Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -7 minutes ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -1 hour ago
Frankryk Springbok rugby Geert -14 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -22 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -22 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -23 hours ago

Waarmee hou jy jouself besig.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek is baie lief vir stap, maar soos in rond loop, nie meer so seer roetes nie, en ook berg klim. Berge en riviere, met watervalle heel bo aan die lys, was nog altyd my grootste liefde van die natuur.

Weens veiligheids risikos en ouderdom, kan ek ongelukkig nie meer die berge invaar nie, en stap roetes is ook nou te ver.

Dus, gaan swem ek maar saam met my beterweter,  en sy stap soms saam met sy my deur die oord, dit doen ek sommer paar keer per dag.

Waarvan hou julle die meeste van kampering, behalwe natuurlik die braai en lekker atmosfeer?

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 27/02/2020 - 15:24

Middag Johann

Daar boul jy my om!!!

Dit hang af van die kampeerplek natuurlik, En of jy watter ouderdom kinders saam het.

Seevakansie: stap langs strand, swem tafeltennis

Wildtuin: wildritte , fotos verwerk, braai

Daar was 'n tyd dat mens byvoorbeeld by Aventura Swadini kon gaan stap, langs die dam, langs benede rivier, voetpad onder Mariepskops langs.

Nou het jy gesensiteer---kan mens enigsins nog met veiligheid dit buite die kompleks/kampeerterrein waag. Byvoorbeeld, kan mens met veiligheid in Golden gate vêr gaan stap. Ek weet byvoorbeeld dat dele aan Ooskus, Oos Londen omgewing selfs, dat mens afgeraai word om langs strand te stap.

Deesdae kampeer ek amper net in wildtuine soos Kruger, Pilansberg, Marakele, en dan maak ek net soos hierbo gemeld..

Groete

0
Worcester

Bolander

Thu, 27/02/2020 - 15:28

Om vroegoggend deur die kamp te stap  die karavane en kampplekke te bekyk en  hier en daar met n man wat ook vroeg opstaan n geselsie aan te knoop . Het al dierbare vriende so ontmoet

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 27/02/2020 - 17:10

In die wildtuin - as ek nie ry nie, doen ek niks.

Hartenbos - stap kilometers op die strand.

Karoo Nas Park - ry soms, maar geniet sommer net die stilte en niksdoen.

Eiland Spa - speel rolbal, jukskei, lê sleg langs die swembad (selde binne-in) of stap in die oord of langs die Letabarivier.

Ek het die gawe gekry om te kan niksdoen. Ek doen dit besonders goed, al moet ek dit self sê

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 27/02/2020 - 19:31

Dit laat my dink aan die kwansuise gesprek tussen afgetrede man en vrou. 
Vrou: “Wat gaan jy vandag doen?”

Man: “Niks”

Vrou: “Maar dis water jy gister gedoen het!”

Man: “Ek was nog nie klaar nie”

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 27/02/2020 - 19:53

Maggies, dis 'n moeilike vraag om te beantwoord sonder om 'n gek van jouself te maak. Die belangrikeste veranderlike faktor om eerste te oorweeg is waar kamp jy ?  Die tweede is, kamp jy en Mammie alleen of het julle geesgenote wat saam met julle kamp ?

By Hartenbos : ek hou nogal van vroeg opstaan, maak myself dan tuis op 'n kampstoel met 'n koppie koffie in die hand (met natuurlik karringmelk beskuit) en luister dan na die vroegoggend radioprogramme op ons draagbare radio. Hier teen 7vm se kant daag die koerantverkopertjie op en dan lees ek rustig deur Die Burger, gewoonlik in meer detail as by die huis.  En gewoonlik as ek by Fred Mouton se spotprent van die dag kom in die middel van die koerant, is daar 'n versoek van binne af vir 'n koppie tee asseblief.  As hierdie taak afgehandel is beweeg ek ablusie se kant toe om myself dan 'n bietjie meer ordentlik te maak.

Dan kom ontbyt aan die beurt en dit kan 'n verskeidenheid van moontlikhede tot gevolg hê waarmee ek soms 'n hand sal bysit.  Daarna word die Exclusive en tent  aan die kant gemaak waarna ons sit en wag dat iets moet gebeur.  Soms daag iemand interessant op soos byvoorbeeld Harry of Andries Pretorius om 'n bietjie te kom kuier.

Die storie raak nou te lank en ek sal dit liewer kortknip na vanaand se braai.  Ek hou daarvan om te sit en braai as ek met vakansie is.

.

Andersins mag daar dalk 'n Hartenbos straatbraai wees om aan deel te neem :-

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/02/2020 - 22:17

Len, albei fotos lyk heel gesesellig, daai straat braai ding is baie lekker.

Ek is ook maar lui in die laaste jare, staan gewoonlik so ses uur op, maak my beker perkoleer koffie en, as daar sein is, loer ek in op die forum. 

My vrou is nie 'n oggend mens nie, ek maak haar so 7:30 wakker, dan sit ons en gesêls tot na ontbyt. 

Soos reeds genoem, dit hang ook af van waar ons kamp, in die wildtuin maak ek my vrou vroeg wakker, sodra die hek oop maak, wil ek uit.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 28/02/2020 - 04:35

Ek stap ook baie. Soek elke oggend 'n ander roete om te stap. By Dube het ek al die diere gevind met my kruis en dwars stappery. Ek lees ook heelwat en saam maak ons twee kos en was ook die skottelgoed saam. Ek raak te gou rusteloos.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 28/02/2020 - 07:45

Johann ek hou baie van stap kyk so met die oog ander se kamp setup stap waar daar n stap roete is gaan sit op n plek stil en neem net die natuur in is ook baie lief vir swem ,kyk ook hoeveel diere ek deur die dag sien asook voels lees my wegry boeke herondek kampe in die boeke en dit maak dan my bucket lys net soveel langer

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 28/02/2020 - 09:30

Koffie drink, bekuit eet, ontbyt maak, skottelgoed was en dan rus rus en rus. Loop ook so tussen die kampeerders deur en kyk wat is mooi en hoe ander dit doen, gesels baie op vreemde plekke en kom soms in die sop daaroor, maar lag dit af met 'n glimlag. Sit lekker rustig vroeg oggend en saans om na die natuur te luister en net te sien wat gebeur. Hou van swem as die weer dit toelaat. Anders gesels ek en Ouma Nannie sommer net oor wat die mede kampeerders doen en soms lyk. Al lekker gelag oor daai laaste ene. Ek dink om te kan kos maak saam met weder helfte is n groot plus punt en net alleen saam haar te kan kamp is lekker. Lekker as die kinders saam is en die kleinkinders hou n mens baie besig. Kamp bly lekker heartyes

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 28/02/2020 - 14:03

Ek hou baie daarvan om te steel met die oë,  seker waarom ek so graag deur die kamp terein stap, het al baie blink idees so gekry.

Sit ook graag met 'n lekker speur verhaal, lees bly lekker. 

Ek sal af en toe stop vir 'n gesêlsie, maar my gehoor maak my "skaam", ek hou nie daarvan om knaend te moet sê "sê weer" nieblush

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus