Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -2 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -3 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -4 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -4 hours ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Vaalpark

Johann L

Thu, 28/11/2019 - 11:43

Shaun, sterkte met die skouer operasie, wragtig nie 'n lekker ding om deur te gaan nie. 

Nou ja, my bure is biettjie weg, ek kon dus vanoggend net na ses begin gras sny voor die son my dood maak, het nou net klaar gestort, en die stort het nie verstop nie. Gaan nou kyk wat is fout met die ekektiese "snoeiskêr", die ding wil nie aan kom nie.

Hierdie volgende week gaan ons les op sê met die hitte golf wat voorspel word,  dit was reeds voor 11:00, 32.5 °C.

0
Centurion

Dusty

Fri, 29/11/2019 - 05:08

Goeie môre.

Weer Vrydag en vandag is dit ook 'n kort een. Het vanaf 12:00 ons jaareind funksie.

Wonder hoe haan dit met Shaun en die operasie

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 29/11/2019 - 06:12

Swart Vrydag

Ek is bang om melk en brood te gaan koop vandag.

Kampers moet veilig sleep.

Geniet en Wees veilig

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 29/11/2019 - 07:44

Goeie môre kampforum-vriende / vriendinne en ag sommer die wat nie groet nie ook.

Die mense wie die pad vat, ry veilig, die, soos ek, wie by die huis sit, geniet dit, die wat Black Friday gasn trotseer, sterkte vir julle.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 29/11/2019 - 08:45

Dagsê Kampforum mense !

Die snaakse weerpatroon interesseer my nogal.  Gister was dit hier by ons vrekwarm   Dit was 33º en ons swembadwater was 30º. (Vir twee ure saam met my drie kleinkinders in die swembad gebaljaar).  Skielik vandag is dit sommer 'n hele 11º koeler  -  22º om presies te wees !

Waar gaan dit alles tog heen ?

Ns. As die EFF met sy 11% landwye steun dit reg kan kry om in Johannesburg of Pretoria die burgemeester aangestel te kry, dan is snaakse weerpatrone seker nie so uitsonderlik nie.

0

Middag vriende

Ek is teleurgesteld, die handelaar op my dorpie neem nie deel aan die verrigtinge vandag nie. Blykbaar omdat hulle amper elke dag Kwantum bussies verkoop.smiley

Groete

0

Middag Arie en vriende

Ek hoor nounet dat 'n Ford handelaar vandag die volgende pakket aanbied, as jy 'n Ranger koop, kry jy 'n Fiesta gratis saam.

Nou wonder ek, waarvan wil die handelaar rerig ontslae raak?

Groete

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 30/11/2019 - 06:04

Môre almal, geniet die laaste dag van November '19, sjoe maar tyd is op 'n versnelde pas.

Volgende week gaan rof wees vir my, baie dinge wat gedoen moet word en tyd is min.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus