Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -10 minutes ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -3 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 01/07/2019 - 01:32

...'n pragfoto Len.

Goeiemore aan al die forumlede. Mag die 2de helfde van 2019 vir ons almal net vreugde en voorspoed inhou.

0
Middelburg

Noel

Mon, 01/07/2019 - 05:03

Goeie more Willem, Stoffel en ander maters. Begin van ander helfte van die jaar en asook die koudste maand.  Mag julle n wonderlik dag sal he yes

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 01/07/2019 - 06:41

Goeie môre almal, op die eerste dag van nuwe week, eerste dag van nuwe maand, eerste dan van die laatse helfde van 2019, geniet die dag.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 01/07/2019 - 07:04

'n Hartlike môre aan almal op hierdie Maandagoggend.   Dankie vir die mooi foto vir Julie, Len.  Dit sal almal herinner dat daar maar gekamp kan word in Julie.

Ja, die jaar gaan hopeloos te vinnig.  Voor ons ons oë uitvee is dit Kersfees.

Ek hoop almal het 'n wonderlike lekker dag.    Ek en Colin gaan ons voertuie neem vir 'n ordentlike was en stofsuig vandag.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 01/07/2019 - 08:25

Wraggies verlede nag nog 14mm reën gehad hier by ons in Brackenfell !  Wat 'n wonderlike ervaring !

O ja, goeie môre al die Kampforum-deelnemers !  Ek gaan my Maandag baie geniet en ek hoop jy ook.

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 01/07/2019 - 08:47

....hoop ons ook vir 'n bietjie reën (as 'n mens accuweather kan glo), maar op die oomblik waai die westewind ons deurmekaar.

Lekker dag.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 01/07/2019 - 08:47

Wraggies!  Len, ek het nou glad nie dit van jou verwag nie?  Om sulke kortpaaie te vat - jy was veronderstel om tot 00:00 te wag om die nuwe koffiedraad te begin surprisecool

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 01/07/2019 - 09:12

Jy kyk my vlak nê ?  Ek mag dalk oud / ouerig wees, maar beslis nie koud nie !  Die feit dat ek die getroue stigters van 'n nuwe Koffie-draad uitoorlê het, is nie al nie.  'n Verdere prestasie is dat vir die volgende maand, op elk van die ongeveer 20 bladsye, gaan julle herinner word aan 'n uitstekende sleepkombinasie !

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 01/07/2019 - 09:21

Môre Len en ander

Ai tog wat sal ek sê, dalk maar net volstaan met;

1] beauty is in the eye of the beholder

2] OF-- vanity is still my namedevil

Moenie bekommer my vriend, solank jy jou kombinasie geniet, bly kamp en deelneem is die saak reg.

Groete

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 01/07/2019 - 11:20

Pragtige goeie more aan ieder en elk, ook aan die Toy eienaars!

Heerlike weer hier vir die laaste paar dae. Elke dag in die laë dertigs.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 01/07/2019 - 16:51

Goeie middag uit n koue Fochville. Dankie vir Len wat vir ons van hulle koue gestuur, nou is dit winter hier by ons ook. surprise

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 01/07/2019 - 17:55

Middag kampers en kampeerders. Ongemaklike weer hier teen die Swartberg,  net so misreen, kan dalkies vannag bietjie sneeu val. Sit hier voor die kaggel, kleinkinders kuier by ons, ai hulle word nou groot. Nina 12 en Mia gister 9,  sjokoladekoek met al die trimmings , ouma het lekker bederf.

Vandag  epos gekry, die arthroskopie op knieg vir more, is uitgestel vir n ander dag. Nou sukkel neef maar nog aan, o ja, die xtrale is nie te sleg nie, so kniegvervanging is vir nog baie later. Groetnis.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus