Julie-maand....
Julie-maand is 'n heerlike tyd in die Wildtuin - veral die skielike heerlike weer as jy uit 'n yskoue Gauteng kom of 'n koue-nat Kaap. Vandat ons nie meer kinders in die huis het nie, het ons ons Wildtuin-besoek na Meimaand toe verskuif (dit kom gouer as Julie-maand!)
In 2017 het ons wel 'n uitsondering gemaak en saam met ons drie kinders en hulle gesinne vir 12 dae lank in Skukuza gekamp. Ten spyte van die skoolvakansie gedrang, was dit 'n heerlike Wildtuinbesoek.
Ongelukkig sal ek julle nie daar sien nie want teen die tyd wat julle daar is, het ek my bespreking vir Mei 2021 al afgehandel !
KNP - Letaba
Ons is by Letaba van 17 Junie tot 22 Junie 2020, dan gaan ons Forever Resort - Tshipise toe van 22 Junie tot 30 Junie 2020.
So ons gaan julle ook mis.





Ons mis mekaar geografies en…
Ons mis mekaar geografies en met datums: