TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingsarrowarrow

66801 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
koop Brent.


Ek het verlede…
Rommelstatus Wildehont -3 minutes ago
Geesie, hier na 5 dae kan… Tydens die "Lock down… Arie -1 hour ago
Jy ken jou geskeidenis nê!?
Rommelstatus Arie -1 hour ago
Was Rommel nie n Generaal in… Rommelstatus GeesWatWandel -3 hours ago
Sjoe, nie eens die buurvrou… Tydens die "Lock down… GeesWatWandel -2 hours ago
Petra en ek speel scrabble… Maart 2020 Koffie Kroeg Arie -2 hours ago
Wessel, dit is as gevolg van… Slegs vir Christene om te… Dusty -3 hours ago

Maart 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Sun, 01/03/2020 - 03:37
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Eerste dag van die derde maand van die jaar.

Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. 

Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier. 

Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet

Centurion

Voortrekker

Thu, 26/03/2020 - 03:49

Goeiemôre almal!   

Ek het gisteraand eers redelik laat by die huis gekom, omtrent so 7:45 na 'n lang dag en vele vergaderings om paar dinge in plek te kry vir die lockdown periode en ons maatskappy  se planne om oop te bly.  Die paaie was vreeslik besig daardie tyd van die aand.  Ek dink baie mense en Maatskappye is vreeslik bedreiwig om dinge af te handel.   Vandag gaan moontlik nog meer bedreiwig wees.   Hou julle self veilig asb.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 26/03/2020 - 06:07

Goeie môre almal, geniet die laaste dag van vrye beweging, wees  veilig en hou maar by die reels van die lock down👍

Net 21 dae, dit is nie ewig nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 26/03/2020 - 13:51

Dagsê, was verplig om vandag dorp toe te gaan, een van die manne vertel vanoggend groot-oog dat baba se melkformule klaar is. En dit nadat hulle herhaaldelik gevra is om genoeg te kry, het hulle ñ voorskot gegee. My lekker gatvol gelaat om in die supermark te gaan, so gedruis het Oudtshoorn PPay nog nooit gehad nie. Lus vir vloekwoorde Arie.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 26/03/2020 - 15:01

Ek was ook verplig om dorp toe te gaan- wil self ook vloek!!!!!

Lees ek vroeër dat sigarette nou skielik vir een of ander duistere rede nie ń noodsaaklikheid is nie, dus van vannag GEEN sigarette te koop nie.

Nou ek koop my vooraad altyd aan die begi  van die maand vir die hele maand. Ek het dadelik my vooraad gaan kyk en sien ek het net genoeg vir 10 dae!!!!

Dadelik ingery dorp toe en in heel hengse que gaan staan, presoes 3 uur en 16 min later daar uitgekom met 4 maande se voorraad, ek wou nie ń kans vat nie!!!!

Nou stem ek met Warren ons min van gesondheid is beslis nie goed gelwalifiseerd nie, waar kom mens daar aan dat sigarette nie ń noodsaaklikheid is nie!!!!👹👹 Nee man daai ou kort ń noodhulp kurses wat hom leer om babas te vang, Dan sal hy weet van rook en dalk ook van honde stap.

Sjoe hulle praat van panic buying, julle moes my vanoggend gesien het. Ek sou bereid gewees het om Musina toe te ry vir daai gifpyltjies.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 26/03/2020 - 15:04

Noudat ek weer kalmer is het ek besluit om maar altyd 4 maande se vooraad aantehou net maandeliks optop.

So gaan ek nie weer gevang word nie, magtag ek het amper n ineenstorting gehad, moes in ń sak asem haal vir hyper ventilation!!

Nou lekker gelag, ja, nee kyk, jy kan sonder alles wees maar as daai pyle kort kom is daar moeilikheid!!

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 26/03/2020 - 18:23

Neef reken, as die SAP vir Frikkie in die pad vra waar loop hy rond, kan hy nie " ek gaan twak koop" mee wegkom nie. Maar dat arme Frikkie nie n kraantjie saam n halwe brood, en sy pakkie twak kan koop nie, druis in teen sy menseregte.

Centurion

Dusty

Thu, 26/03/2020 - 20:21

Die verkeer op die pad was woes gewees vandag. Orals waar ek was, was daar lang toue motors. Jy staan vir kilometers in die tou. Op die pad sowel as by die sentrum. 

Begin van môreoggend af vanaf die huis werk. Werkstasie klaar opgestel

Goeie more huis bound kampers, ja my koffie is al klaar, nou besig om te teug aan my Baroccatjie. Ek is maar altyd vroeg op en in elkgeval moet die Tannie werk.

Lekker dag.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 27/03/2020 - 09:04

En so gegin ons die 3 weke kamp in en om die huis, sterkte en voorspoed.

Geniet jou Vrydag voluit in vrede.