Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... November 2026 Wessel Strydom -45 minutes ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -52 minutes ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -58 minutes ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Maan

Magaliesburg
Submitted by Gerhardt on
Forums

Gisteraand geneem met my Canon G3XMaan

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 17/07/2019 - 09:15

Hier was dit pragtig. So deur die verkyker was die hele maan sigbaar, helfte grys, n kwart rooi en die laaste kwart helder geel. Die skoon en wolklose lug seker.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 17/07/2019 - 11:09

Ek het dit ongelukkig nie gesien nie.

Hier in Pretoria is die lug deesdae net so vuil soos daar in die vuildriehoek.cheeky

Hulle is nou nie meer die enigste dorp waar mens kan sien wat jy inasem nie. Ons probleem is die haweloses wat letterlik enige ding brandsteek vir `n bietjie hitte en die res van die inwoners sit met die rookmis.

Ek is al gewoond daaraan dat die voëls my wakker hoes in die winter. In die somer sing hulle darm weer.

Neef 

Ek sal wat wil gee om soos jy uit die stad te kan wees. Dit moet hemels wees ten spyte van droogtes ens ens

 

Groetnis

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 17/07/2019 - 11:25

Danie, dit is waar. By my in Centurion was daar weer laat gistermiddag'n veldbrand naby my huis. die reuk was tot binne my huis gewees. Alta het maar swaar gekry met die dat sy met haar longe sukkel.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 17/07/2019 - 12:47

Ek weet ongelukkig te min om sinvolle kommentaar te lewer oor goeters in die hemelruim, maar die volgende het my tog opgevaal in die twee fotos hierbo, geneem 'n jaar uitmekaar :-

Die donker kolle, veral die ronde een links-bo en ook dié daaronder, is op albei fotos presies dieselfde.  Nou die vraag :-

  • Wat behels die donker kolle ?
  • Hoe gebeur dit dat twee fotos, geneem vanuit verskillende plekke in Suid-Afrika en 'n jaar na mekaar, presies dieselfde lyk ?
0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 17/07/2019 - 13:00

Len,   die foto's is eintlik geneem vanuit "dieselfde plek"   (Gauteng)

Die maan staan 100% stil en draai glad nie.   Die sigbare kant van die maan lyk altyd dieselfde en dit is hoekom alle maan foto's dieslfde lyk (as hulle van die aarde afgeneem word). 

Die donker kolle waarna jy verwys word "Mares"  genoem -  (dubbed maria, Latin for "seas")  - en is ryk in yster en afkomstig van volkane.  Hulle is donker omdat hulle minder lig vannaf die son reflekteer.

Maan Kaart:

maan

Die kant wat ons nooit sien nie, meer bekend as "The dark side of the moon" wys altyd weg van die aarde af en lyk so:

moon

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 18/07/2019 - 11:25

Amper vanselfsprekend, maar nooit so daaraan gedink nie.  Dankie vir die hulp.

(Ek sien die noordelike halfrond het 'n dames-kenteken en die suidelike halfrond 'n mans-kenteken).

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus