Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -1 hour ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -3 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -10 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -13 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -13 hours ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 12/11/2019 - 06:25

Lekker reen gehad gister aand. (5 mm)

Natuurlik as dit by ons begin reen gaan ons krag af vir 2 to 3 ure.

Geniet julle dag en wees veilig

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 13/11/2019 - 05:21

Goeie môre Kampforum !

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 13/11/2019 - 07:09

Môre maters,  gister 22mm reen, al die veld is vrolik ! Vanoggend gou dorp toe om DeSoto se bande op te sit, einde is in sig, maar ai, die blikskottelse vergasser gee my slapelose nagte.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 13/11/2019 - 08:00

Môre se almal en elkeen, geniet jul dag in liefde,vreugde en vrede.

Ek het nou 20mm uit gegooi vir laasnag se reen, en sien by Orpen val die reen lekker volgens die webcam👍

Geluk Frik, ek dink elkeen wat ophou het guts.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 14/11/2019 - 06:54

Ook lekker nat na 18mm 💧.

Hoop om die Ford vandag te kry.

Geniet jou Donderdag voluit in vrede.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 14/11/2019 - 08:03

Goeie môre almal, geniet jul dag.

Kleinkinders skool toe gevat, my dogter het van 4 uur vanoggend begin werk, hulle doen nou misdaad voorkoming, en die arme kind werk lang ure om kerfees bietjie veiliger te probeer maak.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 15/11/2019 - 05:50

Goeie môre Stoffel en ook almal wat nog gaan kom groet, geniet jul Vrydag en wees vrolik.

Die gelukkiges wat gaan ontspan, geniet dit en ry veilig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus