Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -11 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 17/08/2020 - 14:18

Goeie middag almal wees gegroet will word, en die wie nie wil nie, julle ook😂

One is veiling terug by die huis na 'n baie lekker drie dae by Weltevrede, dit was nou wraggies heerlik.

Harry, ek sien (verstaan) jy is nou op die pad, veiling ry en geniet dit. Ek sien die pad blokade hie by by Vaalpark is klaar op gepak👏

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 17/08/2020 - 14:31

Goeie middag so in die wind wat Johan hier agter gelaat het vanoggend. Lekker veilig gery en klaar opgeslaan, gaan nou agter oor sit en net relax. Lekkerdag vir julle 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 17/08/2020 - 14:59

Lappies, julle moet dit geniet, staan jy by Eastco?

My vrou is vreeslik beindruk met Weltevrede, maar net twee dinge wat my gepla het,  sal meer daaroor uitwei op 'n unieke draad.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 18/08/2020 - 06:47

Môre môre hier van 'n bitter koue Clarens. 

Dit is nog steeds beter as by die huis. Maak maar groot kaggel vuur

Geniet julle dag en wees veilig

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 18/08/2020 - 07:59

Goeie môre uit n nat en koue Eastco. Ek moet sê dat die koffie en beskuit smaak heerlik hier langs die rivier op die stoep. Geniet julle dag en gaan voluit. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 18/08/2020 - 08:25

Dagsê mense !

Ysig, yskoud hier by ons, maar ons het die afgelope 24 uur heerlike 20mm reën gehad met nog wat oor die volgende paar dae kom.  Terwyl ek hier tik hoor ek juis weer 'n buitjie wat hier buite val.

Geniet solank die koue, die somer wink al.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 18/08/2020 - 09:20

Ek volg nou al 'n ruk Hekelwoorde op fb (weet nie wie nog dit volg nie) so het ek gesluit ek gaan van tyd-tot-tyd van dit hier plaas.  As julle dit sien op fb en ek het dit nie geplaas nie, doen dit asb.

Julle moet hierdie koue dag voluit geniet.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 18/08/2020 - 10:18

Hier in die Baai bibber en beef ons ook van die koue.  Sondag het die reen en son beurte gemaak, gister kon ek selfs 'n bondel wasgoed was, maar vandag is baie, baie koud.   Die koue wind vanaf die sneeu maak dat ek sommer heeldag onder 'n kombers voor die TV sit.   Ons het al 'n paar reënbuie gehad vanoggend maar later vandag en dwarsdeur die nag word swaar reën voorspel.  Soos gewoonlik, moet ek sê, ons hoop van harte die damme gaan water kry.

Nouja, geniet julle dag.  Bly warm en veilig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus