Goeie more almal.
Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.
Lekker dag vir elkeen.
Ai tog.............
Ai tog Sarel, moet jy dit nou wraggies invryf ?
Maar nouja, geniet maar julle tydjie daar !
Goeie môre almal.Mag…
Goeie môre almal.
Sit en tee drink en koffie is besig om te prut
Mag elkeen n lekker Donderdag geniet
More julle
Sarel gaan groot en geniet ons wat werk geniet hom more begin my maand verlof skink daai koffie lekke dag vir jou wat hier lees vrede
Môre Stoffel en Hennie, ook…
Môre Stoffel en Hennie, ook aan almal wat nog gaan kom koffie drink, julle moet die laaste naweek van Maart geniet.👍
Sarel jy moet die wild tuin geniet, laai vir ons asb so klomp fotos, dit maak ons dag.
Mõre Shaun, lekker dag vir…
Mõre Shaun, lekker dag vir jou, ek glo vandag gaan okay wees, maar more gaan super okay wees.
Môre almal
Nou ja, so sit ek nou 'n koppie tee en drink en wonder of ons darem hopelik vanaand in die karavaan sal slaap? Op Addo het dit nie gebeur nie, nou die dag weer by Pine Lodge, so vandag probeer ons weer. "Third time lucky?"
Sarel, geniet julle kamp. Nog een slapie, Shaun!!
'n Baie lekker dag vir almal.
Freda, daar gaan die keer…
Freda, daar gaan die keer niks verkeerd gaan nie, julle moet dit vreeslik, verskriklik ernstig, erg, heelhartig geniet.👍
More Almal
Mag julle 'n wonderlike dag beleef.
Freda, kry vir jou 'n kettie. Hier op Punda het ons heelwat las van ape en by Bergkwagga en Shingwedzi op pad hierheen was dit diesefde. Jy maak net of jy gaan skiet dan maak hy gatskoon. Selfs ons bure se 2 dogtertjies loop elkeen met 'n kettie om die nek en maak of hulle gaan skiet as hulle ape teenkom. Op Shingwedzi is daar darem 'n persoon wat voltyds patrolleer maar by die ander kampe geen beheer.
Wanneer ons vanmiddag by die kamp terugkom sal probeer om 'n bietjie terugvoer oor ons trippie sover te gee.
Sarel, my skokstok is…
Sarel, my skokstok is ingepak en hy is vol gecharge. Ek gaan hom gedurig naby hê. Kyk, die keer is ek reg vir daai aap. Toe ons Sondag daar was en moes terugkeer huis toe, sê een van die kampeerders vir my die ape wat soontoe kom, maak tot die krane oop en drink water direk uit die kraan!! Die bleddie goed raak al hoe slimmer. ![]()
Ek bel netnou Pine Lodge. Ek sê vir die vrou sy moet dat sekuriteit gaan seker maak die mense op 21 is besig om te pak, ons ry nie weer verniet tot daar nie! Sy sê vir my, ja hulle pak. Ek vra vir haar hoe weet jy. Sy sê "the system says they must leave today". "Helllooo! Sondag het die system gesê hulle is op 20 en toe staan hulle op 21", sê ek vir haar. So, ons hoop maar vir die beste.![]()
Môre sê Kampforum. Geniet…
Môre sê Kampforum.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Goeie more medekampers.…
Goeie more medekampers.
Vrydag is ook alweer met ons. Tee gemaak en koffie is aan die gang. Amper gereed
Shaun, geniet jou laaste werksdag voor jou vakansie. En geniet jou vakansie terdeë.
Lekker dag en naweek vir elkeen
GM
Goeie môre Kampforum-kletsers !
Gesels tog asseblief 'n bietjie met ons op die verskillende drade en as dit kan, begin sommer 'n nuwe kletsdraad ook. 'n Mens kan tog nooit té besig wees om 'n bietjie ook kampsake te klets nie.
Lekker dag aan almal en ek sien uit na die naweek wanneer die spulletjie wat so hard werk 'n bietjie tot ruste sal kom en dalk tog gaan kom gesels.
Ek het...............
............al môre gesê ( vir dié wat nie gesien het nie !)
Dis nou amper 6vm hier by ons in die Kaap en nog stikdonker - dit beteken die winter is voor die deur. Op die Kruger Wildtuin se webcams is dit al mooi lig.
Ek hou nogal van die winter, dit bring vir ons reën hier in die Kaap en dis gewoonlik Wildtuin-kampeertyd. Die Suidoods-wind kom ook tot ruste en dit is lekker "cosy"-tye, veral lekker snoesig in 'n karavaan-bed.
Môre Len. Wat het jou nou…
Môre Len. Wat het jou nou uit die slaap uit gehou?
Wie drink saam?
More forum wie drink saam koffie hy loop besonders vanoggend die mollers van petrol dorp se maand verlof aangebreek julle almal moet n gatskop dag he vrede





Goeie middag kampforum.co.za…
Goeie middag kampforum.co.za, ons is veilig by die huis, ek jeek al klaar vir Dinsdag oggend😂
Eastco was heerlik, ek het vir my twee "Fly-be-gone" waaiers gekry, wragties daar was geen vlieg in die tent nie. Ek sien hulle verkoop op intetnet soos soet koek.
Geniet die res van die dag.