Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -12 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -13 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -13 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -13 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vaalpark

Johann L

Wed, 19/08/2020 - 07:04

Goeie more Len en ander, julle moet die dag in vrede en vreugde te gemoed gaan.

Herman, met daai uitsig sal ek net weg gaan vir Wildtuin besoeke😂

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 19/08/2020 - 07:09

Ons krag was gister af van 09h00 tot 19h00. Ek het gedink ek vlug van die krag probleme in V-Town.

Hier is 4 dames wat langs ons bly, seker so vroeë 20 tigs. Vanoggend so 1 uur het hulle aan mekaar gespring, vloek, skree, ens. Ons het hulle probeer stil maak, sonder sukses. Het toe maar security gebel. Dit was nou die tweede aan se storie. Ons het gekom vir die rus en vrede. 

Sal maar sien hoeloop ding vandag. 

Clarens dorp is mors dood. Seker net 3% van die plekkie is oop. Al die gewilde plekke is toe. Dalk sal dit beter lyk die naweek.

Geniet julle koue dag en wees veilig 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 19/08/2020 - 07:51

Goeie môre almal, dit is vrek koud en spierwit geryp vanoggend hier by ons, maar die son skyn klaar lekker daar buite. Geniet die dag.

Len ons moet maar nie te hard op die mense wees nie, is koud daar buite. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/08/2020 - 08:38

Len, soms slaap jy en dan is die ander bedrywig op die Kampforum, vanoggend is jy vroeg (wonder net ? ) en nou raas jy met die wat koud kry ?  wink

Geniet die koue dag voluit.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 19/08/2020 - 10:05

Ja jong, ek is mos maar 'n raserige mens !

Dit moes gehelp het want daar is nou al 11 aangeteken !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/08/2020 - 12:31

Ek hou nogals om na dié te kyk as ek Kampforum oop maak.

Populêr vandag views Voëls 16 Kavango raad 15 Augustus 2020 met of sonder koffie 13
0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 20/08/2020 - 06:37

Was gister weer in Clarens se dorp. Daar was darem meer winkels oop. Die bottel stoor was die besigste. 

Die meeste en bekendste eet plekke was nog steeds toe. Ek vermoed die naweek sal hulle weer lewe. Ongelukkig is ons weer Vrydag oppad huis toe. Ons was ingeboek van Vrydag, maar het die naweek verloor en eers Maandag hier aangekom. 

Tans so - 3 hier. Gelukkig het ons'n lekker kagel waarin ons vuur maak en hele plek verhit. 

Julle moet julle dag geniet en wees veilig. 

 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 20/08/2020 - 07:38

More forum julle almal moet n gatskop dag he die koffie loop soos stroop vrede

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 20/08/2020 - 12:29

Eerstens wil ek eers vir Herman sê, dit is darem 'n pragtige foto daai.   Julle is sowaar meer as bevoorreg om in so pragtige plek met daardie uitsig te woon.  Gn wonder jy is so rustige mens nie!

Hier by my huis het ek 38mm reën gemeet oor 2 dae.   Dinsdag was die koudste dag in die Baai vir die afgelope 18 jaar.  gedurende die dag 10.5 grade,  die oggend natuurlik minder.  Ek was skoon bang om uit die bed te klim dit was so koud.  Die vorige rekord was 9.8 in 2002.   Maar kyk, ek kon dit voel tot in my murg.   Daar het blykbaar 40mm geval in die Langkloof in die opvanggebied van die Churchill dam.  Die effek op die dam sal eers oor 'n paar dae duidelik wees.  Met die vorige goeie reën daar, was daar talle kleiner damme langs die pad wat eers volgeloop het.  Hopelik het hulle hierdie keer iets vir die groot dam ook gelos.

Ek kon nie anders as om die afgelope paar dae baie te dink aan mense wat nie ordentlike dakke oor hul koppe het nie, warm klere en komberse en warm kos.   Ons het so baie om voor dankbaar te wees.  Ek dink dit het tyd geword dat ek daardie spaar komberse, wat al jare in 'n kas gestoor lê, vir so iemand gee.   Die Heer sal wel iemand op my pad bring, dan moet ek dit net doen!

Ek hoop almal wat nou begin kamp na die inperking, geniet dit sommer baie.   En geniet julle dag en bly veilig.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 20/08/2020 - 13:32

Hello Freda, julle is bederf met die lekker warm weer !!!

Daai wat jy praat van die mense wat onder stukke plastiek bly, is regtig hartseer, nie almal is sleg nie,inteendeel ek glo dat omstandighede swaar druk.

Tydens die inperking was ek baie bekommerd oor my karwagte. Ek kon een Omie opspoor, bly in n kamertjie in n huis vir haweloses. Sy pensioen word net so oorbetaal vir sy kamer en bord kos, sakgeld vir rookgoed en n wyntjie moet hy elke dag sit en hoop iemand kom parkeer daar voor hulle huis. Ou Freddie is 73, heeltemal krom van sy harde verlede, hy het gebreklike hande. Die afgelope paar maande sit hy heeldag op hulle stoepie, en sy ou ogies blink as ek daar by hom stilhou. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 20/08/2020 - 16:46

Dit is 'n mooi storie, Herman.  Daar is baie Freddies.  Ons moet hulle net raaksien.  Ek mis ook die karwagte.   Ek het self, tydens die inperking, 'n sagter plekkie gekry vir mense wat ek voorheen meestal ignoreer het.   Sonder om nou te klink asof ek verkondig ek het iets goed gedoen, dit gee my plesier om deesdae 'n geldjie te gee by die robot. Ek sorg dat daar kleingeld los lê, sodat ek dit kan doen.   Ek het van Colin se klere begin uitdeel.  My tuinman, ons kompleks se tuinman, 7 manne van die grasdienste wat ons kompleks se gras kom sny.  Toe maak ek 'n oulike sak op met broek, hemp, baadjie, onderklere, skoene.  Sit dit in my kar en besluit iewers gaan ek sien vir wie ek dit moet gee.   Het twee weke daarmee rondgery. Toe sien ek hom, hy het een been, staan met krukke, die heeldag wag hy geduldig.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus