Ek begin hierdie draad om nie die "Boonste Foto" draad te kaap nie.

Servaas is weer reg. Hy ken…
Servaas is weer reg. Hy ken Buffelsbaai!!
Daai foto is tussen ons Len…
Daai foto is tussen ons Len in die plat veld.
Anton, dalk moet ons dit…
Anton, dalk moet ons dit deel van die KOMPETISIE maak ?

Goeie idee Willem. Daar is…
Goeie idee Willem. Daar is nog 'n paar komps oppad hierdie jaar.
Mag ek ook maar n foto opsit…
Mag ek ook maar n foto opsit vir n raai...

Deon ek het die foto al so…
Deon ek het die foto al so bekyk en het nie 'n clue nie. Glo nie ek was al daar nie. Kan dit dalk naby bosbou gebied wees? Lyk soos Winter tyd.
WilSur se..
WilSur se foto : dit moet naby 'n dam of rivier wees wat soms oorstroom - kyk hoe hoog is die kragbokse geplaas. Ek weet net van Gariepdam waar die kragbokse so hoog geplaas is.
Deon : ek het geen idee waar dit kan wees nie.
Dit is in die winter gewees…
Dit is in die winter gewees. Daardie bome lyk pragtig in die somer. Gras is altyd groen en het altyd vuurmaak houd verniet gekry, soveel as wat jy wou hê. Swembad is seker die lekkerste warm water waarin ek nog ooit geswem het.
Len, ja dit is naby 'n…
Len, ja dit is naby 'n rivier, dink aan wat ek gesê het.
Hy lê tussen ons en is nou wel so bekend op die forum.
Terwyl....
Terwyl ek nou so sukkel met WilSur en Segekok se fotos, hier is solank iets om aan te herkou. Waar is dit ? :-

Hier is nog 'n foto van dieselfde plek :-

Anton, jy is in die kol…
Anton, jy is in die kol.
Len, wat van Hartenbos ?
Ja dit is in die Ooste... …
Ja dit is in die Ooste... By Sabie.
ek het nogal so gedink
Ai,,,,,,
Ai maar julle sukkel met my ou twee fototjies hierbo ! Julle ou spulletjie daar bo in die noorde moet meer hier in die Kaap kom kuier sodat julle op hoogte van sake kan kom !
En my mede Slapenaars, dis nou opstaan tyd en sê daardie klompie daarbo waar die twee fototjies geneem is. (Indien julle nog sukkel om die slaap uit die oë te kry, albei fotos is van dieselfde kampplek).





Weer Buffelsbaai.
Weer Buffelsbaai.