Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -22 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -23 hours ago

Die beste idees onstaan in kroeë

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Hoeveel keer het jy al ‘n sin begin met “Kom ons” en dan met wat na ‘n briljante plan klink vorendag gekom terwyl jy ‘n paar biere geniet saam met vriende? ‘n Britse argitek se kroeg idee het nie net by praatjies gebly nie, en so word die Defender hergebore lyk dit vir my...

video
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 03/07/2020 - 07:28

Ek moet sê ek hou hiervan.

Het self n Defender gehad en ook n Series 3.

Die nuwe Defender het net nie daai rowwe "look" soos die oue nie en ek sal ook nie graag in die veld met hom wil ry nie, ook baie duur.

Ek het altyd gesê, n graaf, gasbottel, ens. pas net op n Defender, nie op ander nie.

0

Môre vriende

Hierdie is NIE 'n dronkmans droom nie. Met die 6 silinder BMW masjien, gaan hierdie Aluminium blik op wiele, amper vir altyd hou.

Daar was 'n tyd wat LR deel was van BMW, en jy kon dit kry met die 2.8 BMW petrolmasjien. Die ouens wat daardie modelle nog het, klou vas daaraan.

Groete

0
Worcester

Wildehont

Fri, 03/07/2020 - 08:45

Dit klink soos ‘n kruis tussen ‘n BMW era Defender en ‘n Mercedes G-wagon. Ongelukkig dink ek die prys gaan ook so klink. Dit hang natuurlik af van ons wisselkoers maar saam met die invoerbelasting gaan dit waarskynlik net duskant ‘n miljoen draai. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 03/07/2020 - 11:54

Hy lyk ook vir my na iets wat ek sal wil hê, sien ook nie meer daai klomp "pop-rivets" nie.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 13/09/2020 - 07:37

Bakkies is lankal eerder luukse motorkarre met groot kattebakke sonder deksels. Kyk maar na die fancy ligte wat op die voertuig se hoeke sit en wag om gekraak te raak en die plastiek buffers en modderskerms. In Bloemfontein is daar egter ‘n familiebesigheid wat nog hardebaard bakkies bou. Gaan kyk na die artikel oor die Brandt BRV. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus