Om dom te wees is ongemaklik,maar nie dodelik nie.My jongste van 39jr het my terug op forum gebring. Hy het beduie hoe pa moet maak ,maar die gehuie steek soms viervoet vas ,pa sal probeer.So ,al my maters wees asb verdraagsaam met die jong ouman.Almal moet die nuwe kampseisoen geniet en hou ons ander op hoogte van al die lekkertes.
Hallo Dirk! Het al…
Hallo Dirk!
Het al gewonder of jy Covid oorleef het
maar met daardie sterk santizer wat jy stook gaan geen kiem naby kom nie ![]()
Dankie ,my vriende,wat n…
Dankie ,my vriende,wat n gesukkel ,maar voel soos n jongman wat n nuwe meisie se aandag soek. Belowe dat ek n baie soet seuntjie sal wees en ja,die stokperdjie van die versterkte drinkgoed vorder baie mooi en voorraad word gebou vir die volgende Weskaap saamtrek
Uitruil skema
As Oom bier drink, kan ons dalk voggies uitruil. Ek brou my eie sedert die ANC die AA geraak het.
Welkom terug Dirk. Wanneer…
Welkom terug Dirk.
Wanneer ek ook vashaak met die tegnologie dan help my seun my ook.
Ek voel sommer tuis,het baie…
Ek voel sommer tuis,het baie verloor en soos tyd toelaat ,sal ek op die drade terugwerk om die verlore kennis te herwin.





Daar is hy nou Dirk, baie…
Daar is hy nou Dirk, baie welkom terug, moenie weer "agter" raak nie
