Ek begin hierdie draad om nie die "Boonste Foto" draad te kaap nie.

Willem...........
Willem nee, daardie sandkamp was nie Augrabies nie, maar jy kom nader. Dit is by Tweerivieren in die Kgalagadi Oorgrenspark.
Ek onthou die foto teen die…
Ek onthou die foto teen die kus waar die wind julle geroer het maar kan nie die kamp onthou nie, Stormsrivier ?
Sou nie die een by…
Sou nie die een by Yzerfontein reg kry nie, maar die ander een wou ek raai dat dit by Kgalagadi is. Maar die een by Yzerfontein het ek iewers gesien?
Jy...............
Jy onthou goed Willem, ja dis by Stormsrivier voor die storm ons getref het.
Wat van.........
Wat van hierdie een, waar is dit ? Tip : dis 'n minder bekende nasionale park.
Dit lyk 'n bietjie na…
Dit lyk 'n bietjie na Camdeboo maar ek is nie seker nie. Hulle het ook daai paaie met staanplekke tussen die bosse.
Nee Freda,
Nee Freda, dis nie Camdebo nie. Dis naby 'n dorp wat met 'n "S" begin.
Ek was nog nie daar nie, so…
Ek was nog nie daar nie, so ek raai nou sommer. Die Bontebok naby Swellendam. Naby aan die Kaap, so ek aanvaar jy was al daar.
In die................
In die kol Freda - dis die Bontebok Nasionale Park naby Swellendam. En dis van hierdie knape se voorvaders waar die park sy naam van kry. Hierdie drie wou nie vir die kamera kyk nie !
Wie weet........
En wie weet waar is hierdie foto geneem ?
Ai, die mooi kar van my is ook in al my fotos !
Nouja.......................
.....as niemand dan wil raai nie, dis Bergkwagga Nasionale Park naby Cradock.
Jissie, hoe jammer is ek nou…
Jissie, hoe jammer is ek nou ek het nie geraai nie, ek het nogal gedink dit kan Bergkwagga wees. Die ablusieblok in die agtergrond het net vir my anders gelyk as wat ek onthou. Sorry, Len.
Wat van............
Wat van hierdie een, waar is dit ? Willem mag nie aan hierdie een deelneem nie !
Geen idee nie,, gee vir ons …
Geen idee nie,, gee vir ons 'n leidraad.
Leidraad..
Dis nie in die Weskaap, Ooskaap, Vrystaat, Noordwes of Gauteng nie. Die oord se naam bestaan uit vier lettergrepe waarvan die tweede letter van die oornaam 'n "e" is.





Freda is.............
Freda jy is reg, die foto met die DSTV skottel voor is by Addo.
Anton, dit kon nogal wraggies Yzerfontein gewees het - kyk hier :