Goeie môre mede forumiete.
Die eerste dag van die nuwe jaar. Mag elkeen 'n geseënde jaar beleef en hope kampe geniet. Mag elkeen se drome waar word.
Lekker dag vir elkeen.
Môre môre kampvriende! …
Môre môre kampvriende!
Al die see sand is afgewas en moet daar nou weer gewerk word. Ek het vandag sommer 3 vergaderings
En die kinders moet regmaak vir skool môre.
Geniet julle dag! ![]()
Goeie môre almal, geniet 'n…
Goeie môre almal, geniet 'n lekker dag, wat jy doen, doen dit met oorgawe.
Môre sê Kampforum
Mens kan sien die meeste is terug hy die werk want als is weer in rep-en-roer.
Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.
Watter pragtige windstil…
Watter pragtige windstil-oggend in Hartenbos.
Hartenbos
Jammer!!
Die temperatuur sedert ons eergister hier aangekom het, is maar in die hoër 20's. Maar die humiditeit is onsmaaklik hoog. Maar 'n absolute rariteit is die warm seewater. Ek wonder of KZN se seewater-temperatuur só hoog is. Ek reken dit is die rede hoekom so baie penvisse (blaasoppies) die strand vol lê. En alhoewel die paar vakansiegangers (wat nog hier is) swem in die see, is ek nie lus om mee te doen nie. Ons gebruik die term "die see maak maag skoon" wanneer seegrasse in hordes uitspoel. Dit is tans die geval hier. Voor in die branders waar die mense swem, is die water vol seegras - grillerig!!
Agter die branders
Middag Chris
Dan moet jy maar 'n opblaas-bandjie omsit, 'n skopplankie leen en net agter die branders gaan swem.
Geniet julle vakansie
Darem maar min strande waar…

Darem maar min strande waar jy na weerskante met relatiewe veiligheid vir kilometers kan gaan stap. Ek woon by die see (Kleinmond), maar Hartenbos bly maar iets besonders.

Hi Willie ....
... watter verrassing om van 'n Eiland-pêl te hoor.
Ons is slegs vir 4 aande hier saam met ons Roemeense kinders. Ons vat weer oormôre die pad terug huistoe - om 'n groot gemors in die gesig te gaan staar. 'n Waterpyp het onder ons kombuisvloer begin lek. Ons kombuis is op die boonste vloer en die water lek deur die beton "slabs" tot in 'n badkamer en waskamer wat direk onder die kombuis is. Die loodgieters wat deur die versekeraars aangewys is, is eerskomende Maandag daar. Waarskynlik sal die kombuisvloer oopgekap moet word. Ek wil nie eens daaraan dink nie. En dit nog met 'n huis vol kuiermense ook.
Groete vir Kleintjie.
Goeie môre almal. Sit…
Goeie môre almal.
Sit vanoggend en luister na 'n Piet-my-vrou. Hier het 'n paar by ons ge-ariveer. Skree laaste in die aande en weer eerste in die oggend.
Lekker dag vir elkeen.
Môre sê Kampforum
Die spuit-poep hou my al die heel nag aan die hardloop troon toe.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Môre Willem, Sterkte met…
Môre Willem,
Sterkte met die spuit-poep.
Môre almal, geniet die dag…
Môre almal, geniet die dag in vrede en vreugde.
Môre môre! Kinders moet…
Môre môre! Kinders moet skooltoe vandag! Klein Jovan gaan Graad RR toe by die groot skool waar sy boetie ook is - so dit is 'n groot dag vir hom. Nou gaan ek en Lolla alleen by die huis wees in die oggende en sonder 'n klein kabouter.
sonder 'n klein kabouter …
sonder 'n klein kabouter
Dit is wat genoem word die leë nes sindroom





More More
Geniet julle dag en wees veilig.