse op die forum plaas, dan kan ek ook iets van kosmaak leer.
Ns. Ek wil nou nie op jou mooi broodjie piepie nie, maar kan dit nie weerstaan om gou 'n taallessie in te sluip nie : 'n brood in wording rys en nie "reis" nie. "Rys" beteken om orent te kom - ander goed kom ook soms orent maar ons bespreek nie nou tentopslaan nie.