Ek verstaan Amerika en China baklei oor die Huawei fone, nou gaan dit glo van Google Play store en Google geblok word, op die Yanks se aandrang.
Ek het 'n maand terug vir my 'n Huawei P30 gekoop net omdat die kamera 'n funksie het wat nag fotos baie mooi neem. Oor die algemeen, is Huawei se foto kwaliteit van die beste. Nou dink ek, ek gee nie om as dit onttrek word nie, want ek gebruik mos my foon meer en deels net vir fotos en geskrewe kommunikasie (whats app ens).
Ek is te dom om te verstaan waarom nou juis net Huawei.
Len, hierdie Huawei is my…
Len, hierdie Huawei is my tweede, die ander een het ek laat val en het geen beskerming gehad nie. Ek is baie tevrede net die nuwe een, veral die fotos wat dit neem.
Ek het gelees van die beskuldigings, maar steur my nie daaraan nie, my vrou het ook 'n Huawei, en sy hou van dit.
Die foto het ek geneem om te kyk hoe die nag (aand) foto lyk, en dit is baie duidelik.
Ja die Huawei fone het baie…
Ja die Huawei fone het baie populêr geword so oor die laaste 5 jaar. Hulle was ook op 'n stadium nogal goedkoop opsies en goeie waarde vir geld. Ek sien wel dat hulle nou 'n groot deel van die mark besit want baie mense gebruik die fone deesdae, en so het hulle pryse ook toegeneem. Ons het ook 2, P10 plus en P20 van 2017 en hulle is baie goeie fone. maar ek het onlangs vir my weer 'n underdog foon gekry, LG G8S wat baie goedkoper as die Huawei "flagships" is, maar 'n briljante handstuk.
Wat gaan gebeur met Huawei en Google weet ek nie, dit is nie die eerste keer dat dreigemente gemaak word om Huawei uit te sluit nie. Dit is wel 'n ander tipe oorlog waarmee ons hier te doen het?
Anton, ek dink nie dit gaan…
Anton, ek dink nie dit gaan my raak nie, die foon sal alles waarvoor ek dit gebruik kan doen.
Playstore en google gebruik ek in elk geval net op die tablet, Playstore bitter min.
Hier id die skakel ha wat ek gelees het.
Heelwat Westerse regerings…
Heelwat Westerse regerings verbied die gebruik van die mense se telekommunikasie toerusting deur regerings instansies juis omdat hulle vermoed die goed het 'n agterdeur waardeur die Sjinese regering toegang tot sensitiewe inligting kan kry. Daar was 'n geval 'n ruk terug waar PC borde 'n "ekstra" mikro skyfie gehad het wat wel so iets sou kon toelaat. In die Trump en Amazon gevalle is dit waarskynlik iets van die rede sowel as deel van die VSA/Sjina handels oorlog. Persoonlik bly ek in alle geval weg van hulle produkte af.





Ek is.....
Ek is ook 'n Huawei-foon fên en het myne al langer as 2 jaar (my annerhelfte het ook een). Dis nog die beste foon wat ek ooit gehad het en selfs na twee jaar is dit nog glad nie nodig om hulle te vervang nie. Veral die battery-leeftyd is nog steeds perfek.
Soos ek verstaan is Donald Trump & Kie kwaad vir Huawei omdat hulle beweer Huawei het toerusting ontwikkel wat op die VSA-regering kan spioneer.
Mooi foto Johann.