So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Vlieënde Tesla
Iets het nog skaars gebeur dan is daar reeds 'n grap oor. Hierdie is 'n goeie een.
Voorwêreld
Het nou die dag op RSG geluister na die uitsoek gesegdes van ons mense. En" voorwêreld" was vir my net so pragtig Rona.!! Die stadsmense bly in die " Voorwêreld".
Dink ek nou in my eenvoud aan die hotrocks klip. In my baie jong dae voor army, in n yster smeltery gewerk. Die oonde was met vuurvaste bakstene gebou waarin die erts gesmelt was, ek dink+_ 1300°C ?? En was herhaaldelik gebruik. Moral van my storie is. Bullshit baffles brains.
Neef Herman,
sommige van die ouwêreldse gesegdes het eenvoudig by my vasgesteek. Hoofsaaklik omdat dit my lief-oupa se spreektaal was en ek baie tyd by hulle spandeer het. So het hy dan ook vir ons wat plattelanders was die 'agtertangers' gemoem (bietjie minder styl as die mense van die voorwêreld) - altyd met so 'n ondeunde uitdrukking in die oog. Daar is nog 'n paar sulke woorde. Wanneer ek skryf is daar darem tyd om te dink aan plaasvervangers/sinonieme, maar in gesprek glip een soms steeds uit.
Vertel asb. die nuutste nuus oor Voolie, Piet en gesin. Teen hierdie tyd is daar seker al baie verwikkelinge. Onthou weer, nog laas het die eiertjies uitgebroei, maar julle kon nie vasstel hoeveel kleines daar is nie......
Daar is n veld, wat so…
Daar is n veld, wat so duister vir my is dat ek totaal hulpeloos voel, waneer daar van Black holes en "Understanding" ja nogal " understanding" the Universe gepraat word. Mjy dogter her vir my van Prof Brain Cox n boek gebring wat "laerskool" kinders vetonderstel is om te verstaan. Haikona..
Rona. Lyk na twee, sit nou bo-op die nessie en vlerkies oefen. Sal binnekort huis verlaat. Ouma het nou haar hande vol om veral Frankie kat in toom te hou. Hy is nog jonk, en kyk die spul met dáai oë aan.
Dankie Neef Herman
Sjoe, ja, Frankie kan moleste maak want volgende gaan die kleintjies seker aftuimel grond toe voordat hulle behoorlik kan vlieg. Sterkte met die "baby sitting" en dit sal gaaf wees om die uiteinde van die twee te hoor. Intussen hou ek saam asem op.
Hot Rock - steeds nie die einde nie....
of is dit??
Ek wil baie graag so 'n gesteente hê om vleis, seekos, groente ens op gaar te maak, so gaan soek ek verder na meer inligting en waar dit beskikbaar is.
Cordierite, soos aanvanklik gedink, is nie die antwoord nie. Kan skynbaar werk vir pizzas maar nie vir vleis nie. Dit is poreus, so moet daar nie water in die skoonmaakproses gebruik word nie - wanneer dit dan verhit word, vorm stoom wat die steen kan kan laat ontplof. Bly weg.
Verder sien ek 'n Hot Stone Grill (Natural Marble). Baie oulik, en mens sal jou vleis gaar kry (volgens die boek). Onder die steen is dan ook gel branders wat dit warm hou - dit is baie effektief in 'n opdienbak wat ek het. Maar, dit kan ook net in 'n oond (teen 180 grade), en nie op direkte hitte nie, verhit word. Ook nie waarna ek soek nie.
Uiteindelik vind ek die perfekte steen: Lava Volcanic Stone (as deel van 'n baie pikante stelletjie wat 3 spesery/sous bakkies en 'n kantbord insluit - alles op 'n pasgemaakte houtbord). Die steen kan temperature van tot 1 000°C weerstaan. Geskik vir pizzas, vleis en wat meer...Dit word dan ook as 'n "gift set" geadverteer. Perfek, dink ek, en vra vir Daan of hy asb. hierdie jaar my verjaardag- en kersgeskenke sal kombineer - ek het 2 hiervan nodig. Dit is op 'n spesiale aanbod: was R17 000, nou R9 946.90 per stel. Hy het met 'n teen-vraag geantwoord: wil ek nie maar eerder na my vorige gewoontes terugkeer en weer Steak Tartare opdis nie? Van Desertcart, made in the USA. Ai, die invoertariewe!
Nou ja, miskien was dit die einde van my soektog na 'n klip om vleis op te braai vir 'n laaang kuieraand.






Wessel,
Baie dankie vir die ontleding van Cordierite. Ek verstaan nou presies wat dit is 👀 😁
Sal interessant wees om te sien hoe lank dit hitte hou, warm genoeg om herhaaldelik op te braai. Miskien moet ek kyk om een aan te skaf - enigste manier om te weet.