Goeie môre mede forumiete.
Die eerste dag van die nuwe jaar. Mag elkeen 'n geseënde jaar beleef en hope kampe geniet. Mag elkeen se drome waar word.
Lekker dag vir elkeen.
Môre sê Kampforum
'n Geseënde 2020 vir almal hier van 'n koel Dinokeng Resort.
Geniet jou eerste Woensdag van 2020 voluit in vrede.
Goeie môre almal. Tweede…
Goeie môre almal.
Tweede dag van die nuwe jaar. Iets het my wakker gemaak en nou kan ek nie meer slaap nie.
Begin ook vandag weer werk. Alleen in my kantoor. Almal nog met verlof tot Maandag. Dink dit gaan maar stil wees.
Het ook verlede nag 'n lekker buitjie reën gehad.
Lekker dag vir elkeen.
More More
More Stoffel
Die staar siekte het my ook getref. Daar is teveel idees in my kop wat my jaag en my brein wil nie afskakel nie.
My skapie pille is ook klaar wat gehelp het, sal vandag weer by Dischem moet uitkom.
Gaan myself maar aan die slaap lees.
Ons maak eers die 6 de Januarie oop.
Goeiemôre Stoffel en Harry! …
Goeiemôre Stoffel en Harry!
Goeiemôre alle kampforum vriende! Geniet julle dag! Die eerste naweek van 2020 is al amper op ons! ![]()
Goeie môre vriende, julle…
Goeie môre vriende, julle moet maak soos sommige van ons om die jaar te begin, gaan nou kar was, karavaan uittrek en pak, gou laaste stuk gras sny, en reg maak vir baie vroeg more oggend vertrek see toe.😂
Harry, ons gaan TO Strand by…
Harry, ons gaan TO Strand by Port Edward tot die 12 Januarie.
By watter see gaan jy ?
Johann, julle moet…
Johann, julle moet môreoggend veilig ry en geniet die kamp.
Goeie môre almal. Jip,…
Goeie môre almal.
Jip, eerste naweek is met ons. Sit nou in die sitkamer en skielik hoor ek 'n harde klap sommer baie naby. Dit klink soos 'n klapper.
Lekker Vrydag vir elkeen.
Môre sê vriende, geniet jul…
Môre sê vriende, geniet jul eerste naweek van 2020.
Dankie Harry en Stoffel, ons gaan maar rustig ry, vertrek so oor 'n uur👍
More julle
Die wat op die pad is mooi ry die wat werk gaan groot en die wat kamp lekke gaan groot vrede





More Stoffel , rabiel en forum
Laat loop met die koffie so vroeg die nuwe jaar hier by die werk loop hy soos stroop lekke dag vir almal vrede