Môre vriende,
Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?
Hier is die fb skakel.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Nou ja, ons is terug vanaf Mahai in die Drakensberge.n Pragtige oord en het nou opgeknapte ablusies ook.
Pragtige natuur met baie staproetes.Baie gewild onder oorsese toeriste.
Baie mense sê hul hou nie ander mense dop nie, ek doen nogal.Dit is vir my intressant om te kyk hoe verskillend mense kamp.Hoe elkeen dinge doen.
Kom ons Vrydag daar aan,kies ons plek en slaan op.Skuins voor ons staan so n klein plat tentjie.
Wys ek die vrou daarop,hy is langs die swart heining paaltjies opgeslaan wat die staanplekke aandui.Die toutjies sommer aan die heining vasgemaak, alles goed en wel,stewig daardie kant,maar die toutjies aan die verste kant van die tent is losweg bo-oor die tent gegooi en ook aan daaiselfde heining vasgemaak.
Die bure kom toe later daar aangery en ons ontmoet hulle,Philemon en Maria van Johannesburg.Heel aangenaam,hulle is toe nogal ywerige stappers,teleskopiese stapstokke,en elke ding.
By die opwas kombuis ontmoet ek later n Johannes seun,hy is afkomstig vanaf "Munich in Germany" sê hy in sy swaar aksent.
Wat n aangename seun.Hy toer al twee maande deur die land.Alleen,maar sy meisie kom middel Desember by hom aansluit dan vlieg hul weer Januarie terug.
Is daai mannetjie fiks,in die oggend doen hy eers sy "workout" dan gaan stap hy die heel dag, laatmiddag terug en dan weer sy "workout" met sulke toue en ringe gedoentes,wat hy daar aan die jungle gym op die terrein vasmaak.Alles oefeninge met sy eie liggaamsgewig.
So n oefening waar die toue bokant jou vasgemaak is.Die twee toue is dan aan twee ringe vas.Jy vat dan die ringe in elke hand,lê n bietjie vorentoe met die tou nou na agter,en maak jou arms sywaarts oop tot gelyk met jou skouers. Nou maak jy weer jou arms na mekaar toe, vorentoe toe,lyk amper soos "push ups"
Stap ek soontoe en vra of ek dit ook kan "try".Hy antwoord met n glimlaggende "Je, sure".
Gryp ek n ring in elke hand,lê vorentoe met die tou nou langs my lyf verby, skuif so op my tone my voete agtertoe om n beter hoek te kry tot seker so 45grade.Nou staan ek basies op my hande binne in die ringe.
Al wat ek nou moet doen is om my arms sywaarts oop te maak en my liggaam vorentoe te laat sak.Weer my arms vorentoe toe te maak en my liggaam op te stoot, dan kan ek sê, "one",ek beplan om so twintig te doen.
Ek trek my asem diep in en begin stadig my arms oopmaak, vra hy nogal "are you sure you want to try this"
Met my hande nou seker so drie voet uitmekaar uit sê ek "Je".
Om hom te antwoord was n fout, ek moes net steeds my asem ingehou het. My liggaam is te swaar vir my arms en ek neuk gesig eerste in die sand in.
Ek het toe nie eers by "one" uitgekom nie.Met n "Are you ok?" kom ek regop en vee die sand uit my oë, "Je thanks"sê ek.
Ek en Johannes het lekker gelag en groot pêlle geraak.Regtig n oulike mannetjie.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Praat ek sommer nog n bietjie oor Mahai in die Drakensberge neffens Bergville.
Daar is dit nou vir jou rustig.As die son sak is dit absoluut asof die stilte jou wil oorval.Veral buite seisoen.Daar was oor die naweek seker so plus minus dertig staanplekke beset in daardie grote karavaanpark.
Soos dit maar in n kamp gaan, kom en gaan die ouens die heel tyd.Veral die oorsese kampeerders.
Die naaste wat enige een op enige stadium vanaf ons gekamp het was seker so dertig meter.Op een staduim so vyftig meter.
Dit is my soort kamp.Ek val eerder oor my eie voete as oor ander ouens se tentpenne of toue.
Vakansietye is dit n ander storie, dan pak hul hom vol, met die rumoerigheid wat daarmee saamgaan.
Jare gelede was ons een Kersfees daar,die hele familie.Man was dit nou vir jou vol,die ouens so opmekaar.
Weet jul hoe moet n "Canned lion"voel.Nou dan kry jy"Canned campers"
Jy voel so bietjie soos bully beef.Maar as daai blikkie in die oggend oopgemaak word dan vaar almal bedags daar in die wye berge in soos n trop bobbejane wat gaan kos soek.
Dan gaan voed hul hul siele met die stilte en die prag van die natuur.
Die meeste ouens oordoen dan so n bietjie met die stappery.Hul vat dalk n roete wat so n bietjie bokant hul vermoëns strek.
Vol ywer en spoed trek hul in gelid daar weg die eerste oggend met n flinke stappie,met hul lang stapstokke,geboots en gepolish.Die vrouens ge-camouflage en gereukweerder.Die mans ge-armsprei en ge-aftershave.
Die mans met rugsakke op die rug.Die kinders elk met sy eie kleurvolle rugsakkie op hul ruê.
Die vrouens travel lig, miskien net n waterbottel aan n band oor die skouer.
Hoedens op die kop,party lyk soos wandelende spoke.Wit gesmeer met sonskerm room.Van hulle het velle wat nooit in die son moet kom nie.
Dan raak dit stiller in die kamp.Die son bak neer op tent en karavaan met die gesing van besies in jou ore en die gekibbel van die bergstroompie wat langs die karavaanpark verby loop.Dit is windstil in die berg.
O wee,keer daai klomp terug in die middag is dit n ander storie.
Die sterkste en fikste ou heel voor,hoe verder jy terug kyk in die groep hoe verder loop hul uitmekaar.
Waar daar vanoggend n flinke stappie was is dit nou n gesleep van bootse,oftewel stewels.Bootse klink net vir my lekkerder.
Baie van die vrouens dra nou die rugsakke,met die kinders se rugsakke oor elke skouer. Hul lyk soos n wandelende "Christmas Tree"
Die pa strompel voort met n kind op die rug,die ander kinders kan jy aan hul stap sien hul is lankal nie meer lus om te stap nie.
Die met die wit velle is nou bloedrooi gebrand, die room is lankal afgesweet en daar is nie weer aangewend nie.
Selfs met so n groot groep mense bymekaar is dit vroeg vroeg stil in die kamp.Die meeste stappers is doodmoeg en is in die kooi.
Môre is nog n dag.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Vanoggend vertel ek verder van die stappers wat terug gekom het van hul eerste staproete op hul kamp by Mahai.
Dag twee is die dag om te aanskou.Dan kom die ouens met hul stywe lywe so uit hul karavane geklim.
Die kampeerders wat in hul klein tentjies geslaap het en so in reverse uitkom uit hul tentjies is n ander gesig.
Die eerste wat jy sien is hul hakskene wat uitkom uit die tent.Die is toegeplak met pleisters.
Die reuk van Deap Heat hang swaar in die lug.
Hoor net die buurman sê sy vrou moet vir hom n Voltaren pilletjie gee sy lyf is te seer om vandag te gaan stap.
Selfs die kinders wil net fiets en swart skopfietsies ry vandag.
Dan weet jy Mahai se staproetes het sy tol ge-eis.Vandag gaan dit nie so stil in die kamp wees nie.
Kom ek vertel jul gou ook van iemand wat die naweek ook daar gekamp het.
n Man en n dame slaan hul tent op, seker so vyftig meter van ons af.
Nogal n vyfman chopper tent. Maar hul is altwee groot,hul het so n tent nodig.
Kom die aand en ek sien hy spook daar met n los verlengingskoord.Daai ding is so in n kraaines.
Hy het naderhand n lang genoeg stuk los en haal een van daai staanders met die twee spotlights op,uit sy motor.
Hul staan gelukkig op die kant van die terrein en hul lig skyn na die draad en bosse langsaan.
Ek het al gesien die ouens sit sulke sterk spotlights op in die lokasies,wat die hele wêreld verlig.
Nou dit is hoe dit nou daar lyk.Hulle is seker gewoond aan sulke sterk ligte,want dit pla hulle nie.
Die cherry op die koek is egter toe hul gaan inkruip en daai spotlights met die gekoekte tou word ook in die tent ingedra.
Sit n groot ou voor so n lig en jy het n reus op die wand van die tent.
Lyk nogal soos n vergrote boesman tekening op die ronding van n rotswand.
Ek en Ann het toe maar liewer ons braaivleis en wyntjie geniet.
Dit is nag, sê ek jou as so iets gebeur.
Vreugde en vrede vir julle.
NS. Nou,ek en Ann gaan weer dokters toe in Pretoria,vandag is dit weer ons en die traffic van Gauteng.Sal jul môre vertel hoe dit was.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Was toe gister Pretoria toe.Net na vyf hier uit Bethlehem uit.Heerlik stil.
Kan jy glo,ons het ook n plaaslike radiostasie,Radio Maluti.
Eendag luister ek hom,en wragties,doen hul verslag oor Bethlehem se verkeer op daai oomblik.
Ek dink as hul regtig wou kon hul sê.
Hier volg vanoggend se verkeersverslag.Daar kom Jors en Ann ook aangery.O,daar stop hul by die apteek, goed,daar is nou nog elf van die twaalf parkerings oop.
Ons het ligte verkeer vanoggend.Lyk my nie Tannie Minnie gaan dorp toe kom nie,daar staan haar Austintjie nog onder die afdak.
My magties,oom Gert Bicycle is ook vroeg in die dorp vandag,sy brandewyn het seker opgeraak.Dit was dan vanoggend se verkeer, geborg deur Avb....
Nee wat,ek spot sommer, Bethlehem is darem nie so agteraf plekkie nie.
Waar was ek nou weer, o ja,ons is oppad Pretoria toe.Was so agtuur in Johannesburg.Die mense was toe lyk my almal laat vir werk,almal was nog op die pad.
Gister was dit nou wragties lekker vir n Vrystater om in Johannesburg te bestuur.Ons het teen ons spoed wat ons gewoond is daar deurgery,so tussen 0 en 40km/uur.Maak sommer die vensters ook oop vir vars lug.
Sê toe vir die vrou sy moet op haar foontjie ingaan na google maps toe.Weet hul toe te vertelle dat daar n "accident ahead" is, sê sommer op die koop toe hoe ver vorentoe,naby die Sandton afrit.
Was dit nou vir jou lekker, kort kort het ons gestop en n kans gekry om ietsie te eet,ons kon selfs koffie drink.
Man het die vrou nou vir ons lekker kos ingepak,sy moes seker iets geweet het.Elke keer wat ons gestop het was dit net lank genoeg vir n hoenderboudjie of n toebroodjie.n Borsie sou net net te groot gewees het.
Dan kan jy nou ook die ander ouens hier rondom jou dophou.Stop n ou met so smart kar hier neffens ons,sien ek op sy kantruit so n sticker wat se "Smash and Grab"
Sê ek,dit is nou wragties dom om die skelms uit te nooi om jou ruit uit te gooi en jou goed te gryp.
Wys ek vir die man ek wil met hom praat,skud hy net sy kop maar maak naderhand die venster oop.
Nee verduidelik hy toe vir my dit is juis om te keer dat jou goed nie gesteel word nie.So n tipe van diefwering maar jy kan hul nie sien nie.
Offer ek hom n koppie koffie,reik hy vorentoe en lig so n Wimpey beker daar op en sê dankie maar hy het.
Wragties die eerste kar wat ek sien met sy eie Wimpy koffiemasjien.Die Johannesburgers is darem net in n ander klas.
Net so ent voor die afrit sien ek n bord wat sê Tarentaal.Ek verstaan nie lekker wat soek n tarentaal in die middel van Johannesburg nie maar kon nie verder lees nie, ons het toe beginne ry.
Kom by n polisie motor met blou ligte aan met n klomp remmerke op die pad, verder niks nie.Ek kan nie verstaan nie, hoekom moet ons stadig ry as daar niks is nie,net merke van n ou ongeluk.Sê vir die vrou dit is seker maar net een of ander bewusmakings veldtog wat eintlik n goeie idee is.
Het toe veilig by die dokters aangekom.Die was toe tevrede met Ann se uitslae.Net so n bietjie aangepas met die behandeling.
Dit is maar soos met karre, naderhand moet jy olie gebruik vir karre met hoë kilometers het die doktertjie my verduidelik. Toe verstaan ek ook.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Ek het jul gister vertel ons was by die doktertjie daar in Pretoria.Wel,toe ons nou daar klaar is het ons nog een en n ander draai gehad om te ry.
n Vorige keer het ek jul vertel,van by die robot daar in Pretoria waar die ou aan my venster geklop het met n 9mm se loop, en hoe ek vir hom beduie het deur die toe venster ek stel nie belang nie,ek het een by die huis.
En van hoe verbaas hy was toe ek wegtrek toe die lig groen slaan.Hy kon nie glo die baas stel nie belang in n pistool nie.Ek meen, ek soek tog nie n onwettige vuurwapen nie.
Wel,toe ons ingekom het vroeër was hy nie daar by die robot nie maar toe ons terug ry wel.
Sommer toe ons so aangery kom het ek hom erken en my 9mil onder my been uitgehaal en Ann het haar 38 uitgehaal uit haar hekelsak op haar skoot.
Druk toe ook sommer die knoppie laat die venster oopmaak met die wat ons stadiger vorentoe gaan.
Ek weet nie hoekom nie maar hy probeer nie sy 9mil aan die ander ouens verkoop nie.
Dit moet seker die FS nommerplaat wees wat hom fassineer,want hy kom reguit vir ons en steek by my venster vas.
Maak sy windbraker baadjie oop en trek die pistool voor uit sy broek, en buk af om in twee lope vas te kyk.
Hy was nog besig om te groet en sê, "Hi...." toe hy begin struikel oor sy woorde en sy pistool laat val.Die plons toe hier op my skoot neer en die man hardloop weg.
Ek roep en roep maar pure verniet, hy is met n "Joho" daar om die draai.
Ek het werklik nie bedoel om hom skrik te maak nie.Ons wou maar net vir hom wys ons het ons eie wapens.
Sê ek vir die vrou,nou het ons n probleem, waarnatoe nou met hierdie pistool.
Ry daar na n polisie stasie toe en sit hom daar op die toonbank neer.So n groterige dame help ons en ek dog so by myself, gelukkig dra hulle hul vuurwapens aan hul gordels.Sy sou hom nie soos daai ou voor by die broek kon indruk nie.
Sy was seker nou net op lunch en vra met n kenmerkende KFC asem of sy kan help.
Man,het dit nou verduideliking gekos hoe ek aan die wapen gekom het.Sy wou my nie glo nie.Naderhand was die hele polisiemag daar om na my storie te kom luister, sal sweer ek maak n joke soos wat hul lag.
Gelukkig het ek op TV gesien van een of n ander amnestie sou jy n onwettige vuurwapen inbring vir vernietiging.
Ek beroep my toe maar daarop.Met n pen het hul toe die ding daar in n plastieksak gesit en toe moes ek vingerafdrukke gee,kwansuis om te kyk of hul enige ander afdrukke ook op die wapen kon vind.
Ou broer,daai ink sit.Jy was en jy was,die goed kom net nie af nie.Later in die motor nog n poging aangewend met Wet Wipes.
Is ek daar op die foon en Ann vra wat nou.Ek sê vir haar ek soek net iets op Google Maps.Wat soek jy wil sy nou so amper driftig weet.Ek soek n KFC,ek is nou lus vir hoender.Dog sy klap my.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Ter inligting vir nuwe lede,Sondae plaas ek net n kort oordenking.
Johannes 13:14
As Ek,wat julle Here en julle Leermeester is,dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.
GEBED
Onse Vader,in hierdie oggend dank ons U, dat U ons Here en ons Leermeester is.
Vader ons is U kinders, maar ons bely dat ons soos stout kinders teenoor U sondig. Vergewe ons Vader.
Help ons om die voorbeeld wat U gestel het, na te volg.Dat ons ander se voete sal was, dat ons hul sal vergeef soos wat U ons vergeef.
Dikwels dra ons wrokke teenoor ander en is kwaad vir ander.Here,ek vergeef hul soos wat U my vergewe.U maak my juk lig, my gemoed skoon.Dankie daarvoor.
Here,in vers 17 sê U "Julle weet dit nou;gelukkig is julle as julle dit ook doen"
Help ons daartoe.
Amen.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Jong, ek was nog besig om jul te vertel van die een en n ander wat ek en Ann nog moes doen daar in Pretoria.
Nou sal jul seker weet dat van julle ouens begin sê het ek moet my stories ter boek stel.
Sommer vroeg toe ek op Senior Kampeerders stories begin plaas het, het die ouens so begin skimp ek moet die stories in boekvorm sit
n Mariette dame van Mar-Leo Publiseerders kontak my met dieselfde versoek.
Nou, julle sal weet,ek is nie n skrywer nie.My verskoning was ek het te min stories.Ek sal eers bymekaar maak dan praat ons weer.
Met ons daar in Pretoria was dit toe tyd om weer te praat.
Kyk,julle het my darem hier in n ding ingepraat waarvan ek niks weet nie.
Hulle praat mos vir die ou man in tale wat ek nie verstaan nie.
Ek weet hoe groot n A4 blad is,maar kon nog nooit verstaan nie,ek dra n nommer 12 skoen, n elf is te klein.
Met papier verduidelik hul toe vir my, werk dit anders. A5 is kleiner as A4.
Ek wys sommer so met die hand hoe groot die boek moet wees.Hy moet lekker kan vashou.
Nou kom ons by die skrif.Hy moet maklik kan lees,groterige letters.Die ouens moet hom nie met n vergrootglas sit en lees nie.
Nog n ding wat ek nie verstaan nie,pille is maar meestal vir ouer mense,probeer maar daai papiertjie binne in lees.Geen wonder ons word nie gesond nie, ons weet nie wat om vir wat te drink nie en ook nie hoeveel nie.
Hulle sê mos ons is nou op die brille en pille stadium, hoekom nou die goed so staan en klein druk.
Nee man,skryf en druk die ding so dat n mens die ding kan lees.
Goed sê hulle,dan moet ons kyk na die font so 16 punt grootte met n 1.5 reëlspasie.
Nee, jong sê ek, wys vir die oom op n liniaal.Haal hul n boek daar uit as voorbeeld en verduidelik waarvan hul praat.
Toe slaan hul oor na n ander taal en ek wonder so by myself hoeveel tale hul kan praat.So hier en daar n woord opgetel, boeke ken ek maar wanneer word hulle oplaes en wanneer is hul eksemplare.Dit maak my deurmekaar.
Nou sê hul die font is my keuse,ek ken net n waterfront.Gaan kyk bv.na Comic Sans, Garamond,Georgia, Palatino ensovoorts sê hulle.Die opskrifte kan so 20 punt wees.
Nee, sê ek, dit klink vir oom reg.
Nou kom ons by hoeveelhede.Hoe moet ek nou weet hoeveel van julle sal die boek koop.
Klink my as dit baie is, duisend en meer dan druk hul dit litografies,dan doen hul ook die kleurskeidings in CMYK, die bloei indien nodig, seksie verdeling vir bind ensovoorts.
Toe besef ek, bloei gaan ek bloei vir hierdie boek.
Dan moet hy soos n kar ook n registrasie nommer kry, n ISBN registrasie noem hul dit.Dit nooit geweet nie.
Nou moet ek die manuskrip elektronies stuur in MS-Word formaat op Pdf.
Toe beduie ek vir Mariette met my foontjie in die hand, die stories is alles hier in my kop en op die foontjie.
Sommer dadelik het sy gesnap en besef sy sal moet help,die oom gaan nie self regkom nie.
Hulle is regtig geduldig met ons oumense en besef ons ken nie al hierdie smart goed nie.
Na koek en tee is ons toe daar fort.
Klim ons in die kar en stel ek die GPS. Waarna toe nou vra Ann,sê ek vir haar ek weet Georgia is êrens oorsee,maar kom ons gaan kyk hoe lyk Palatino soos die dame gesê het.
Hou op nonsens praat sê sy, jy weet dit is n soort font.Ry dat ons by die karavaan plek kan kom.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Ek het jul vertel ek is met "Jors se Kampvuur Stories" in boekvorm besig.
Wat n storie.Nou vra my uitgewers vir my vir n biografie.
Wat n moeilike ding om oor te skryf.In die Afrikaanse literatuur is daar maar weinig biografieë oor mense gemeet aan die hoeveelheid boeke wat daar op die rakke is.Ek dink dit is n baie moeilike genre.
Dan moet jy mos nou van jouself vertel, die man agter die boek.Jy moet diep dink en gaan uithaal waar dit dikwels seer is.
Met n gesukkel het ek toe so ietsie vir hul kon gee van myself.
Nee, vra my eerder om te skryf oor n mier of n vlieg.Ek kan jou baie meer daarvan vertel.
Vat nou net n vlieg, hy kan mos n lastige ding wees,maar is hul nou vir jou n interessante ding.Hou hul net dop.
Hulle is wonderlike klein goedtjies.Hulle het nie n plat aanloopbaan nodig nie,nee wat,n regop een doen ook.Hulle kan teen volspoed teen n muur gaan land sonder om hul te pletter te vlieg teen die muur.
Jare gelede lê oom Jan en tant Stienie die Sondagmiddag,na ete in die rondawel daar op die plaas.Sê hy, vrou, dit is darem baie koeler hier buite in die rondawel.Die Welcome Dover stoof het nou die hele huis warm gemaak.En as n ou nog kosmaak op die plaas dan lyk dit mos of die hele plaas se vlieë daar in die kombuis wil saamkom.
Hul het hoeka n afvalletjie met kapok aartappeltjies gehad vir middagete.
Nou kan ons net n bietjie rus,my arm is nou lam geslaan met die vlieëplak en hier is darem n bietjie minder vlieë in die rondawel,sê oom Jan.
Tant Stienie se kop sak so diep in die verekussing weg.Sy ruik manlief se pyprook gemeng met die reuk van die grasdak.Met genoegdoening en geliefd raak sy aan die slaap neffens oom Jan.
By hom bly die slaap egter weg en hy begin die vlieë wegjaag dat hul nie die die vrou pla nie.
Hy wil egter nie te veel te kere gaan nie,die ou katel kraak maar.Netnou word die vrou wakker.
Steek hy later weer sy pyp op.Sou hy n vlieg by tannie Stienie se kop gewaar draai hy stadig en versigtig op die klapperhaar matras op sy sy na haar en blaas die pyprook na die vlieg om hom te verjaag.
Sou n vlieg,voor hy op haar neus gaan sit,verjaag oom Jan hom ook met die rook.Asem tant Stienie daai rook in,sal sy met so n ge...ge....gre snakasem geluid half wakker word, en dan weer rustig begin asemhaal.Sy rook darem nie self pyp nie, en die skielike direkte toediening van rook is erg op die bors.
So gaan dit vir lank aan wat hy die vlieë besig hou.
Net tot sy weer so n bietjie rook vat,as daar weer een naby haar neus kom.Dan is dit weer dieselfde storie, n gehoes en n geproes sonder om wakker te word.
So het die vlieë toe agter gekom hul word uitgerook by die bed en eerder op die res van die vertrek gekonsentreer.
Weerskante van die bed was daar twee vensters.In elke vensterbank staan daar n piering met rooi suikerwater met vlieëgif in.
Nou hou oom Jan hul dop.Gaan sit hul so op die kant van die piering. Slurp so met hul lang tongetjies aan die suiker watertjie,dan vryf hul mos so behaaglik met die pootjies so oor hul bekkies.
So sal hul dan met nuwe ywer en spoed nog n draai of twee deur die grasdak se balke maak.
Party raak in vlug moeg, daarvoor het oom Jan ook voorsiening gemaak.Aan die balke hang daar van daai lang taai aanloopbane.As hul op hom gaan land is loskom min vir hulle.Dit moet n gewilde aanloopbaan wees.Daar sit al baie vlieë daar.
Van hul se enjins gaan staan in vlug en hul duik reguit grond toe.
Dit is maar soos lugbeheer by n lughawe. Ander kom egter weer terug, hul weet mos nou van hierdie lekkerny wat hul raakgedrink het.
Na oom Jan se pyprook van vroeër is dit so asof die dorstigheid hul wil oorval.
Sodra hul genoeg gedrink het begin hul mos so half dronk in die kop raak.Sal sommer so skuins skuins loop.
Die wat al baie gedrink het probeer onderstebo vlieg maar hul kom nie tot opstyg nie.
So asof lugbeheer nog nie n aanloopbaan toegeken het om op te styg nie.Rugslag al in die rondte, asof hul nie al klaar dronk genoeg is nie.
Party van hul kom te naby aan die kant van die vensterbank en tuimel na benede en val hul dood.
So lê oom Jan hul en bekyk.Een na die ander raak hul in n beswyming en die bzzzz van hul vlerke raak ook stil.
Oom Jan het later omgedraai en self in vrede n uiltjie geknip.
Later staan hul op en tant Stienie sê, sy weet darem nou nie, sy het niks gedrink nie,maar dit voel kompleet of sy n hangover het.
Oom Jan het net gesmile en gesê sy verbeel haar.
Vreude en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend dink ek aan n ding.Die boekskrywery van my en my onkunde oor alles.
Kyk,om "Jors se Kampvuur Stories"in n boek saamgevat te kry,gaan nie maklik wees nie.Dit weet ek.
Van al die goed weet ek niks,ek wil net die stories vertel.
Toe dink ek maar dit is soos om bicycle te ry.
Toe ek n kind was,is dit wat dit was,n bicycle.Hy het eers baie jare later n fiets geword.
Toe het jy nog spanners en shifteen's ook gekry.Eers toe die ouens slimmer en meer taalbewus geword het, het hul gesê ons praat verkeerd.
Ek dink toe aan hoe ek leer fietsry het.Dan kan ek mos leer oor boeke en uitgewers en al daai dinge
Al verskil is, ek moet dit reg doen.Ek kan en mag nie val nie.
Gelukkig het ek uitgewers wat stewig in die saal sit en my kan leer.
Kan jul onthou hoe jul geleer bicycle ry het.Jy het, as jy groter broers of susters gehad het,hulle fyn dopgehou.
Sommer net daar het my opvoeding dit vir my moeilik begin maak.Eers later het ek begin verstaan dat daar twee begeertes is.
Jy kan en mag byvoorbeeld begeer.Ek het begeer om n fiets te kan ry, dit mag jy.Ek mag egter nie my broer se fiets begeer het nie.
Sommer gou het ek gesondig deur dit te doen.
Daai jare het jy eers begin tricycle ry,hulle het sulke groot voorwiele met twee kleiner agterwiele gehad.
Kry n ou nog tricycles?Ek weet nie wanneer laas het ek een gesien nie.Jy kry nou hierdie skopfietsies,die weet ek.
Kon jy hom goed bemeester het jy dalk n skopplank gekry.Hy het weer hoë handeltjies gehad, kleinerige wiel voor en twee van dieselfde wiele agter.
Met een voet het jy op die voetplaat gestaan en met die ander een het jy jouself vorentoe geskop.
Eers dan kon jy begin kyk na n bicycle.Jou pa sou jou met n fiets leer wat heeltemal te groot was vir jou,jou voete kon nie eers by die pedals bykom nie.
Hy sou jou stoot,jy moet balans kry.Met rukke sal hy jou los en saam hardloop en ondersteun.
Dan begin die uitdaging om dit alleen te kan doen met daai grote fiets.Ons het nooit klein fietsies gehad nie
Jy begin so met een voet op n trap, stoot jouself vorentoe, druk jou ander been deur die mansfiets se frame en so skuins skuins kom jy met die grote fiets aangery.
Gly daai voet wat deur die frame gedruk is van die trap af val jy jouself nerfaf.
So het ons gery tot ons bene lank genoeg was om oor die frame en by die trappe by te kom.Eers, net net die tone.
So in n staande posisie ry jy dan, nou is jy weer te kort om by die saal by te kom.
Jy groei jou mos so in die fiets in.Die fietse en klere is ook so aangegee van die groter kinders na die jongeres toe daai jare.
Die eerste rit waar jy kan sit en trap vergeet n ou ook nie maklik nie.
Kan n ou hard val met n fiets.Hul se mos "Speed Kills" Hoe vinniger jy ry hoe harder val jy met n fiets.
So hier in standerd drie rond dice ek en n pêl mekaar.Hoe harder jy trap hoe meer sywaartse aksie is daar op die fiets.
Touch ons handles mekaar, hy wyk links uit in n straatlamp se paal vas en ek val in die middel van die pad.
Ou Lukas sit met harsingskudding,n gebreekte sleutelbeen,knop op die kop en n gebuigte voorwiel.Ek met teerpad merke oor arms en bene.Bloed net waar jy kyk.
Maar dit het lekker gebly.Ek is sommer lus en gaan haal n fiets van die motorhuis se dakbalke af.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Lees ek gister n ding raak op Senior Kampeerders.Dit is nou n FB groep vir ons oumense.Vyf en vyftig en op,volgens hul groep se reëls.
Toe dink ek,ek wil bietjie op "Jors se Kampvuur Stories" iets daaroor sê.
Dit het meer gegaan oor kampresepte.Eintlik om terugvoer te kry oor die sukses al dan nie,van die resepte.
Spring my brein daar aan die werk en ek stel dan nou ook graag aan jul bekend my lysie of resep, wat jul dit ookal wil noem om jou senior kamp n sukses of n ramp te maak.(Tong in die kies)
Ek sal jul egter aanraai om nie die resepte blindelings na te volg nie maar dit dalk eers met jou dokter en of prokureur te bespreek.
Dus kan ek nie verantwoordelik gehou word vir enige skade,en of toekomstige skade aan jou as persoon of eiendom nie.
Hetsy eie asook die eiendom van andere of enige eise wat teen jou ingestel mag word nie.
Verder,vrywaar jul my, JP van Heerden asook my FB blad "Jors se Kampvuur Stories" van enige vervolging sou daar enige dispuut tussen man en vrou ontstaan gedurende hul kamp by die kamp van hul keuse, en is ek aldus nie verantwoordelik vir enige huweliksberading en of sielkundige behandeling van diesulkes nie.
Noudat ons mekaar verstaan,hier volg my kampresep puntsgewys.
1)Beplanning. Identifiseer die een wat die sterkste is daarmee en laat dit aan haar oor.(Sy sou dit buitendien doen)
2)Oord Keuse.
Lewer jou insette en noem n paar oorde wat slegte kritiek uitlok van medekampers op groepe en wat jy weet sy nie van hou nie,en sê die keuse is hare. Wat sy ookal kies, is reg met jou al is dit nie een van die wat jy gemeld het nie.(Haar keuse en net haar keuse.)
3)Vertrek.
Laat sy die datum en die tyd bepaal.As jul oor die tyd gaan,wees rustig. (Onthou sy het alles haarfyn beplan.)
4)Arriveer.
As jul nie n toegekende staanplek het nie laat sy hom kies.(Julle gaan vir my dankie sê vir die een)
5)Parkering.
Gee jou mening maar stel die slegste plek en posisie op perseel voor.(Sy gaan n beter plek van haar keuse kies,gaan badkamer toe en drink n chill pil,draai daar rond tot hy inskop)
Met jou terug kan jy nou die karavaan vir haar regtrek soos sy hom wil hê.Pasop dat jy nie nou iets stamp en nie eers daaroor worry nie,luister mooi wat sy sê.
Sou jy die kar of karavaan stamp sal jy nou rustig wees,moet onder geen omstandighede sê dit is haar skuld nie.Sê eerder jul sal nuwe batterye vir jou gehoorstukkie moet kry.Maak net seker jy het wel n gehoorstuk anders gaan sy dink jy het in die badkamer gaan drink.
As jul met haar voertuig getou het en hom gestamp het,stel ek voor om nou vir haar ook n chill pil te gee.As dit die karavaan is, drink hom self.
6)Opslaan.
Slaan alles op volgens haar smaak terwyl jy die smaak van n koue bier in jou mond het.Onthou net drank en pille mag dalk nie saamwerk nie.
7)Uitpak.
Vrouens is meesters in dit, moenie inmeng nie,vra eerder of jy vir haar ietsie kouds kan ingooi.(Nou moet jy jou kaarte mooi speel)
8) Braaivleis vuur.
Moet geen inmenging duld nie.Nie met die maak van die vuur of die braai nie.Moet ook nie inmeng met haar bykosse nie.Bied weer ietsie aan om te drink.
9) Kamptake.
Bied sover moontlik aan om alles te doen,een of ander tyd gaan sy sê jy moet ook rus dan gaan sy dit ook oorneem.
10)Kampresultate self.
Julle gaan baie lekker vakansie hou.
11)Kampresultate medekampeerders en self.
As die chill pille en drank glad nie saamgewerk het nie en dit het op n geveg uitgeloop met jou vrou, weet jy hierdie het nie vir jou gewerk nie.
12)As jy en jou buurman in n geveg betrokke geraak het,los volgende keer net die chill pille of die drank.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend net voor ek wakker word,sien ek swart.Inteendeel,ek het die heel nag swart gesien.
Jy kry mos n dag met die langste nag en kortste dag,dan moet daar ook een wees met die kortste nag en die langste dag of is ek nou verkeerd.
Toe kom die Amerikaners en hul maak n nag wat vir 24 ure duur.
In 1952 begin die Amerikaners n dag na hul "Thanksgiving" (Danksegging).Dit het maar eers later jare "Black Friday" geword.
Hul kon dit maar net sowel "Malhuis Dag" genoem het.Dan kom almal dorp toe.
Geld word oral uitgekrap.Vanaand gaan die spaarvarkie leëmaag slaap.Daar gaan nie eers een sent in sy magie wees nie.
Op hierdie dag word kredietkaarte getrek dat jy n plastiek wat brand reuk kry in die dorp.
Vol beursies moet leeg.
Dit wat nie nodig is nie moet gekoop word.
Ouens gaan staan deurnag in lang toue en wag vir die winkeldeure om oop te maak.
Maak n bietjie n skaapkraal in die oggend oop en kyk hoe peul hul by die hek uit.Buite spat hul in alle rigtings die veld in.
So lyk dit as daai deure oopmaak.Die mense het al voor die tyd gaan kyk waar die goed staan wat hul soek.Hul haas hul daarheen om hul "winskopie" te gaan kry.
Dit is presies wat op hierdie dag gebeur.
Laas jaar gaan koop ek die week na "Black Friday" n artikel by n bekende winkel wat Woensdae vir pensionarisse n afslaggie aanbied.
Kry ek my aankope goedkoper as wat ek dit op "Black Friday" kon kry.
En dit terwyl hy die vorige week as n "special" geadverteer was vir dié dag.
Toe wonder ek wie vang vir wie en in my geestesoog sien ek weer as jy n skaap vang aan sy een agterbeen en hy spartel om los te kom.
Die bekende Warren Buffet het gesê, "Pasop dat jy nie iets koop wat jy nie nodig het nie, want ander dag moet jy dit dalk verkoop om iets te koop wat jy wel nodig het".
Vreugde en vrede vir julle.
NS.Vandag gaan dit nag wees.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
TITUS 3:7
So is ons dan deur Sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.
Bebed.
Ons Vader wat in die Hemel is.In ons harte weerklank dit deur die lied.
Genade onbeskryflik groot, het U aan my bewys:
Verlore seun n wegloopkind weer in die vaderhuis.
Ek is die naam van kind nie werd, wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en geld is nutteloos verspeel.
Maar U sien ver, oneindig ver.U sien my honger, dors.
Want toe ek kom, my skuld bely,druk U my aan die bors.
Genade onbeskryflik groot:daars fees, ek is weer tuis!
U Seun bring my verlore mens weer na die Vaderhuis.
Amen.
Vreugde en vrede vir elkeen.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Nou het ek darem n lekker koppie koffie hier voor my, smaak amper soos Wimpy koffie.
Party goed prikkel mos jou smaak dat jy so n smile op jou gesig kry. Ander goed laat so n wrang smaak in jou mond agter.
Wonder waar het die oumense aan die woord gekom.Soet en suur sal ek kan omskryf maar wrang,ek weet nie lekker nie.Hoe smaak wrang?
n Mond is n gevaarlike en n snaakse ding.Uit hom kan mooi en lelike dinge kom.
Dit is die enigste ding wat jou persoonlikheid verklap.Party ouens gebruik hom net om te skinder,ander net om te eet.
Ander weer net om te jok.Net so snaakse woord,lieg klink vir my beter.Of moet n ou eerder sê, "Ander vertel weer net leuens met hom" Klink so langdradig.
Ons het n wonderlike taal.Ek kan hom egter dikwels lekker op dinges met n engelse woord of twee.
Laat ek terugkom by n mond.Hy kan jou n vriendelike of n suur gesig gee.Daai klein openingtjie kan dit doen, hy kan jou hele gesig verander.
Ek is lief om te smile. Ander ouens nie.Maar daar is een ding wat jou n smile gee as jy eintlik n ernstige gesig wil opplak.
En dit is n kuns gebit.Net so snaakse woord.Valstande klink lekkerder op die tong.
Skierlik het die ou n bek vol tande.
Veral as jy die persoon al lank ken.As hy sy mond dan oopmaak en hierdie splinternuwe,spierwit, volmaak gerangskikte tande kom te voorskyn,dan kan ek net smile.Hulle lyk vir my altyd asof die persoon smile.Soos n hond wat vir jou tande wys.
Hoekom maak hul die goed nie eerder met n paar defekte nie.Of vra die pasiënt vir n before foto.Maak hul dan laat hul darem ten minste naby aan dit lyk.
Kom ek vertel jul gou die storie van my oorlede skoonpa en sy valstande.
Hy het altyd met so n ou sweetpak geslaap.Onthou jul nog daai sweetpakke met die wit strepe oor die lengte van die arm en op die broekspype.Ja so een.
Dan het hy vir sy alewige koue voete winter en somer dik wolsokkies gedra.Die sweetpakbroek se pype so in hul ingedruk.Die top het hy so ingedruk in die broek.Wat n prentjie was hy dan nie.
Die aand klim hul in die bed en hy lê en lees en raak so met die boek op sy bors aan die slaap.
Later die nag skrik hy wakker en sien die lig brand nog.Op die bedkassie staan die glas waarin hy altyd sy valstande snags sit.Hy kyk en daar is geen tande wat vir hom smile in die glas nie.
In n glas water lyk hul mos nog groter as hul so smile.
Ewenwel, die glas het net water in,geen tande nie.
Hulle is ook nie in sy mond nie.Hy maak vir ouma wakker en sê,ek het my tande ingesluk.Hoe meer sy sê dit is onmoontlik hoe meer stry oupa.
Ek het vergeet om hul uit te haal,die glas is leeg, my bek is leeg, ek het die goed ingesluk, sê hy.
Na n gesukkel kry sy dit reg dat hy aanvaar hul sal môre die tande soek.
Soos wat dit nou maar met oumense gaan het hy deur die loop van die nag opgestaan om n draai te loop en weer verder kom slaap.
Die volgende oggend staan hul op,trek hul pajamas uit om aan te trek.
Ouma vra vir oupa waar was jy laas nag.Sy bolyf en een been is oortrek van die love bites.
Daai goed het uit sy mond uit in sy pajamas ingeval toe hy seker gesnork het.Met elke draai het hul hom n love bite gegee soos wat hy op hul gelê het.
Met die wat hy badkamer toe was het hul in die een pyp ingeval.
En toe hul vryery langs sy been af,voort gesit.
Ja,oupa in sy rype ouderdom met sy lyf oortrek van die love bites.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Gister het ek nog vertel van valstande.Dink gou aan iemand wat jy ken wat onlangs valstande gekry het.Hulle lyk mos glad nie meer soos wat hul gelyk het nie.
Onthou julle ouens nog toe ons vir ons karre vet tyres laat opsit het op ons mags.Baie kere het hul dan aan die motor se wiel boë geskuur.Toe rol die manne daai boë uit met n coke bottel.
Nou staan daai SSS so windgat met sy uitgerolde wande bo-oor die swart gepolitoerde vet tyretjies.
Nou dit is kompleet soos wat n ou met nuwe valstande vir my lyk.
Dan loop hul mos die heel dag en smile om vir jou hulle nuwe mags te wys.
Maar in plaas van dat die lippe nou moet uitbol is hul nou so in dun lippies styfgespan soos n kitaarsnaar.
As dit n vrou is en sy het nog lipliner ook aan lyk dit eers erg.Daai mondjie is in omtrek nou een en n half keer langer gerek.Die potloodjie moet halfpad om weer skerp gemaak word.
Nou kom ons by die eetslag.Kyk dit is nou n ander storie.As hulle eet doen hul dit omsigtig en versigtig.So asof hul elke happie mooi oordink.
Party keer lyk dit of hul nie tot besluit kan kom watter kant om te kou nie. Hul stoot die kos so in die mond rond.
Begin dan weer versigtig kou net om weer so met halfpad toe kake tot stop te kom.So asof hul in n klip vasgebyt het.
Het jul al gesien of kan jul onthou hoe lyk n ou as hy kaalvoet hardloop en hy trap n dubbeltjie raak.
Dit lyk mos of hy so in die lug wil bly hang maar dit nie regkry nie want spoed en swaartekrag doen ander dinge met sy ligaam.
Teen die tyd wat n kakebeen tot stilstand kom is die skade klaar gedoen.Ek het nog nooit gehoor iemand sê, sjoe, amper het ek myself nou raakgebyt,nie.Nee jy byt jouself raak of glad nie.
Maar nou ja,die ouens wat dit deurgemaak het sê jy groei in hul in en raak hul gewoond.Dit klink my dan is dit beter as om op die rims te loop.
Maar ek is darem baie bly ek loop nog met my eie.So dan en wan moet ek hul laat patch, maar daarmee kan ek vrede maak.
Vreugde en vrede vir julle.
NS. Moenie vergeet om vandag te 😁 nie.
Jors se Kampstories op fb ...
Naandse vriende,
Ek begin hierdie skrywe so omdat ek hom eintlik nou begin skryf het en as ek nou in die oggend vir jul sê,Naand Vriende,gaan jul dink ek is of deurmekaar of ek het die klits kwyt geraak.
Ek moes net doodeenvoudig begin skryf.Dit reën op die oomblik in Bethlehem en ek is so dankbaar.Ek vertrou dat dit wyd reën en dat waar daar ookal droogte is, dat hul ook geseën sal word met reën.
So,vandag se storie gaan plek maak vir veel belangriker dinge as kampvuurstories.
Jul weet almal dat ons land gebuk gaan onder n geweldige droogte.Sekere dele van ons land meer as ander.
Oral gaan gebede op na Hom wat in beheer is van alles.
En op hierdie oomblik met die reën wat by ons val wil ek vir elkeen van jul wat so wyd verspreid, oor ons land is,bid.
Gebed.
My Hemelse Vader, ek kom nou en sê vir U, die gewer van alle goeie dinge, baie dankie vir reën wat val, hier by ons en ook waar ek vandag gehoor het waar dit wel reën.
Vader, ons dank U vir U groot genade,vir elke reëndruppel wat daar val.
Here ons bely ons diepe afhanklikheid van U.
Here, wil U in U groot genade dink aan plekke waar dit nog bitterlik droog is, waar mens en dier smag na reën.
Wil U Vader met elke een van daardie boere wees, hul vashou in U Vaderhand.
Here, dat hul nie sal moed opgee nie,maar dat hul in sulke moeilike omstandighede nog steeds hul oë op U gerig sal hou.
Vader ons prys U, U is groot bokant ons begrip.
Ons kan maar net vra, "Hoe Groot is U, Hoe Groot is U"
Vergewe ons,ons sondes en help ons om ligdraers van U te wees.
Amen.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend darem net eers vir jul dankie sê vir almal se reaksie op gister se plasing.
As admin kan ek op elke plasing sien hoeveel mense dit lees.
Ons is nou 1047 lede op "Jors se Kampvuurstories" Tot op die oomblik het 967 mense gister se plasing besoek.
Plus minus 300 mense meer as die wat die valstande storie die vorige dag besoek het.
Dit sê net vir my een ding.Julle is tops.Dit is lekker om vir julle te skryf.
Vandat die groep gestig is en ek Sondae n Oordenking doen het slegs twee persone die groep verlaat. 2/1000.
Die regte mense is op die groep.Nooi jul vriende ook om aan te sluit.Ek vertrou julle oordeel.
Maar nou na vandag se storie.Ons praat nog steeds oor monde.
Meer spesifiek,die effek wat daai opening in die gesig,kan hê op jou gesigsuitdrukking.
Kyk maar nou na iemand wat straal van geluk.Daai persoon se mond is definitief nie saamgepers nie.
Nee,jy gaan verseker so n geheimsinnige glimlaggie ook raaksien.
Die vrouens is baie skerp om dit raak te sien.Sal maklik as die persoon ongetroud is vra, is jy verlief.
Of as dit n jong vroutjie is vra, is jy swanger.
Dan is jou mond ook direk verbind met jou oë.
Glimlag jy, is daar so n vonkel in die oë.Is iemand kwaad is die mond so saamgepers en die oë is ysig.
Party ouens kan woedend raak,hulself verloor,dan kan jy ook dalk selfs haat in hul oë sien.
Die oumense het altyd gesê, die man het n oop gesig.Of die vrou het n skoon gesig.
Iets wat hul sou gebruik het was "op gesigwaarde hou ek nie van hom nie" of "hou ek van hom"
Ja, n gesig vertel jou baie van n persoon.
Dit wat jy met hom doen het n groot uitwerking op wat rondom jou gebeur.
Kom ek vertel jul gou wat het gister gebeur.
Ann bel my ontsteld en sê die motor het gaan staan naby die Mall. Ek ry soontoe, ja, toe sy wegtrek by die stopstraat het hy uitgesny en daar staan hy met sy neus so halfpad in die T-aansluiting in.
n Lekker gemors.Almal moet om haar ry.
Maklik, kom ek stoot jou net uit die pad uit.Nee, toe nie,soos n steeks donkie staan hy.Jy roer hom nie.Sy remme skop vas soos n trok se remme,vir veiligheid sou hul my later vertel.
Een jaar oud,met waarborg,skakel ek my diensverskaffer.Ek is lekker kalm, verduidelik die probleem.
Nissan South Africa sal my bel.Hul doen en reël dadelik vir n insleepdiens.
Ann is met my voertuig daar weg om te gaan shop,ek wag maar daar om die motor.Knoop geselsies aan met ouens wat hulp aanbied.Smile vir die ouens wat ongeduldig wil raak en beduie maar net hul moet verby kom.
Ek lyk soos n spietkop wat aan diens is soos wat ek beduie.
Met die insleepdiens wat my en motor toe veilig by die garage besorg begin hul dadelik aan die motor werk.
Ek gesels heerlik met die dienste bestuurder en ontvangsdame.
n Dieselpyp het uitgeskiet en die tank wat ons die vorige dag volgemaak het is dolleeg.
Nog steeds is ek nie ontsteld nie en noem dat hy vol was en dat dit groot skade is, amper n duisend rand.
Weet jul wat die werkswinkelbestuurder vir my sê,oom moenie worry nie.Ons maak hom weer vir oom vol.
Ek sal jul waarborg as ek met n beduiwelde gesig en met n baklei houding die situasie hanteer het sou dit nie so uitgewerk het nie.
Met die motor herstel, enjin skoongespuit en die tank weer vol is ek toe daar weg.
Ongemak ja,ons geld gekos,nee.
Toe ek wegry dink ek en ek hoor sommer die liedjie "My oom se motor is n ou masjien,hy maak hom vol met diesolien,hy is oud en ek is skaars dertien" van Laurika Rauch.
Wees kalm en smile.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend is ek bietjie laat.
Ek het egter nie n keuse gehad nie.Ons kuier bietjie hier in Kimberley by die kinders en klein Sias het al vroeg hier by ons kom inspring.
Nou dan is dit storietyd.
Kan ek vir n oupa n storie vertel.Natuurlik ja, sê ek.
Eendag toe gaan die alalm af,watter een vra ek.Die alalm van die electric heining man.Pappa kom hier aangejaag.Was toe die heeltyd n akkedis wat by die alalm se box n shot gemaak het.Vertel hy my.
Hy vertel ook vir my van n ongeluk wat hier op die hoek by hul huis gebeur het.
Dan nog n storie van die skaap poefies wat pappa op die gras gegooi het en hoe mooi die gras nou groei.
Almal sulke kort storietjies.
Vertel ek vir hom van hoe ek een tyd n groente tuin gehad het.Daar het ek nou alles geplant.
Daar was, komkommers,boontjies,tamaties, pampoene, "you name it" Dit was daar.
Wat is nou lekkerder as jou eie vars groente.Vars boontjies,uie en n aartappeltjie so in n potjie op die stoof laat mos so n lekker reuk in die huis rondhang.
Is boyinkies vir oupa lekker,sal hy dan vra.Oupa is lief daarvoor, sê ek.
Vertel ek vir hom van die keer wat ek gaan skaapmis haal het op n plaas.Maar wat ek nie geweet het nie,waar ek altyd die mis gekry het van skape wat op natuurlike weiding geloop het, was hierdie nou mis wat uit voerkrale gekom het.Ryk aan voedingswaarde.
Hulle eet net goeie kosse en dit gee ook goeie mis.
Laatmiddag werk ek toe die mis in,in die groentetuin, so al om die plante se wortels.
Spuit alles goed nat.Nou kry jy mos so n nat skaapkraal reuk wat so aan jou neusvleuls kom vaskleef.
Die nag was dit volmaan.Nou oor volmaan is daar baie stories.Baie seker waar, ander dalk minder waar.
Die maan skyn pragtig oor die groentetuin.Ek en ouma het so nege uur gaan inkruip.
So teen twaalf uur skrik ek wakker en sien dit is pikswart donker buite en wonder hoe is dit moontlik met volmaan.
By die agterdeur uitgekom loop ek in iets vas.In die flou lig van die torch sien ek hierdie massiewe pampoene, hoër as dakhoogte.
Die boontjies groei hoog die lug in, hul groei so sterk hul staan soos volgroeide bloekombome langs die huis in n laning.
Die hele huis is in donker gehul en word verswelg deur die groentetuin.
Ons het groente gehad daai jaar.Vir die hele dorp groente uitgedeel.
Een boontjie peul per gesin, dan het die vrou genoeg gehad vir n jaar.Die pampoene het ek by die saagmeule laat opsaag in skywe.Een skyfie per gesin.
Dit was goeie jare ou seun, sê ek jou.
Vreugde en vrede vir jou.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Nou die dag sê ek vir n lid van ons groep baie dankie dat hy dikwels "Jors se Kampvuur Stories" deel.
Hy gee erkenning aan my en daarvoor is ek dankbaar.
Ek noem dat ouens nogal kan nalaat om dit te doen en iemand anders sê maar dan is dit mos plagiaat.
Ek sê toe,die ouens dink seker maar dit is n woord wat verkeerd gespel is,en beteken eintlik,plaglati (pla glad nie) as hul dit sonder erkenning aan die skrywer deel.
So is daar woorde en goed wat nie is wat dit werklik is nie.
Daar word vertel van die handelaar wat n tweedehandse 4x4 bakkie verkoop.Alles werk honderd persent.
n Jaar of wat later kom ruil die ou hom in op n ander een en die handelaar ken mos die bakkie en sonder om hom deeglik deur te gaan bied hy vir die ou n goeie inruilwaarde aan.Dit is nou daai sigwaarde waarvan ek nou die dag gepraat het.
Die transaksie word beklink en altwee is tevrede uitmekaar.
Die 4x4 word toe voorberei om herverkoop te word.
Die vorige eienaar het sy 4x4 laat uithaal om hom ligter op brandstof te maak.
Dit is nou wat hul sê jy het vir jou n kat in die sak gekoop.
Dan het ek ook n ou geken wat graag in wou lyk.Sy buurman koop daai jare vir hom n 325 i BMW.
Hy gaan koop n 316 BMW. Bestel n 325i kenteken en sit hom op. Baie goedkoper.
Glad nie so stupid nie.
Hy was baie suinig.Sou jou kinders êrens saam sy kinders heen gaan en hy dalk vir hul vir iets moes betaal het jy n rekening gekry as jou kind by die huis gekom het, sê nou maar
Jorsie (jnr)
5 suigstokkies @ 5c = 25c
1 Roomys R2
Totaal R2.50
Dan moes die ouers maar opdok.
Met vandag se geldwaarde sou jou rekening seker R50 gewees het.
Toe ek nog op laerskool was het ons Vrydae elkeen n tiekie gekry vir snoepiegeld.Dit is nou twee en n half sent.
Vir dit kon jy n handvol sweets gekoop het.Eers baie jare later het dit lekkers geword.
Dan het jy sulke ronde suiker lekkertjies gekry.Ons het hul n "daai woord wat ons nie meer mag sê" ...... sweets genoem.As die lug vogtig was het hul so aanmekaar vas gesit.Het hul dit nie ook blitz (blits) genoem nie.Nie seker oor sy spelling nie.
Bubble Gum en Chappies, magties het ons darem baie pakslae gekry oor daai twee.
Hulle word maklik êrens vasgeplak vir hergebruik later.Of hul word in sus se hare ingedruk as sy lastig was.
Trap jy in hom in die dorp en hy sit so aan jou voet vas.Wat n gemors.
Kindwees was darem lekker,nê.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Mense en hul dinge.n Interessante spesie.
Ek is nie lief vir winkels nie.Sê vir my loop Kaapstad toe en ek begin nou stap.Maar winkels of Mall toe nee,ek steek soos n steeks donkie vas.
Drie tree vorentoe en ses tree terug tussen winkelrakke is nie vir my nie.
Om drie rakke verder om te draai,terug te kom na dieselfde rak toe vir iets wat ons gemis het is nog minder "my cup of tea".
My rug voel naderhand of hy afbreek,my bene raak lam en dood.Dan soek ek sitplek.
In n Mall staan sulke bankies in daai breë gange.Ek gaan sit veel eerder daar en wag.
Om dan die mense dop te hou is interessant.
Mode smake of dalk die gebrek daaraan is boeiend.
Party uitrustings kan nogal die oog vang.Party ouens het glad nie meer die lywe wat hul in daai stywe pakkie probeer indruk nie, hul kry dit nogal reg.
Ooms en tannies wat nog glo hul sal jonger lyk in die jong klomp se klere.
Veral in die groter plekke sien n ou dit nogal dikwels.
n Tannie kom aangestap,in haar laat vyftigs,hare in n moderne styl gesny,funky sal die kinders sê,strepies die toetie.
n Groot sonbril so terug gestoot op die voorkop.
Ge make-up,bloedrooi lippe,plooie toegepleister.
Hoor die vrouens praat van onderlaag.Nou hierdie een is ge onderlaag, middel-laag en vir die wis en die onwis sommer n ge-bolaag ook.
Die plooie gooi skaduwees oor haar hele gesig.
Mini's mag sy eintlik lankal nie meer gedra het nie.Maar nee,sy het daai vyftiger jarige lyf met al sy rolle en bewyse van swaartekrag in daai minitjie ingedruk.
Dat die nate hou,is n wonderwerk.Bo langs druk hy haar,sy kan omtrent nie oordentlik asem haal nie.Laat my nogal aan n kropduif dink.
Die magie was seker een gewees voor al die kinders.Die rokkie vou nou so ewe snoesig om elke rolletjie.
Halfpad knieë toe hou die rokkie op.Daar is die bene nou,ferm is hul lankal nie meer nie.Nee,hul lyk maar los en vellerig vir my.Selluliet in oormaat.
Om die knieë hang die los velle soos nat vadoeke in lae oor die knie knoppe.
Langs haar stap manlief of dink julle dit kon dalk net haar boyfriend gewees het.
Hy het n help my sterk lyk hempie of eerder vest aan.Om sy nek hang n goue ketting, lank en duk genoeg om n kar mee te tou.
Sy kop,die is glad geskeer en blink soos n spieël.Op sy een bo-arm n draak, op die ander een so n drakerige ding met vlerke,miskien was dit n flermuis.
Sy maag lyk of hy nou net twee kaste bier uitgedrink het.
n Wandelende brouery dink ek so by myself en skielik ontwikkel ek n vrees vir kernkrag kragstasies.
Aan sy gewrig n bonkige goue horlosie.Sy vingers goudkleurig,geel gerook.
Vir n broek het hy n stywe swart PT broek aan, aan sy voete groenerige Crocs.
Die hakke al so skuins af geloop.
Toe hul verby stap sien ek die spatare op die kuite,n chirurg se droom.
Haar voete is ingedruk in sulke hoëhak skoentjies met strappies.Op die enkel is n skoenlapper getatoeër.
Die bunions druk daai strappies dat dit lyk of hul nou enige tyd kan breek.As hul nou moes breek vlieg daai skoenlapper verseker weg.
Jy kan sien dit is voete wat al lankal Green Cross skoene moes dra.
Met die paartjie naderhand buite sig sit ek en dink,so dra ons maar elkeen n front of n masker.
Elke dag klee ons onself en elkeen dink ons lyk goed daarin.Elkeen dink sy hare lyk goed.
En dit hoort ook so,as jy jouself in die spieël sien moet jy goed voel oor jouself.
Ag,trek aan wat jy wil vandag,en as ou Jors môre oor jou skryf, "so what"
Vreugde en vrede vir jul almal.





Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
n Lieflike oggend hier by Mahai.Vir die wat nie weet nie dit is n park in die Drakensberge.Die naaste dorp is Bergville.
Kyk die videotjie,die boswekker het die kampeerders hier wakker gemaak vanoggend.
Hier is n hele weermag bobbejane.Vroegoggend tree hul aan hier in die bosse agter die kamp.
Ek kon hul wel nie sien nie maar baie duidelik hoor.
Dan blaf die samajoor n klomp bevele uit.Die manne antwoord terug.Ek dink hul is besig om roll call te hou.
Eers het hul een een vinnig agter mekaar geantwoord en toe die hele kompanie saam.
n Ou kon hoor dit is manne wat kan saamstaan.Weer het die samajoor n bevel gegee,vir my geklink soos iets van n smoke break.
Toe raak dit stil met so hier en daar een wat gedemp praat.
Die lug is skoon hier in die berge maar op n stadium het die luggie so van hul kant af in my rigting gestoot en ek is seker ek het bobbejaantwak rook geruik,maar ek kon my seker verbeel.
Hoor na n ruk weer n bevel en n geskarrel.Van die manne moes seker van die rook hoog in die takke in geraak het want van die bome se toppe het so geroer.
Die takke het naderhand stil geraak en wragties daar kom seker so n peleton sterk manne daar uit die bosse uit in n formasie,verkenners voor, en n klomp weerskante,n bietjie terug,van hulle.Hier in die middel rond is n klomp so saam gebondel. Dit moes seker die bevelsgroep wees.
Hulle beweeg regdeur die kamp oor die oop stuk veld.
Hulle oë neem alles waar.Hul is dwarsdeur die kamp met so hier en daar n kampeerder wat hul met n harde stem aangemoedig het,seker om hul formasie te behou.
Hul is toe oor die spruit en teen die kop uit.Met die wat die laaste manne oor die kop gaan het die ouens wat die agterhoede dek so terug gekyk of hul nie agtervolg word nie.
Hul is toe weg,gewoonlik kom hul dan weer laatmiddag,net voor laaste lig terug.
Nog n dagtaak suksesvol afgehandel.
Vreugde en vrede vir julle.