Hallo Hough. Baie welkom …
Hallo Hough. Baie welkom
Ja ek glo enige silicon basis smeermiddel sal werk. Ek gebruik sommer 'n klein botteltjie silicon fietsketting lubricant, want ek hou van fietsry ![]()
Mr Soggs Sex Wax is ook n…
Mr Soggs Sex Wax is ook n baie goeie opsie. Trek die koekie teen elke kant, en hy loop seepglad.
En waarmee seel ek die nate?
Die stiksels op my redelik nuwe voltent lek. Wat is die beste produk om dit mee te seel?
Môre Chris, op die nate gaan…
Môre Chris, op die nate gaan bietjie moeilik wees, ek spuit Schotch Guard aan. Jy kan dit by meeste hardware winkels kry.
Het al gehoor mense gebruik bye was (ook kers was) wat met parrafien gemeng is en smeer dit aan, maar ek het dit self nog nooit beproef nie.
ChrisWH, oor die jare heen…
ChrisWH, oor die jare heen het ek geleer alle nuwe seile lek op die nate en dit moet eers behoorlik nat gemaak word om dan uit te droog sodat die garing kan uitswel.
Weet nie of dit sal werk nie, maar dit sal tog interessant wees as iemand hierdie "raad" wil toets en aan ons terugvoer sal gee of dit werk en of dit 'n ouvroustorie is.
Wat sê jou tentmaker ?
Seam sealer
Ek sien daar is produkte beskikbaar. Dis nie te duur nie so ek sal dit probeer. Ek sal ook by Ludwig (my tentmaker) hoor. My afdak waaraan hy ritse vasgestik het vir die kantseile, is nie gewone ripstop canvas nie. Die garing sal dus dalk swel, maar die seil se gate gaan ewe groot bly.

ChrisWH, oor die jare heen…
ChrisWH, oor die jare heen het ek geleer alle nuwe seile lek op die nate en dit moet eers behoorlik nat gemaak word om dan uit te droog sodat die garing kan uitswel.
Toe ek my Gypsey se seile laat skoonmak en her seel het dit met die eerste reen gelek. Die volgende keer nie weer gelek nie.
Len, met die twee canvas…
Len, met die twee canvas dome tente wat ek oor die jare gekoop het het daar instruksies saam gekom dat die tent opgeslaan moet word en so 2-3 keer natgespuit moet word voordat dit gebruik word.
Johann, baie dankie - ek…
Johann, baie dankie - ek het vanoggend by BWH my SS Silicone Spray gaan koop. Nou sal my zipps nêrens weer lol nie.
Len, ek spuit nou en dan…
Len, ek spuit nou en dan sommer in die ingly gleuwe ook, (soos Willem) dit pak geen stof aan nie, vlek niks, en alles loop soos stroop.
Willem, ek het wel destyds…
Willem, ek het wel destyds daarvan by jou gehoor, maar dan kom ek by die hardeware winkel, kan nie die naam onthou nie en los dit maar eers. Met Johann se foto en toevallig vandag se oumens-korting by BWH, val ek toe ook daar in. Kon dit eers nêrens kry nie en toe ek die foto vir 'n werknemer wys, neem hy my na die motor-items afdeling en daar staan dit !
Dankie vir die verdere "tip" om dit ook in die tentgleuf teen die wa se dak te spuit om die inryg van die tent te vergemaklik.





A Hough, baie welkom hier,…
A Hough, baie welkom hier, ek sien nie jou vraag nie, maar neem aan dit sukkel om toe te maak
Ek spuit Silicon Spray op, (SS) dit werk fantasties en geen vlekke, of olierigheid nie. Jy kry dit by Builders Warehouse vir R38.00 per blikkie spuit goed.
Sal net nou 'n foto op sit.