Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vaalpark

Johann L

Mon, 17/08/2020 - 14:18

Goeie middag almal wees gegroet will word, en die wie nie wil nie, julle ook😂

One is veiling terug by die huis na 'n baie lekker drie dae by Weltevrede, dit was nou wraggies heerlik.

Harry, ek sien (verstaan) jy is nou op die pad, veiling ry en geniet dit. Ek sien die pad blokade hie by by Vaalpark is klaar op gepak👏

 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 17/08/2020 - 14:31

Goeie middag so in die wind wat Johan hier agter gelaat het vanoggend. Lekker veilig gery en klaar opgeslaan, gaan nou agter oor sit en net relax. Lekkerdag vir julle 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 17/08/2020 - 14:59

Lappies, julle moet dit geniet, staan jy by Eastco?

My vrou is vreeslik beindruk met Weltevrede, maar net twee dinge wat my gepla het,  sal meer daaroor uitwei op 'n unieke draad.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 18/08/2020 - 07:59

Goeie môre uit n nat en koue Eastco. Ek moet sê dat die koffie en beskuit smaak heerlik hier langs die rivier op die stoep. Geniet julle dag en gaan voluit. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/08/2020 - 08:25

Dagsê mense !

Ysig, yskoud hier by ons, maar ons het die afgelope 24 uur heerlike 20mm reën gehad met nog wat oor die volgende paar dae kom.  Terwyl ek hier tik hoor ek juis weer 'n buitjie wat hier buite val.

Geniet solank die koue, die somer wink al.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 18/08/2020 - 09:20

Ek volg nou al 'n ruk Hekelwoorde op fb (weet nie wie nog dit volg nie) so het ek gesluit ek gaan van tyd-tot-tyd van dit hier plaas.  As julle dit sien op fb en ek het dit nie geplaas nie, doen dit asb.

Julle moet hierdie koue dag voluit geniet.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/08/2020 - 10:18

Hier in die Baai bibber en beef ons ook van die koue.  Sondag het die reen en son beurte gemaak, gister kon ek selfs 'n bondel wasgoed was, maar vandag is baie, baie koud.   Die koue wind vanaf die sneeu maak dat ek sommer heeldag onder 'n kombers voor die TV sit.   Ons het al 'n paar reënbuie gehad vanoggend maar later vandag en dwarsdeur die nag word swaar reën voorspel.  Soos gewoonlik, moet ek sê, ons hoop van harte die damme gaan water kry.

Nouja, geniet julle dag.  Bly warm en veilig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus