Gisteraand geneem met my Canon G3X
Baie nice, ongelukkig slaap…
Baie nice, ongelukkig slaap ek daai tyd van die nag. ![]()
Bly ek is nie die enigste…
Bly ek is nie die enigste een hier wat met die maan gepla is nie ![]()
Hier was dit pragtig. So…
Hier was dit pragtig. So deur die verkyker was die hele maan sigbaar, helfte grys, n kwart rooi en die laaste kwart helder geel. Die skoon en wolklose lug seker.
Ek het dit ongelukkig nie…
Ek het dit ongelukkig nie gesien nie.
Hier in Pretoria is die lug deesdae net so vuil soos daar in die vuildriehoek.![]()
Hulle is nou nie meer die enigste dorp waar mens kan sien wat jy inasem nie. Ons probleem is die haweloses wat letterlik enige ding brandsteek vir `n bietjie hitte en die res van die inwoners sit met die rookmis.
Ek is al gewoond daaraan dat die voëls my wakker hoes in die winter. In die somer sing hulle darm weer.
Neef
Ek sal wat wil gee om soos jy uit die stad te kan wees. Dit moet hemels wees ten spyte van droogtes ens ens
Groetnis
Danie, dit is waar. By my in…
Danie, dit is waar. By my in Centurion was daar weer laat gistermiddag'n veldbrand naby my huis. die reuk was tot binne my huis gewees. Alta het maar swaar gekry met die dat sy met haar longe sukkel.
Ek weet .....
Ek weet ongelukkig te min om sinvolle kommentaar te lewer oor goeters in die hemelruim, maar die volgende het my tog opgevaal in die twee fotos hierbo, geneem 'n jaar uitmekaar :-
Die donker kolle, veral die ronde een links-bo en ook dié daaronder, is op albei fotos presies dieselfde. Nou die vraag :-
- Wat behels die donker kolle ?
- Hoe gebeur dit dat twee fotos, geneem vanuit verskillende plekke in Suid-Afrika en 'n jaar na mekaar, presies dieselfde lyk ?
Len, die foto's is eintlik…
Len, die foto's is eintlik geneem vanuit "dieselfde plek" (Gauteng)
Die maan staan 100% stil en draai glad nie. Die sigbare kant van die maan lyk altyd dieselfde en dit is hoekom alle maan foto's dieslfde lyk (as hulle van die aarde afgeneem word).
Die donker kolle waarna jy verwys word "Mares" genoem - (dubbed maria, Latin for "seas") - en is ryk in yster en afkomstig van volkane. Hulle is donker omdat hulle minder lig vannaf die son reflekteer.
Maan Kaart:

Die kant wat ons nooit sien nie, meer bekend as "The dark side of the moon" wys altyd weg van die aarde af en lyk so:

Baie nice.Daai kol jet die…
Baie nice.
Daai kol met die strepe regs bo lyk soos 'n Pool (Noord, Oos, Suid of Wes) ?
Korrek, daar is n verskil…
Korrek, daar is n verskil vanaf die suidelike halfrond en die noordelike halfrond in wat jy sien.








Baie nice! Ek het gehoor…
Baie nice!
Ek het gehoor dat ons 'n 75% maansverduistering te siene gehad het laat gisteraand tot tot vroeg oggend.