Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -1 minute ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -40 minutes ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -49 minutes ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -58 minutes ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -1 hour ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 27/03/2019 - 15:39

Goeie middag kampforum.co.za, ons is veilig by die huis, ek jeek al klaar vir Dinsdag oggend😂

Eastco was heerlik, ek het vir my twee "Fly-be-gone" waaiers gekry, wragties daar was geen vlieg in die tent nie. Ek sien hulle verkoop op intetnet soos soet koek.

Geniet die res van die dag.

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 27/03/2019 - 17:03

...ek het al probeer, maar die internet kom en gaan hier. Op Dinokeng en Shingwedzi geen internet gehad nie.  Ons sit nou hier in ons kamp en kyk uit oor die watergat waar 4 Maraboes so pas pragtig hier voor ons geland het. Punda is fantasties.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 27/03/2019 - 20:01

Ai tog Sarel, moet jy dit nou wraggies invryf ?

Maar nouja, geniet maar julle tydjie daar !

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 28/03/2019 - 06:53

Sarel gaan groot en geniet ons wat werk geniet hom more begin my maand verlof skink daai koffie lekke dag vir jou wat hier lees vrede

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 28/03/2019 - 06:57

Môre Stoffel en Hennie, ook aan almal wat nog gaan kom koffie drink, julle moet die laaste naweek van Maart geniet.👍

Sarel jy moet die wild tuin geniet, laai vir ons asb so klomp fotos, dit maak ons dag.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 28/03/2019 - 07:05

Nou ja, so sit ek nou 'n koppie tee en drink en wonder of ons darem hopelik vanaand in die karavaan sal slaap?   Op Addo het dit nie gebeur nie, nou die dag weer by Pine Lodge, so vandag probeer ons weer.   "Third time lucky?"   

Sarel, geniet julle kamp.  Nog een slapie, Shaun!!

'n Baie lekker dag vir almal.

 

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Thu, 28/03/2019 - 08:07

Mag julle 'n wonderlike dag beleef.

Freda, kry vir jou 'n kettie. Hier op Punda het ons heelwat las van ape en by Bergkwagga en Shingwedzi op pad hierheen was dit diesefde. Jy maak net of jy gaan skiet dan maak hy gatskoon. Selfs ons bure se 2 dogtertjies loop elkeen met 'n kettie om die nek en maak of hulle gaan skiet as hulle ape teenkom. Op Shingwedzi is daar darem 'n persoon wat voltyds patrolleer maar by die ander kampe geen beheer.

Wanneer ons vanmiddag by die kamp terugkom sal probeer om 'n bietjie terugvoer oor ons trippie sover te gee.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 28/03/2019 - 10:17

Sarel, my skokstok is ingepak en hy is vol gecharge.  Ek gaan hom gedurig naby hê.   Kyk, die keer is ek reg vir daai aap.  Toe ons Sondag daar was en moes terugkeer huis toe, sê een van die kampeerders vir my die ape wat soontoe kom, maak tot die krane oop en drink water direk uit die kraan!!  Die bleddie goed raak al hoe slimmer. laugh

Ek bel netnou Pine Lodge.  Ek sê vir die vrou sy moet dat sekuriteit gaan seker maak die mense op 21 is besig om te pak, ons ry nie weer verniet tot daar nie!   Sy sê vir my, ja hulle pak.  Ek vra vir haar hoe weet jy.  Sy sê "the system says they must leave today".  "Helllooo!    Sondag het die system gesê hulle is op 20 en toe staan hulle op 21", sê ek vir haar.   So, ons hoop maar vir die beste.laugh

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 29/03/2019 - 03:54

Goeie more medekampers.

 Vrydag is ook alweer met ons. Tee gemaak en koffie is aan die gang. Amper gereed

Shaun, geniet jou laaste werksdag voor jou vakansie. En geniet jou vakansie terdeë.

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 29/03/2019 - 04:58

Goeie môre Kampforum-kletsers !

Gesels tog asseblief 'n bietjie met ons op die verskillende drade en as dit kan, begin sommer 'n nuwe kletsdraad ook.  'n Mens kan tog nooit té besig wees om 'n bietjie ook kampsake te klets nie.

Lekker dag aan almal en ek sien uit na die naweek wanneer die spulletjie wat so hard werk 'n bietjie tot ruste sal kom en dalk tog gaan kom gesels.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 29/03/2019 - 06:01

............al môre gesê ( vir dié wat nie gesien het nie !)

Dis nou amper 6vm hier by ons in die Kaap en nog stikdonker  -  dit beteken die winter is voor die deur.  Op die Kruger Wildtuin se webcams is dit al mooi lig.

Ek hou nogal van die winter, dit bring vir ons reën hier in die Kaap en dis gewoonlik Wildtuin-kampeertyd.  Die Suidoods-wind kom ook tot ruste en dit is lekker "cosy"-tye, veral lekker snoesig in 'n karavaan-bed.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 29/03/2019 - 06:21

More forum wie drink saam koffie hy loop besonders vanoggend die mollers van petrol dorp se maand verlof aangebreek julle almal moet n gatskop dag he vrede

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus