Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -12 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -12 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -21 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 26/08/2020 - 06:51

More More

Klein Saterdag 

Klaar al lekker warm. Moes gister aircon gebruik in die kantoor. Dink vandag gaan nog warmer wees.

Gister het van my staf gejaag vir die bottel stoor. Het glo gehoor drank verkope gaan weer gestop word en julle president praat weer smiley

Dink drank winkels het gerug versprei. smiley

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 26/08/2020 - 09:15

Ja daai gerugte het 'n stormloop veroorsaak.

Hier in Pta. ook lekker sonskyn.

Geniet jou dag voluit.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 27/08/2020 - 07:27

Frik, ek wou jou nie antwoord op FaceBook nie, ek vrees nou vir my lewe cheeky.na ek al die komentaar gelees het na jou inskrywing. Het vir jou daar gesê ek sal jou hier antwood. Dit is veiliger.

Ja dit is die brug.

Ons ontwerp nie die brug self nie. Ons doen al die detail werk (detail ontwerp) sodat die vervaardiger hom kan bou. Brug is ook nie in SA ontwerp nie, sovêr my kennis op dit strek.

Ek stem saam met baie goed wat die mense daar sê.

Daar is vir my klient gevra on R25 mil neer te sit, wat hulle gaan hou, as hy nie binne tyd klaar is nie. Ons self het on prys gesny tot op die been on werk te kry. Ons is ook nie BEE nie en val onder n micro besigheid. Van die groot bedrag kry ons nie eers R 1 milj nie. 

Ek het ook geen omkoopgeld betaal om projek te kry nie. So,ook nie my klient nie. Ek is meer as dubbel my prys geoffer by ander klient, maar hy het nie die projek gekry nie.

Geniet julle dag en wees veilig

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 27/08/2020 - 13:30

Middag sê, ek het nie verslaap niewink, net vrek besig buite in die tuin, en intussen is ek nog besig on 'n warm water stelsel te "ontwerp" vir die vanity wasbak. Onswil weg kom van ablusies gebruik vir gesig was, tande  borsel ens.

Harry, sterkte met die brug storie, ek het op News24 gesien daar is baie issues.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 28/08/2020 - 06:42

More Johann en ander wat nog kom inloer.

Dit is weer naweek en kamptyd vir van julle mense. Geniet.

Ek hang maar hier by die huis rond.

Wees veilig

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 28/08/2020 - 10:19

Baie geluk Marinda en Gerrit met julle huweliksherdenking. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 28/08/2020 - 14:25

Baie geluk Spekkies!!!    (Ek mag jou seker nog so noem? laugh).    Dis 'n baie mooi foto.   Ai, 25 jaar beteken gladnie jy is oud en getroud, weet jy?    Eintlik is jy en Marinda nog op honeymoon!    So, nou hoop ek jy gedra jou vandag soos 'n man wat op honeymoon is, en geniet die dag ten volle saam met die liefde van jou lewe.    En mag julle regtige ou getroudes raak, so oor 35 jaar of meer.   

Middag al die forumiete.  Hoop jul het 'n baie lekker Vrydag en sien uit na 'n lekker naweek.  Ons verwag weer groot reën, volgens die slim manne wat die dinge voorspel.  Net jammer, slim vang soms sy baas, want dit gebeur nie altyd so nie.  Ons damme se kapasiteit het darem met amper 2% gestyg na verleeede week se reën.   Ons is nou so "hard up", sal bly wees as daar net 10 KL inloop.

Ek hoop almal is fris en gesond en geseën met veelvoudige geluk.

Groetnis

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus