Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -35 minutes ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -40 minutes ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -44 minutes ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -46 minutes ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -50 minutes ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -54 minutes ago

BUNDU draagbare kamp gas geyser - ek vorder !

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

(Voor ek begin, ek weet 'n mens spel "geyser" in Afrikaans "geiser", maar dit voel nie vir my lekker nie !)

As jy dalk by Cash Converters of iewers anders rondloop, wees tog asseblief op die uitkyk vir my vir 'n gebruikte ALVA draagbare kamp gas-geyser.  Gumtree het twee opgelewer, maar beide was ongelukkig reeds verkoop.

Ek loop met 'n plan rond om my Exchusive se gebrek aan 'n gas-geyser te oorbrug.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/05/2020 - 20:27

Herman, ja ek is nog in die toets-fase  -  nie baie tevrede met die hitte van die water tot dusver nie.  Ongelukkig neuk die "mixer"-krane in die wa my 'n bietjie rond en ek is nog skrikkerig om die gasvlam groter oop te draai.  Maar ek sal so oor die naweek beter toets, onder andere kan ek die warmwater-pyp wat uit die geyser kom, ontkoppel van die karavaan, want dan behoort die water my te brand.

Sal nog bietjie oefen en toets.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 23/05/2020 - 07:14

Len,,om te meet is om te weet, jy het tyd aan jou kant en kan rond speel met die gas vlam en vloei van water, tot jy die regte resep het.

Baie nice👍 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 23/05/2020 - 19:36

Ek het intussen agtergekom te veel hitte ontsnap bo by die skoorsteen.  As toets het ek 'n vlekvrye staal plaatjie met gaatjies daarin bo-op geplaas en siedaar, skielik is die water so warm dat ek nie daaraan kan vat nie.  Ek gaan dus vir my iets meer permanent prakseer om die ontsnapping van teveel hitte te keer.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 23/05/2020 - 20:49

Len, ek het nou na jou foto gekyk, vergroot, is ek reg as ek sé, jy tap water uit jou bestaande geiser na buite, deur die gas verwarmer, terug na jou bestaande stort binne die wa? 

Moet sê, dit is 'n puik idee.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 23/05/2020 - 21:19

Johann, nee die elektriese geyser het ek die warmwaterkant (wat sonder krag koud sal wees) met 'n kraan afgesluit sodat daar nie koue water uit die elektriese geyser in die warmwaterlyn gepomp word nie.

Toe het ek die kouewaterlyn en die warmwaterlyn elk onderbreek met 'n T-stuk en dit verbind met die twee "click-fix'e" aan die kant van die wa, onder die toilet-deurtjie. Vandaar is die kouewater "click-fix'" vebind met die onderste punt van die geyser en warmwater "click-fix met die boonste (warm) punt van die geyser.

Wanneer enige warmwater-kraan oopgemaak word, skakel die nuwe Shurflo-pomp aan en pomp kouewater onder die geyser in en die verhitte warmwater pomp dan deur die ander "click-fix" terug in die wa se warmwaterlyn.  Wanneer 'n kraan oopgedraai word moet die gas oopgedraai en aangesteek word  -  dit steek nie outomaties aan nie want dis eintlik 'n bos-stort.  Ek kan natuurlik ook die warmwater-pyp by die "Click-fix" ontkoppel en in ons skottelgoed-wasbaak hou om dit met  warmwater te vul.  Ons skottelgoedrak staan juis langs daardie sykant van die rally.

Wanneer elektrisiteit beskikbaar is, word die kraantjie by die elektriese geyser oopgedraai en die twee 'Click-fix'e" kry elkeen 'n stop om seker te maak daar lek nie water uit nie (Tip by Willem gekry). Die gas-geyser (natuurlik sonder die gasbottel) het 'n lekker lêplek langs die elektriese geyser onder een van die banke en sal net uitgehaal word as ons iewers nie elektrisiteit het nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 24/05/2020 - 08:16

Herman nee, dis nie deel van van die ontwerp nie, dit was sommer van my kant af 'n proefneming.  Iemand noem gisteraand vir my wat ek gedoen het is presies wat jy met die oudtydse koolstowe gedoen het om die skoorsteen te "choke" sodat minder hitte ontsnap om die oond warmer te kry.  Die Bundu se brander word omhul deur 'n vlekvrye staalpyp waarbinne die koper-waterpypies voorkom.  Eintlik is daar nie 'n skoorsteen nie, dis net 'n pyp met 'n gasbrander heelonder wat die koperpype verhit wat dan warmwater produseer. Dit is dus logies dat baie hitte bo by die vlekvryestaal-pyp ontsnap en met my plaatjie bo-op het dit gehelp dat meer hitte die koper-pypies verhit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 24/05/2020 - 18:04

Willem, op Bundu se demonstrasie-videos is die Bundu gekoppel met 'n tuinslang aan 'n kraan en ek aanvaar daar was 'n redelike toevoer.  Maar ek het toetse gedoen met 'n tuinslang en met die karavaan se pomp.  Op die Bundy se toevloei is daar ook 'n kraantjie waarmee jy die toevoer nog verder kan beperk.  Met my laaste toets wat gewys het daar moet fout wees, het ek die warm water uitlaat van die Bundu ontkoppel van die Exclusive en die pyp in 'n emmer gehou.  Die kraantjie was feitlik heeltemal toe en net 'n dun straaltjie het uitgeloop, beslis te min om mee te stort.

Ek het toe die kraantjie groter oopgedraai en die plaatjie met gaatjies daarin bo-op geplaas en toe skielik is die water so warm ek kon my hand nie daaronder hou nie.  E

Ek wag net vir die vervaardiger se kommentaar en dan gaan ek my "choke" bo-op op 'n meer  netjiese, permanente basis monteer.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 24/05/2020 - 19:56

Ek het ook op hulle web en foto's na gaan kyk.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 25/05/2020 - 11:23

Middag Len

Ek hoor nounet van my familie dat gekla word oor 'n warmwater lek in die omgewing van Brackenfell. Blykbaar is die stadsraad totaal verward, want hulle kan nie die oorsprong daarvan opspoor nie.

Nou wonder ek net, is dit nie dalk van jou gasstort afkomstig nie?

Groete

 

0
Pretoria

leeu

Mon, 25/05/2020 - 13:48

Hi Len, dit lyk baie oulik....en is 'n briljante idee. Wees net versigtig, ek is seker jy sal uitkyk daarvoor, dat die soldeersel op die koperpype of enige ander laste nie begin smelt as jy die stort bo toemaak nie.  Bundu sal jou seker waarsku teen dit.

Kyk maar ook soos Willem voorstel, of die water nie te vinnig deurvloei nie, want hoe vinniger die water deur die stort vloei, hoe minder tyd het die stort om dit warm te maak. Jy kan natuurlik, soos jy self genoem het, die kraantjie op die stort reguleer.

Ek het ook so 'n vlekvrye staal  stort, maar myne is baie langer as joune, en het sulke snaakse omhulsel, amper soos polistireen of iets om hom sodat mens nie kan brand as jy daaraan raak nie. Ek het dit nog nooit gebruik nie, maar is daar indien nodig. Ek het die stort heel aan die begin getoets met een van die blou dompel pompies en het goed gewerk. 

Ek is gelukkig, my Classique het 'n Hansen gas geyser in, en word lekker warm. Stuur asb nog fotos as jy iets verander en hou ons op hoogte.

Groete

Nico

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 25/05/2020 - 15:34

Wessel ja, snaaks genoeg ek is moontlik die oorsaak van daardie warmwater-lek wat nie opgespoor kan word nie.  Ek is nou besig met my toetsery en toe skielik is daar 'n  ontploffing  -  die warmwater pyp van die Bundu na die karavaan het met 'n helse slag gebars !  Soos die Nuus oor die radio altyd sê "die oorsaak is nog nie vasgstel nie, maar dit word ondersoek".

My vermoede is die toevoerkraantjie op die Bundu was te klein gestel, die water was vir die plasiek "click-fix" te warm en die druk van my nuwe Shurflo-pompie te groot en toe bars die spulletjie uitmekaar.  Ek monteer nou 'n nuwe "click-fix" en gaan eers 'n bietjie proefnemings doen met kouewater deur die Bundu om 'n geskikte drukking te probeer vind.

Die vervaardiger van Bundu, Robert, het my gebel.  Hy het ook al proefnemings met 'n klappie bo-op gedoen, maar sê dis eintlik nie nodig nie, want die Bundu is einlik bedoel om met 'n dompelpompie van 3 liter per minuut te werk.  My nuwe Shurflo-pomp stoot 8 liter per minuut ! Robert het egter aanbeveel dat ek eerder 'n pyp tussen die gasbottel en die Budu gebruik as ek met meer hitte toetse wil doen.  Ek het gelukkig so 'n pyp vir 'n gaslig.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 25/05/2020 - 17:21

Middag Len

Jammer man, sal nie weer so 'n grappie maak nie.

Groete

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 25/05/2020 - 17:35

die warmwater pyp van die Bundu na die karavaan het met 'n helse slag gebars 

toevoerkraantjie op die Bundu was te klein gestel

Len, ek verstaan nie mooi nie ? 

  • Die toevoer kraan sit mos voor die Bundu (reg)
  • Die warmwater pyp is na die Bundu (reg)

 Nou as die kraantjie te klein was hoe kon die pomp se druk die pyp na die Bundu laat bars ?

Kan jy nie die pomp se druk verstel nie ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 25/05/2020 - 18:13

In die kol Willem  -  verkeerd getik hierbo, die kraantjie was te groot oopgedraai.  Met die klappie bo-op die Bundu het die water baie warm geword en die pomp se drukking was te hoog deur die Bundu tot by die warmwater se plastiek "Click-Fix" inlaat by die karavaan.

Ek sal maar eers net met koue water deur die Bundu moet toets totdat ek die geskikte druk deur die Bundu bepaal het.  Daarna sal ek die Bundu net bietjies, bietjies moet "choke" sodat die water nie te warm word nie.  Dit gaan maar 'n trial & error storie wees.

Herman nee, die pomp skakel alleenlik aan as 'n kraan oopgedraai word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus