Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -10 hours ago
Bome omwaai November 2026 Geert -16 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -1 day ago
Hael November 2026 Geert -1 day ago

Waarmee behandel ek die tent se ritse

Mosselbaai
Submitted by A Hough on
Forums
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 19/01/2021 - 17:32

A Hough, baie welkom hier, ek sien nie jou vraag nie, maar neem aan dit sukkel om toe te maak

Ek spuit Silicon Spray op, (SS) dit werk fantasties en geen vlekke, of olierigheid nie. Jy kry dit by Builders Warehouse vir R38.00 per blikkie spuit goed.

Sal net nou 'n foto op sit.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 19/01/2021 - 18:26

Hallo Hough. Baie welkom yes  Ja ek glo enige silicon basis smeermiddel sal werk.  Ek gebruik sommer 'n klein botteltjie silicon fietsketting lubricant, want ek hou van fietsry smiley

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/01/2021 - 06:22

Môre Chris, op die nate gaan bietjie moeilik wees, ek spuit Schotch Guard aan. Jy kan dit by meeste hardware winkels kry.

Het al gehoor mense gebruik bye was (ook kers was) wat met parrafien gemeng is en smeer dit aan, maar ek het dit self nog nooit beproef nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/01/2021 - 09:32

ChrisWH, oor die jare heen het ek geleer alle nuwe seile lek op die nate en dit moet eers behoorlik nat gemaak word om dan uit te droog sodat die garing kan uitswel.

Weet nie of dit sal werk nie, maar dit sal tog interessant wees as iemand hierdie "raad" wil toets en aan ons terugvoer sal gee of dit werk en of dit 'n ouvroustorie is.

Wat sê jou tentmaker ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/01/2021 - 09:53

Ek sien daar is produkte beskikbaar.  Dis nie te duur nie so ek sal dit probeer. Ek sal ook by Ludwig (my tentmaker) hoor. My afdak waaraan hy ritse vasgestik het vir die kantseile, is nie gewone ripstop canvas nie. Die garing sal dus dalk swel, maar die seil se gate gaan ewe groot bly. 
 

A

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 20/01/2021 - 13:24

ChrisWH, oor die jare heen het ek geleer alle nuwe seile lek op die nate en dit moet eers behoorlik nat gemaak word om dan uit te droog sodat die garing kan uitswel.

Toe ek my Gypsey se seile laat skoonmak en her seel het dit met die eerste reen gelek. Die volgende keer nie weer gelek nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/01/2021 - 14:41

Ons het ‘n paar keer reen gehad in Kgalagadi, en die nate het nog gelek. Ek sal dit maar toets en dan van die seam sealer probeer as dit nog lek. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 20/01/2021 - 17:01

Jy moes al lankal by my van dit gehoor het want ek gebruik dit om die tent en rally in te ruig.  Ek stoot alleen die rally van voor tot agter in.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/01/2021 - 17:53

Len, ek spuit nou en dan sommer in die ingly gleuwe ook, (soos Willem) dit pak geen stof aan nie, vlek niks, en alles loop soos stroop.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/01/2021 - 19:58

Willem, ek het wel destyds daarvan by jou gehoor, maar dan kom ek by die hardeware winkel, kan nie die naam onthou nie en los dit maar eers. Met Johann se foto en toevallig vandag se oumens-korting by BWH, val ek toe ook daar in.  Kon dit eers nêrens kry nie en toe ek die foto vir 'n werknemer wys, neem hy my na die motor-items afdeling en daar staan dit !

Dankie vir die verdere "tip" om dit ook in die tentgleuf teen die wa se dak te spuit om die inryg van die tent te vergemaklik.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus