Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -20 minutes ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -2 hours ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Snomaster

Submitted by Johan K on

Interresante lees:

https://www.4x4community…

"No brand-bashing intended"

Worcester

Wildehont

Wed, 03/06/2020 - 14:26

Leeu ja, ek het die Snomaster bestel. Vir die prys van ‘n goeie 2de handse yskas kry ek presies waarvoor ek gesoek het en dis ‘n nuwe yskas met ‘n waarborg. Dit kom ook met die afstandbeheer en ‘n oortreksel. Die buitekant is vlekvrye staal, ek glo nie die binnekant is nie. 
Ek is baie tevrede met ons Engel (wat my vrou jare gelede nuut gekry het by iemand wat haar geld geskuld het), maar 40 l is te klein en dit kan nie vries- en yskas gelyktydig wees nie. Die Snomaster se twee kompartemente het onafhanklike beheer en kan vries of ys ongeag wat die ander een doen. 
Wessel ja, ek skreeu maar ten hemele hier uit frustrasie. Soos almal weet suig die ministers regulasies uit hulle duim om hulle te pas. Ek sien Oom Len is hoopvol dat hy Augustus wildtuin toe sal kan gaan. Ek hoop regtig vir sy onthalwe dat hy kan. As die vooruitskattings reg is en die Wes-Kaap 3 weke nader aan die kruin van ons kurwe is, beteken dit ongelukkig die res van die land se ergste gaan eers 3 weke later as ons s’n gebeur en mens gaan moeilik by die wildtuin uitkom sonder om deur ten minste 4 ander provinsies te reis. Ek hou maar duim vas vir Kgalagadi in Desember en miskien Hartenbos in November. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 17/06/2020 - 00:07

My vadersdag geskenk aan myself is vandag afgelewer. Moet sê dit lyk goed. Dit gaan egter net-net inpas of net-net nie inpas in die Kavango se laai nie want die afmetings sluit nie die handvatsels, voetstukke en skarniere se afmetings in nie. 

A

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 17/06/2020 - 07:14

Baie nice geskenk Chris, ek glo jy gaan hom deuglik kan benut

My vadersdag geskenk aan myself is vandag afgelewer. Moet sê dit lyk goed. 

Hoop jou dit pas in op die Kavango se sliders, so nie, ry dit los binne in👏

0

Môre Chris WH

Dit lyk baie spoggerig. Ek dink dit sal lag-lag pas, want die Kavango's kan tot 90l kaste akkomodeer. My NL is nog groter as daai 66l, en pas gerieflik in. Boonop is my 2-plaatstoof ook op dieselfde sliders as die vrieskas, dus behoort jy die lengte te hê. 

Laat weet of dit gepas het

Groete 

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 17/06/2020 - 09:52

Wessel, lengte en hoogte is nie die kwessie nie - breedte is. Dit behoort knus in te pas aan die onderkant van die laai, maar die deure se handvatsels en skarniere steek verby die rante van die kas aan weerskante. Dit gaan naelskraaps verby die rubberseel om die opening waardeur die laai skuif pas of naelskraaps daarteen skuur. Ek toets nou eers die kas in die huis voor ek die wa skuif om te kyk of dit gaan inpas. Die laai kan nie ver genoeg oopmaak binne die motorhuis waar die wa staan nie. Ek hoop dit pas want dis ‘n baie netjiese eenheid met onafhanklike temperatuur beheer vir die twee kompartemente, ‘n afstandbeheer monitor waarmee die kas gestel kan word ook en liggies in elk van die kompartemente. Ek hou van ons ou Engel maar die Snomaster is next level.

0

Hello Chris

Ek het gou op Snomaster se blad gaan loer, dit is nogal groot knippe/handvatsels aan die kas. Kon nie die skaniere sien nie.

Sal mens daarsonder kan regkom? Ek gebruik my knippe bloot om kas te sluit sodat aap se kind dit nie kan oopmaak nie. My kas word nie in/uit getrek as ons wegbeweeg van wa af nie. 

As jy ry, kan die kas nie oop wip nie, daar is net te min spasie na bo [onder bed].

Ek hou duimvas dit pas.

Groete

0
Worcester

Wildehont

Wed, 17/06/2020 - 11:22

Die handvatsels om die deure oop te maak steek verder uit as die knippe. Ek sal nie die knippe wil afhaal nie. Dis ‘n “lae profiel” kas so daar sal heelwat spasie bo dit wees in die wa. Die skarniere steek so 35mm verby die rand van die kas. Die handvatsels so 33mm. Soos ek sê gaan dit net-net pas of net-net nie. Ek dink ek sal dit uit die sak/oortreksel waarmee dit gekom het moet haal, wat jammer is, maar dit gaan broodnodige millimeters spaar. Ek het die model bestel omdat dit gegrond op die afmetings op Takealot perfek sou pas. Hulle het egter nie die afmetings met die handvatsels en skarniere ingesluit in hulle beskrywing nie, net die van die kas self. Ek kan dit terugstuur as dit nie pas nie, maar ek hoop maar dit pas wel in. 

0

Chris

Is die idee dat die oortreksel eintlik moet bly, na installasie, of net tydens aflewering na jou.?

Onthou, as die kas goed monteer is, en vasgetrek is op spore, dien die oortreksel geen doel nie. My NL het ek gekry net met sulke seil-oortreksels oor die deure bo. Ek weet my wa en kas was 'n paar keer Botswana-Maubuesehwe toe, en het geen merke aan die kas se romp nie.

Anders, laat jou vrou dit netjies wegwerk by knippe en skaniere.

Groete  

0
Worcester

Wildehont

Thu, 18/06/2020 - 02:43

So lyk die oortreksel (sien onder). Dis maar seker soos sitplekoortreksels - bedoel om die kas spotless te hou. Soos jy sê is die Kavango se laai ‘n redelike veilige plek en die kas gaan baie knus tussen die twee skuimrubber stroke aan weerskante van die laai inpas en kan vasgemaak word ook. Hopelik kry ek Saterdag tyd om dit “aan te pas”.  Interessant genoeg kos die kas in Australië (die foto hier onder het ek op ‘n Australiese webwerf gekry) twee keer soveel as wat ek daarvoor betaal het. Ek het wel R3 000 afslag gekry maar dis steeds heelwat duurder daar as hier sonder afslag. En hulle het nie bosveld nie. 
A

0
Worcester

Wildehont

Thu, 18/06/2020 - 09:32

Nee, ek was nog nie daar nie. Dit was sommer tong in die kies, die hele skepping is spesiaal. Maar daar is net een bosveld en ek verlang vreeslik daarna. Nou lyk dit of die wildtuin dalk gaan oopmaak vir verblyf en asof dit net betyds sou wees vir ons voorheen beplande (en bespreekte) besoek van 11 aande van 6 Julie af. Ek het die bespreking egter reeds in April gekanselleer. Ek sou waarskynlik nou maklik weer besprekings kon maak, maar ek twyfel of ons so vinnig weer tussen provinsies sal mag reis, veral aangesien ons minusipale gebied een van die hot spots is. 

0
Pretoria

leeu

Thu, 18/06/2020 - 09:46

Hi Chris, jy kan mos maar die handvatsels afskroef en stoor, dit sal nie nodig wees om te gebruik nie want ek sien daar is nog handvatsels aan die lang kante. Jy kan mos maar die vrieskas vasmaak aan die handvatsels op die lang kante? Dit is belangrik dat die vrieskas vasgetrek word aan die laai gedeelte, alhoewel die Kavango het 'n tipe van 'n kas wat toemaak waarin die vrieskaste instoot. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus