Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -8 hours ago
30% November 2026 Geert -15 hours ago
see water November 2026 Geert -15 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Januarie 2020 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Die eerste dag van die nuwe jaar. Mag elkeen 'n geseënde jaar beleef en hope kampe geniet. Mag elkeen se drome waar word.

Lekker dag vir elkeen. 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 14/01/2020 - 06:16

Môre môre kampvriende!   

Al die see sand is afgewas en moet daar nou weer gewerk word.   Ek het vandag sommer 3 vergaderings frown    En die kinders moet regmaak vir skool môre.

Geniet julle dag! smiley

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 14/01/2020 - 08:07

Mens kan sien die meeste is terug hy die werk want als is weer in rep-en-roer.

Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 14/01/2020 - 10:57

Middag vriende

Deel jou sentiment Willem, hierdie "vriende" wat so windstil sout in mense se werksituasie kan vryf.

Moenie bekommer---ons dag vir leeglê en vakansiehou kom ook weer.

Groete

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 14/01/2020 - 11:27

Jammer!!

Die temperatuur sedert ons eergister hier aangekom het, is maar in die hoër 20's. Maar die humiditeit is onsmaaklik hoog. Maar 'n absolute rariteit is die warm seewater. Ek wonder of KZN se seewater-temperatuur só hoog is. Ek reken dit is die rede hoekom so baie penvisse (blaasoppies) die strand vol lê. En alhoewel die paar vakansiegangers (wat nog hier is) swem in die see, is ek nie lus om mee te doen nie. Ons gebruik die term "die see maak maag skoon" wanneer seegrasse in hordes uitspoel. Dit is tans die geval hier. Voor in die branders waar die mense swem, is die water vol seegras - grillerig!!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 14/01/2020 - 11:34

Middag Chris

Dan moet jy maar 'n opblaas-bandjie omsit, 'n skopplankie leen en net agter die branders gaan swem.

Geniet julle vakansie

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 14/01/2020 - 14:00

Hartenbos

Darem maar min strande waar jy na weerskante met relatiewe veiligheid vir kilometers kan gaan stap. Ek woon by die see (Kleinmond), maar Hartenbos bly maar iets besonders.

Hartenbos

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 14/01/2020 - 17:40

... watter verrassing om van 'n Eiland-pêl te hoor.

Ons is slegs vir 4 aande hier saam met ons Roemeense kinders. Ons vat weer oormôre die pad terug huistoe - om 'n groot gemors in die gesig te gaan staar. 'n Waterpyp het onder ons kombuisvloer begin lek. Ons kombuis is op die boonste vloer en die water lek deur die beton "slabs" tot in 'n badkamer en waskamer wat direk onder die kombuis is. Die loodgieters wat deur die versekeraars aangewys is, is eerskomende Maandag daar. Waarskynlik sal die kombuisvloer oopgekap moet word. Ek wil nie eens daaraan dink nie. En dit nog met 'n huis vol kuiermense ook.

Groete vir Kleintjie.

0
Bloemfontein

Willie Knoetze

Tue, 14/01/2020 - 20:27

Voorspoed met die pyp, ek hoop daar is nie veel skade nie. 

Groete vir Ralie

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 15/01/2020 - 04:15

Goeie môre almal. 

Sit vanoggend en luister na 'n Piet-my-vrou. Hier het 'n paar by ons ge-ariveer. Skree laaste in die aande en weer eerste in die oggend.

Lekker dag vir elkeen. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 15/01/2020 - 04:21

Die spuit-poep hou my al die heel nag aan die hardloop troon toe.

Geniet jou dag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 15/01/2020 - 06:24

Môre môre!    Kinders moet skooltoe vandag!    Klein Jovan gaan Graad RR toe by die groot skool waar sy boetie ook is - so dit is 'n groot dag vir hom.    Nou gaan ek en Lolla alleen by die huis wees in die oggende en sonder 'n klein kabouter.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus